Boeke verslawing

13 10 2011

Een van my heel eerste liefdes was boeke.  Dit is dalk die rede hoekom ek ‘n Dalene Matthee dissipel is.  Ek het Fiela se kind die eerste keer gelees toe ek omtrent 8 jaar oud was.  Vandag nog is daar min dinge so lekker as om met boek te gaan sit waarna jy hoe lank uitgesien het om te lees.  Ek was al in die verlede ‘n boekwurm genoem, ‘n benaming waarmee ek nie pyne het nie.

Helaas laat die prys van boeke ‘n mens goed nadink oor wat jy koop.  As dit nou iets is wat jy al lankal begeer het, maak die prys nie saak nie.  Ek is dalk ‘n groter liefhebber van geld, want ek sal nie sommer ‘n boek uit die lug gryp en R200 daarop spandeer nie.  Ek kan moes goed op die noot ook lees.  Ek kan my geen groter teleurstelling voorstel om ‘n boek lukraak te koop en dan nog niks positief daaroor te kan sê nie.

Mens kry egter boekuitverkopings.  Waar die pryse wat na aan waansin grens tot die been gesny word.   En soveel meer aanloklik is om bietjie avontuurlik te raak.  Dan kry ‘n mens die Exclusive Books Warehouse Sale, met miljuisende boeke wat teen gewig verkoop word.

Natuurlik is dit nou nie die plek waar jy al jou gunsteling skrywers se werk by die bakkievragte gaan teëkom nie.  As dit ‘n gewilde boek is, kan jy maar weet dat daar skade aan die boek is wat ‘n mens nie sal duld as jy vol prys betaal nie.  Verder is dit maar die voorraad wat niemand anders wou koop nie.  Daar is egter genoeg om oor opgewonde op en af te spring.  Veral as jy ‘n paar uur (dae) tyd het om alles deur te werk en te soek tot jy vind.

Dit is net hier wat ek begin wonder het of ek regtig ‘n boekwurm is.  Ek moet darem van plan wees om ‘n boek te lees voordat ek dit gaan koop.  Al kos die boek dan net 5 c.  Een wat ek weet ek nooit gaan oopmaak nie gaan net ‘n ander goeie een dalk van my boekrak afhou.  Dus, al het ek wild gekoop, het ek gebly by titels wat ek erken het.  Of ten minste by temas wat my lus laat voel het om die boek te verslind.

Ek kon net met verstomming na ander mense kyk.  Hulle het boeke ingepak dat ek gewonder het of hulle ooit die titel of die skrywer opgelet het.  Dit het my nogal aan ‘n kleuter wat pas die lotto gewen het in ‘n lekkergoedwinkel laat dink.  Alles waarop hulle hulle hande kon lê, is gevat.

Dit is een ding om ‘n boek te koop, maar ek wonder nogal of hulle ooit by die lees gaan uitkom?  Indien wel, waar op aarde gaan hulle tyd kry om alles te lees voor die volgende uitverkoping.  Ek praat van bokse vol boeke.

Hou jy daarvan om ‘n ander se boekrak te bestudeer?  Het jy enige kriteria wanneer dit by die koop van boeke kom?  Het jy alles op jou boekrak al gelees?

Breinvasbrand:  Met wie was Jane Austen getroud?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1979


Aksies

Information

20 responses

13 10 2011
MaanKind

Ek het ‘n hele kas vol boeke wat nog gelees oet word, en ongeveer 200 op my Kindle.

13 10 2011
Xena Phoenix

😉 Gaan jy die boeke inpak oppad hemel toe?

13 10 2011
Son

Nee wat – ons sal net verder lees wanneer ons weer terugkom Aarde toe 🙂

13 10 2011
Olga

tweede.
Sy was nie getroud nie???
Ek het alle boeke op my rak gelees. Ek koop nie graag wat ek geen nut aan het nie.

13 10 2011
Xena Phoenix

Ek moet erken dat ek ‘n paar boeke het wat ek nog nie gelees het nie. Maar ek lees so vinnig as wat ek kan aan dit.

13 10 2011
Sonlig

Nee, ek moet erken dat ek soms ‘n boek begin lees en hom dan neersit na die eerste paar bladsye om dalk nooit klaar te lees nie.

Dis vir my baie interessant om ander se boekrakke te bestudeer. Lekker aanknopingspunt as jy ‘n paar bekende titels gewaar.

Ek gaan binnekort ‘n groot skoonmaak in my studeerkamer moet hou. Ek dink ook ek het oor die jare ‘n bietjie meer selektief geraak oor wat ek lees. En ek wil al die dieet- en selfhelpboeke uitgooi. Ek kan nie sê dit het my ‘n ander mens gemaak nie. Dis maar net ander mense se opinies oor hulle eie lewensondervinding. Sal nie weer my geld so mors nie.

13 10 2011
Xena Phoenix

Goue reël in ons huis was dat jy alles moet klaar maak wat jy aanpak. 😉 Daardie eerste paar bladsye sê niks van wat op die einde gebeur nie.

Ek stem wel saam oor dieet en selfhelp boeke. Soms moet ander mense se boeke maar eerder duister bly.

13 10 2011
Klip

Ek lees ook graag , maar die boeke wat ek lees kry jy net onder matrasse en agter in kaste weggesteek. Daar is altyd vreeslike opbounde verhale en fotos in. Die ander voordele wat die boeke inhou , is dat jy sommer baie nek oefening kry ( vir al die rondkyk dat niemand jou vang lees nie)

13 10 2011
Xena Phoenix

En dan word ‘n Klip seker vergruis wanneer Tannie Klip daarop afkom. 😉

13 10 2011
Klip

Jare terug toe die duiwel nog kort broek gedra het, het ek deurgeblaai, en ja jy is reg tannie klip kry n oorval, ek dink sy sal my geboorte sertifikaat ook verbrand.

13 10 2011
Klip

A man walked into a Woolworth’s supermarket in the UK and asked to buy
half a head of lettuce. The boy working in that department told him
that they only sold whole heads of lettuce. The man was insistent
that the boy ask the manager about the matter.

Walking into the back room, the boy said to the manager, “Some old
bastard wants to buy a half a head of lettuce.”

As he finished his sentence, he turned around to find that the man
was standing right behind him, so he quickly added, “and this
gentleman kindly offered to buy the other half.” The manager approved
the deal and the man went on his way.

Later, the manager said to the boy, “I was impressed with the way you
got yourself out of that situation earlier, we like people who can
think on their feet here, where are you from son?” “New Zealand, sir,”
the boy replied.
“Why did you leave New Zealand ?”the manager asked. The boy said,
“Sir, there’s nothing but prostitutes and rugby players there.”
“Is that right?” replied the manager,”My wife is from New Zealand !”
“Really?” replied the boy,”Who did she play for?”

13 10 2011
Klip

Meeste mense lees in elk geval net die Huisgenoot , Keur en Sarie.

13 10 2011
Xena Phoenix

Bestaan die Keur ooit nog?

13 10 2011
Klip

Ek sien die keur is in die boekrak langs die “levetrie” en dis al waar ek so nou en dan daar deur blaai

13 10 2011
Krista

Ek vrek oor boeke! Ek loop nie sommer ‘n boekverkoping mis nie en shop gereeld by books4change.co.za. Ek het die meeste boeke op ons boekrak gelees, ja, maar sorg altyd dat ek so 5 – 10 agter is – sodat daar altyd iets is om te lees. Dan is ek omtrent 300 boeke agter op my iRivier – wat ek nie almal self gekies het nie, maar ook nie gekoop het nie. Ek lees ook al van baie vroeg af en het nog nooit opgehou nie.

(Dit help seker as jy ‘n compulsive reader is – ek lees alles, selfs opgeplakte notices en die agterkant van botteltjies – en as daar niks anders is om te lees nie, dan lees ek dit oor en oor en oor. Nie dat ek altyd na die tyd kan onthou wat ek gelees het nie, ek lees net . . .)

13 10 2011
Xena Phoenix

Die telefoonboek en woordeboek kan ook baie vermaaklik wees as daar niks anders is nie. Gelukkig is my leeslys so ver agter, dat ek nog nie desperaat moes word nie.

Ek lees ook letterlik elke woord wat oor my pad kom. Seker meer uit nuuskierigheid as iets anders

13 10 2011
Klip

Die laaste harde band boek wat ek gelees het was “Baas en Mossie”

13 10 2011
Xena Phoenix

Seker net omdat jy dit 10 jaar lank moes lees. 😉

13 10 2011
Klip

Absoluut!!

20 10 2011
Charms

Ek koop nie sommer net nie en is ook maar selektief by die koop saam. Al my boeke in my kas is wel al gelees (en party van hulle weer gelees). As ek eers met ‘n boek begin het dan moet hy klaar. My bynaam is nog steeds boekwurm en ek het ook geen probleem daarmee nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: