Tegnologie Afhanklikheid

11 10 2011

Die selfoon biep, jy val uit jou bed, strompel badkamer toe.  Jy kliek die lig aan . . .  en daar is niks.  Half ongelowig kliek jy die kamerlig . . . ook niks.  Die lig aan die gang werk ook nie en jou grootste vrees is bewaarheid.  Daar is nie krag nie.  Daar is dus nie radio, televisie, stoof, kettel of mikrogolfoond nie.  Dan praat ons nie eers van haardroeër of selfs ‘n tandeborsel nie.  Dit is genoeg om enige mens na drank te laat smag nog voordat die son uitgekom het.  Dit is nou as die son lus is om uit te kruip na ‘n plek sonder elektrisiteit.

Die mens het baie afhanklik geraak van tegnologie.  Daar is een of ander toestel wat bykans elke deel van ons lewens vergemaklik of lekkerder maak.  Die afwesigheid daarvan laat ‘n mens op die minste ergelik.  Angstigheid of sommer depressie is glad nie vergesog nie.  Dit laat mens wonder of ‘n mens tegnologie gebruik om hulle lewens te verbeter en of die mens ‘n slaaf van tegnologie geword het.

Gistermiddag het Swartbessie gebruikers met hulle hande in hulle hare gesit.  Omstreeks 11 h het daar ‘n foutjie by moeder maatskappy in Kanada ingesluip en ten minste die helfte van die wêreld, van – wel – die wêreld afgesny.  Geen Black Berry Messaging, geen facebook en geen internet.  Die wat van ander metodes onthou het, het treurmares op Facebook gehef.  Almal het gevloek dat die biesies bewe en almal het opreg gebed dat die probleem gou opgelos word.  Vandag is Facebook een groot dankgesang dat die Black Berry weer werk soos wat dit moet.

Die enigste rede hoekom ek nie in die koor was nie, was omdat ek nie ‘n Black Berry gebruiker is nie.  ‘n Fout wat binne die volgende paar maande reggestel gaan word.  Ek het self al ‘n selfoon daar gegooi as die ding nie werk soos dit moet nie.  Ek weet egter dat ek sonder ‘n volledige werkende selfoon kan oorleef.  Wanneer ‘n mens na die buiteland gaan, neem jy nie noodwendig ‘n selfoon op al hulle funksies saam nie.  En dan pla dit jou nie – dalk net omdat dit jou keuse was en nie iets wat op jou gegooi is nie.

Met selfone en rekenaars om elke hoek en draai, kan die meer primitiewe toestelle jou redelik koud laat.  Neem nou ‘n televisie.  As dit die dag nie reg werk nie, gaan jy dit agterkom?  Gaan dit jou pla?  Dit is natuurlik nie lekker nie, maar beslis nie ‘n Facebook status werd nie.

Tegnologie is lekker en tegnologie is goed.  Tog dink ek ten spyte van die depressie en angs wat met die verlies gepaard gaan, die mens nog nie werklik ‘n slaaf daarvan is nie.  Ons is nog aanpasbaar genoeg om daarsonder klaar te kom.  Ons asemhaling is immers nog nie daaraan gekoppel nie.

Wat dink jy?

Breinvasbrand:  Watter Kanadese vervaardiger maak Black Berry?

Breinlosbrand:  Selene was reg met 16 Oktober.


Aksies

Information

21 responses

11 10 2011
demoerin

Ek het nie ‘n swartbessie nie, en sien ook geen rede hoekom ek een moet hê nie. Hoe meer gevorderd die tegnolgie, hoe meer afhanklik raak ons daarvan, en dit maak net almal dom en oud voor hulle tyd.

Research in Motion maak die BB.

11 10 2011
Xena Phoenix

Ek het ‘n HTC en wens uit die diepste van my hart uit dat ek eerder ‘n BB of ‘n Iphone gehad het. Die simpel ding is meer in vir herstel werk as iets anders.

11 10 2011
MaanKind

Ek lag kliphard! Myne was so…
Gister: Asof Seamus se gebrokenheid nie erg genoeg is nie, is daar nou ‘n BlackBerry crash wêreldwyd. iPhone-terte en Androïd-Annies verlekker hulle seker nou verskriklik. Ja, schadenfreude was nog nooit ‘n mooi eienskap nie. Seg my vriendin
Vandag: Hierdie update word met dankbaarheid van my BlackBerry af gedoen!

11 10 2011
Xena Phoenix

Ek wonder of die Seamus al herstel is. Dit is nou ver almal wat met die net sukkel – die kabel het iewers in die see gebreek.

11 10 2011
Gerda. J

hierdie android annie seg net he he he.
ja, ek tegnologiese vooruitgaan is somtyds n groter struikelblok as wat dit n voordeel is. dit skroef ons almal vroeer of later.

11 10 2011
Xena Phoenix

Net as die verdomde goed nie werk soos dit moes nie

11 10 2011
Selene Phoenix

Ek love my BB!! Sal nie sommer weer ‘n ander foon kry nie! En ja dit was erg om afgesny te gewees het, maar darem kon ons nog bel en sms’e stuur – so dit was regtig nie so erg nie.

11 10 2011
Xena Phoenix

😉 Kon jy nog sms?

11 10 2011
Olga

ek is maar tegno geremd. Enige selfoon is slimmer as ek. Dan weer, al het ek nie n bb nie, wag ek steeds vir smse wat gstermd8 en vmore van n gewone selfoon na my gewone selfoon gestuur was.

11 10 2011
Xena Phoenix

En ‘n slimfoon en MXIt gaan nie lekker saam nie. So lank ‘n foon internet het, worry ek nie te veel oor bel nie.

11 10 2011
Olga

Die probleem kom gewoonlik wanneer wanneer die foon slimmer as die gebruiker is.

11 10 2011
ekisanna

Al die jare het my kinders vir my gelag omdat ek altyd die goedkoopste en eenvoudigste selfone gehad het. Al wat ek met myne gedoen het was om te bel. SMS’e is te langdradig vir hierdie Bosveld-tannie. Dit is nou tot die rooikop besluit het om Switserland haar tuiste te maak…glo my, dit was die vinnigste wat ‘n ma nog ooit ge-update het op haar tegnologie en die uitkoms was dat Anna nou ‘n White…eh….Blackberry het. Anna is steeds verstom na gister se Blackberry “collapse”, oor hoe afhanklik sy geword het van haar BB. Skielik kon sy nie met rooikop gesels nie en die uiteinde was ‘n baie duur oproep uit Switserland uit . Ek sê ook “Dankie tog!” BBM is weer op die lug.

11 10 2011
Xena Phoenix

Wys net, mens mis nie iets wat jy nie ken nie.

BB is seker vandag ooreis met almal wat gister moet inhaal.

11 10 2011
Lana Wood

My man en kinders karring al maande dat ek ook “with it” raak, en ‘n BB kry. Se so ‘n ruk terug vir my dogter, “die dag as hulle ‘n “White Berry” uitbring, kry ek dadelik een… genoeg moeilikheid soos dit is. My woorde was skaars koud, en kyk nounet wat gebeur 🙂

11 10 2011
Xena Phoenix

Welkom in Bos Onbekend Lana. Ek hoop om jou nog dikwels in die toekoms te sien.

Daar is al lankal ‘n White Berry op die mark. ‘n Red Berry ook.

11 10 2011
Gogga

Ek sukkel baie hard as ek nie my iPhone by my het nie. op vakansie het ek met skok agtergekom ek het die verkeerde charger gepak en ek het die adaptor vir my powermonkey laat val en na twee ure se gesukkel en strristip plak kon ek nie die circuit board gefix kry nie toe is ek maar sondere ‘n foon vir 4 dae. DIT WAS ERG.

Hello my naam is gogga en ek is ‘n tegnologiese slaaf.

11 10 2011
Xena Phoenix

Ek is verbaas jy het so ‘n amateur fout begaan – die verkeerde charger. 😉 Bly jy het die oopsie darem oorleef. Kon jy nie manlief se foon oorvat nie?

12 10 2011
Gogga

Manlief is glad nie tegnologies met ‘n foon nie. Dit het my 5 jaar gevat om vir hom een te laat saamdra en dan nou moet ek nogsteeds die foon (‘n ou nokia) charge as ek hom hoor skree.

Hy doen ook nie sms en ander fancy goed nie. hy het ‘n pay as you go foon wat as hy £10 oplaai dit hom 6 maande hou.
Ek het die kabel op die ander een afgesny so ek sal NIE weer so foutjie maak nie.

11 10 2011
J W W

Ek kan eenvoudig nie die mal versotgeid sien van ‘n blackberry nie…. my foon moet kan bel, en soms sms, as ek will internet surf, doen ek dit van ‘n properse komputer af…. my vingers is nie gemaak vir daai klein miljuisende knoppies nie.

11 10 2011
Xena Phoenix

Een van die dae kry jy dalk een wat jy kan aanspreek.

11 10 2011
JWW

Ek praat al jare lank met my foon, net jammer hy het so effe van ‘n “attitude”. :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: