Jakarandas oral o so mooi

7 10 2011

Ek  het dit nou die dag vir ‘n feit gehoor.  Goewerment Laan in Pretoria is die enigste straat in die wêreld wat 2 rye Jakanrandas aan elke kant van die pad het.  Dit is dekades gelede geplant om vir ministers die nodige skadu te bied as hulle in die middae huis toe geloop het.  Ek kon my ore nie glo toe ek dit hoor nie.  ‘n Kabinetsminister wat huis toe loop nadat hulle gemaak het of hulle gewerk het?  Om een of ander rede dink nie dat dit vandag nog die geval is nie.

Hoe dit ook al sê . . . As jy ooit van plan is om na Pretoria te kom en dan nog van plan is om net een keer te kom, sorg dat jy middel na laat Oktober hier kom draai.  ‘n Jakaranda enige ander tyd van die jaar is maar net ‘n boom.  Maar in die tyd onthul dit die stad in ‘n pienk-pers kombers wat beslis die mooite werd is om te sien.  Pretoria wat jaarliks hulle Jakarandastad ten toon stel.

Soos ek die storie verstaan het Johannesburg selfs nog meer Jakarandas.  Helaas gaan die tyd van Jakarandas op een of ander stadium verby wees.  Jakarandas is uitheemse bome en is as sulks onwettig om te plant.  Die huidiges word jaar na jaar uitgedun, onder meer om plek te maak vir parkering en geboue.  Natuurlik is daar nie deesdae meer die gevaar dat een of ander minister se bles gaan brand nie.  Hopelik sal ons dit jare lank nog kan geniet en die beste daarvan maak.

Daar is ook ‘n bygeloof of twee wat met die Jakarandas verbind word.  Komplimente van die studente van Universiteit van Pretoria gewis.  Daar word gesê dat wanneer die Jakarandas begin blom, moes jy eintlik al vir die eind eksamen begin leer het.  Dit word dus as ‘n laaste aanmaning gesien.  Verkieslik onder een of ander Jakaranda, want ‘n Jakaranda blommetjie wat op jou val is’n seker teken dat jy gaan slaag.

Iemand vertel my nou die dag dat Jakaranda tyd die selfmoordseisoen open.  Dalk is dit net toevallig met die tyd van die jaar.  Dit is ‘n somber gedagte wat die oogfees ‘n bietjie demp.

Maar net vir ‘n oomblik, daar kan verder getop word wanneer die bloeisels af is.  Intussen is dit tyd vir kameras en bid vir ‘n mooi dag om die lushof vir die nageslag te bewaar.

Hou jy van Jakarandas?  Watter jakarandastorie of geloof kan jy met ons deel?

Breinvasbrand:  Van watter kontinent is Jakarandas oorspronklik?

Breinlosbrand:  Growing up Dane was reg met Rip van Winkel.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

7 10 2011
MaanKind

Gister was my status update: Verlang vandag na ‘n Jakarandaboom!
My vriendinne was baie simpatiek en wou vir my blomme pluk/faks/stuur, maar een vriend was brutaal eerlik: Jy moet kies, wil jy in Kleinmond bly of in Petoorsdorp. You can’t have it all.

7 10 2011
seegogga

Ek is mal oor die Jakarandastad se jakarandas en het gewens ek kon so ‘n boom in my tuin he. Toe kom woon ons in Bredasdorp -en in die agtewplaas is ‘n reusagtige jakaranda’ ek kap hom af vir niks in die wereld nie. Hier blom hulle eers heelwat later.

7 10 2011
Olga

ek woon ook ver uit petoorsdorp in jakaranda str. Maar, ek is bly dis ver van my staproete af. Weet jy hoe glad is so n jakarandatapyt?

7 10 2011
Growing up Dane

Daar is amper 100 skaars wit Jakarandas in Herbert Baker Straat in Groenkloof! Hulle is netso pragtig.

7 10 2011
Xena Phoenix

In st 4 moes ek eendag ‘n taak oor Jakarandas doen. In my dae was die Wêreldspektrum die antwoord op enige vrae. Was voor die dae van google.

In st 9 het ons op ‘n staptoer saam met die skool gegaan. Om ons besig te hou het ons ‘n vraelys gehad oor enige iets waaraan die onnies kon dink. Google was toe nog nie in elkeen se sak nie.

Ek was die eerste st 9 ooit wat geweet het waar Jakarandas vandaan kom. Alles te danke aan my taak in st 4. 😆

7 10 2011
Selene Phoenix

Suid Amerika

Ek is mal oor Jacarandas! Sulke mooi kleurvolle bome!!

Ek ken nie Jakaranda stories nie, maar dink daai ministers wat huis toe geloop het is net ‘n storie 😆

7 10 2011
Sonlig

Dis elke jaar ‘n gesig waarvan ek nie genoeg kan kry nie. In blomtyd het dit ‘n speletjie in my kar geraak dat my kinders die Jakarandas tel wanneer ons skool toe ry.

Ja, Johannesburg is ook pragtig in Oktober. As mens so oor die bultjie in Linden ry en die Northcliff-koppie lê voor jou met die pers kolle net waar jy kyk, dan dink ek altyd: Dis LEKKER om te lewe!

7 10 2011
klippie

Die jakarandas teen die Pretoria se blou lug is asemrowend. Maar ook ‘n prentjie wat ek nie maklik sal vergeet nie is die gesig van die jakarandas vol in die blom van die Westcliffe Hotel in Johannesburg se stoep af

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: