Lewe en laat lewe was nog altyd een van my lewensfilosofieë. Ek gaan dus my eie gang en laat ander hulle eie gang gaan. My manier van lewe en my gebruike is mos nie ‘n ander s’n nie. Ek is nie inhalig om ander nie hulle weë te gun nie of altans ek probeer om nie te wees nie.
Bla bla bla om basies te sê dat rokers my nie pla nie. Tot op ‘n punt. Soos enige ander nie-roker hou ek nie daarvan as iemand in my huis, kar of kantoor rook nie. Ek sal hulle soveel geleenthede as wat hulle wil hê gee om dit buite te doen. Gewoonlik nie iets waaroor ek my stem moet dik maak nie, die oorgrote meerderheid doen dit self. Ek sal hulle geredelik geselskap hou terwyl hulle rook en nie enige verwyte oor gesondheid rondslinger nie.
As daar nou egternou een ding is wat my regtig omtrent rokers kan onderkry, is dit die gewoonte om hulle stompies dood te trap net waar hulle is. As ‘n mens byvoorbeeld op ‘n amptelike bospaadjie stap, sien jy orals stompies waar rokers vir ‘n oomblik stil gestaan het om die omgewing te geniet. Voor die ingang van inkopies sentrums, is die rokers se merk orals sigbaar. Parke en tuine is ook gewoonlik vervuil met stompies.
My lewe lank gril ek my dood vir stompies. Op skool was ons dikwels gestuur om papiere op te tel en volgens my het stompies nooit in daardie afdeling geval nie. Ek het dit nie gerook nie, ek het dit nie neergegooi nie en ek gaan dit nie optel nie. Daar was darem iemand anders wat dit wel sou doen.
In my eie tuin is dinge nie so eenvoudig nie. Helaas is daar nie iemand anders nie. Ek kan rokers wel vriendelik versoek om dit in ‘n asblik te gooi en hulle het nog nooit ‘n probleem daarmee gehad nie. Die probleem is egter dat my bure ook nie van stompies in hulle tuin of selfs asblik hou nie. Hulle gooi hulle stompies oor die muur in my tuin waar hulle dit nie kan sien nie.
Ek dink regtig dit is nie aanvaarbaar nie. Ek kla nie oor hulle honde wat die hele dag blaf of die lawaai wat hulle selfs soms kan opskop nie. Ek twyfel dat hulle oor my kan kla. Maar die storie moet blerrie end kry.
Enige raad?
Breinvasbrand: Waarvan word stompies gemaak?
Breinlosbrand: Pous Julius I.
Ek moes gister ‘n sigeretstompie uit ‘n toiletbak in die gastewoonstel vis. Sies X10.
Sal jy ooit weer van hulle ‘n bespreking aanvaar? Ek kan nie verstaan hoe moeilik kan dit wees om jou goed weg te gooi nie.
Gooi dit terug oor die muur!
Stompie hoort in ‘n asbak, en van asbak af gaan dit asblik toe. Ek dink party mense is net lui.
Ek wens ek kan sien wanneer hulle dit doen. Dan roep ek hulle wragtig om dit te kom optel en weg te gooi.
Lui en selfsugtig
En MORSIG
Ek hou ook nie daarvan as mense in my kar of huis rook nie. En ongelukkig is een van hulle my ma! Maar sy respekteer dit.
Stompies is gemaak van hout!
Ek het dit altyd gehaat as ek na ‘n klub gaan en soos ‘n stompie ruik as ek daar uitkom.
Ek was self ‘n roker baie jare terug, nou deesdae stink dit vir my so erg ek raak sommer de-mur in as ek in die hysbak by die offies klim en daar staan so een of twee mense wat nou net ‘n dampie in die basement gaan maak het… ga sies vrot !!!!!!!
Stink daar iets meer as rook in ‘n toilet?
Ek het weer ‘n kleintjie dood aan die vlieë wat so buite die mall se ingang hang sodat mens in elk geval deur die walm moet loop om in te kom. Ek trek sommer my gesig en waai woes met my hand voor my neus sodat hulle die boodskap kan kry. Selfsugtige blikslaers. Die mooi blombakke by die ingang is dan natuurlik ook vol van hulle afvalprodukte.
Ek vind dat dit deesdae beter is, maar dit het dalk te doen met waar ek my inkopies doen. As ‘n mens rondkyk na die rokers, het hulle oor die algemeen almal een of ander uniform aan. Hulle werk dus in die mall en hulle werkgewers het dus nie vir hulle ‘n rookkamer laat inrig nie.
smyt die stompies terug oor die muur. Ek gril om aan n stompie te raak wat iemand anders gerook het. Maar ek sal dit terug gooi. Al moet ek dit met n graaf optel.
Kan ek sommer die graaf ook oorgooi en een van hulle tref?
Dit was ook ‘n my bure probleem om stompies in my werf te gooi. Ek het mooi niks gese nie en elke dag die stompies opgetel met so ou aluminium braaitang wat ek die braaikole mee rondskuif en in lekker groot blik redelik volgemaak het. Ek het seker gemaak dat hulle my nie sien nie en toe die blik stikende nat gemors by hulle sikamervenster op hulle banke en mooi matte ingegooi het. Dit was laaste en hulle lyk dikbek maar f@k hulle.
Xena, ek reken daar is iets wat erger stink as rook in ‘n toilet, veral as ek ‘n nommer 2 gedoen het na ‘n laaaaaaang aand van “kuier” op ‘n dop of 2.
😆
:kotsgevreetjie:
Ek rook self, maar het ook ‘n groot probleem met stompies in die tuin (of enige ander plek as ‘n asbak of asblik). R se broers het ‘n gewoonte om hulle stompies sommer so oor die tuin uit te skiet, dan strip ek gewoonlik my mur en laat hulle dit dadelik optel. Daar is asbakke en asblikke ‘n paar tree van hulle af so dis regtig nie moeilik nie!
Gooi die bure se goed terug oor die muur – dis morsigheid.