<img class="aligncenter size-medium wp-image-6355" title="
Hallo Maatjies!!!
Sjoe!! Ek is handuit! 😯 My oortjies sleep op die grond en ek wil net gaan slaap!
Ek en ouma Heldina het die hele nag en die hele nag koek gebak en tertjies vol melk gemaak. 😆 Ek hou van koekbak, ek is ‘n onderbaas bakster. 😀 Julle kan ampertjies sê ek is die bak heks.
Daarna het ek en ouma dit alles op ‘n lang stoel gepak. Daar was baie rooi koeldrank en ons het lekker gepartiertjie met die maatjies. 😆
Hoekom? ❓ Ek het ampertjies gevergeet om julle te gevertel. Die blog was vandag 2 jaar oud!
Ek moet nou verder gaan partiertjie, dans en rooi koeldrank drink.
Tara Maatjies
Advertisements
whoop whoop. Eerste! Herriemerrie en viga heks, happy happy. Mag daar nog baie wees.
Baie geluk! Is dit waar julle was? By die partytjie? Ek was bekommerd oor jou toe jy so lank weg was. Het ampertjies die polisie gebel.