Vrywillige Gevangene

28 09 2011

Suid-Afrikaners neig nogal om paranoïes oor misdaad te wees.  Niemand kan ons dit regtig verkwalik nie.  Daar is soveel grustories in omloop – gebaseer op die waarheid – dat ‘n mens amper op die skouer moet klop as jy wel die aand oorleef het. 

Hoewel dit meer geluk as wysheid is, probeer die meeste mense om hulle self te beskerm.  Dit beteken gewoonlik dat sodra die son begin groet, word hulle sorgvuldig toegesluit.  Alarms word gestel en die honde los gelaat.  As hulle nie self die sleutels gedra het nie, sou ‘n mens kon dink dat hulle in die tronk is.  Party mense gaan sover as om te sorg dat hulle ten alle tye voor donker by die huis is.  Na donker word te gevaarlik beskou, al gaan jy met ‘n gepanserde voertuig rondry.

‘n Onverdiende straf, vir iemand wat nie eers skuldig is nie.  Toegesluit in jou tronk, besig om elke venster na te gaan, laat nie juis veel tyd oor om ander te gaan aanval nie.  Met die gevolg is dat die strate verlate is en as sulks gevaarliker is.  Daar is mos veiligheid in getalle. 

Ek wonder net hoekom laat ons dit toe?  Ons verlaag ons eie lewenskwaliteit, uit vrees.  Wat sou gebeur as ons die vrees aan die horings pak?  Wat gaan gebeur as ons nie meer gaan toelaat dat die misdaadstatistieke ons intimideer nie?  Wat gaan gebeur as ons weier om slagoffers te bly?

Kyk nou net na die ongeskrewe verbod om nie na donker op straat te wees nie.  Net ingeval iemand jou oor die kop gaan slaan en in ‘n stegie keel af gaan sny.  Kanse is nogal goed dat ‘n boef daarmee gaan wegkom.  Almal is besig om in hulle huise te skuil. 

Dit is ‘n teenstrydigheid, maar hoe meer mense in die strate gaan lê en niks oorkom nie, nie meer mense gaan die moed kry om dieselfde te doen.  Wat beteken dat meer mense vir mekaar kan uitkyk en sommer ook die buurt patroleer.  Dit is nie juis goed vir besigheid as iemand jou sien ‘n ander oor die kop slaan nie. 

Hoekom kan ons nie die aand geniet nie?  Om dit blok gaan stap in ‘n tyd wat eintlik perfek daarvoor is?  En die ideale geleenthede vir misdadigers skep? 

Is dit dalk nie tyd om ons lewens terug te vat nie?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie was die drie Dalton broers in die Dalton Bende?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Stefanus Erasmus


Aksies

Information

4 responses

29 09 2011
demoerin

Gratton, Bob en Emmett.

29 09 2011
demoerin

Ek laat my nie deur sulke dinge bekommer nie. As ek iets wil doen of iewers heen wil gaan, dan doen ek dit.
Ek dink die truuk is om maar net peraad te wees, en nie stupid te wees nie.
Ek sal nie toelaat dat ‘n klein kans dat iets dalk mag gebeur my lewe beheer nie.

29 09 2011
Olga

ek woon natuurlik in die bos. Daarom kom ek nie graag na donker ALLEEN by die huis aan nie. Ek stem egter saam, hoe meer mense voor en na donker die strate gaan benut vir oefening, hoe meer gaan hul op hoogte kom met wat in hul buurte gebeur en hoe gouer gaan die strate veilig word.

29 09 2011
Gerda. J

hoekom is ons tog as n nasie so ruggraatloos? dis nou die tyd om lewe terug te neem. fok net bestaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: