Bewaar Jou as jy nie doodspeel nie

26 09 2011

As ek deesdae van die regering se idees hoor, het ek net een raad.  Maak poep in die openbaar aanvaarbaar.  Beter nog, maar poep in die parlement of kabinet verpligtend.  Met die uitlaatpyp, sal daar minder stront in die mense se koppe vasslaan.  As dit nie in hulle koppe opeindig nie, sal hulle ons nie daarmee opsaal nie.  Sou dit nie ‘n wonderlike dag wees nie.

Daar word tans gepraat oor ‘n moontlike wet wat die dra van gevaarlike wapens in die openbaar onwettig sal maak.  Voordat jy jou verheug hier in, moet ek uitwys dat dat peppersproei, knipmesse en selfs speelgoedgewere insluit.  Nie ‘n AK 47 nie, nie ‘n swaard nie, nie eers ‘n atoombom nie.  Daardie gewone goed wat mense saamdra om hulle te troos as hulle dalk aangeval word.  Nie eers nie, van die goed kan dalk net gedra word omdat dit prakties is.

‘n Gevaarlike wapen word beskryf as enige iets wat ‘n persoon kan beseer of tydelik buite aksie kan stel.  As jy met ‘n gevaarlike wapen betrap word, kan jy tot 3 jaar tronkstraf gevonnis word.  Blykbaar moet daar nie net gekyk word wat jy by jou het nie, maar ook jou gedrag in ag geneem word.  Vir ‘n logiese mens, beteken dit dat ‘n vrou wat met peppersproei in haar handsak loop, nie ‘n gevaar met dit is nie.  Logika is nou nie juis in oorvloed beskikbaar in die regerende party nie.  Selfverdediging word nie as ‘n aanvaarbare verskoning beskou nie.

Dus, jy mag nie iets by jou dra waarmee jy iemand tydelik buite aksie kan stel nie.  Daar word dus verwag dat jy moet omrol en doodspeel as jy aangeval word.  Voorsorg word dus onwettig as daardie wet deur gevoer word.  Wat nogal ironies is, is dat handwapens wel in sekere gevalle in die openbaar gedra mag word.

Waar gaan die streep getrek word.  Enige selfverdedigingklas leer jou heeleerste om met jou sleutels tussen jou vingers te loop vir ingeval jy aangeval word.  Gaan sleutels nou onwettig wees.  Wat van penne of spuitgoed?  As jy ‘n gordel dra, is dit seker ook gevaarlik omdat jy iemand daarmee kan wurg.  Kaalvoet is seker ons voorland, siende dat jy iemand se voet met skoene kan vergruis.  Absoluut enige iets kan as ‘n wapen ingespan word.

Dit is seker net ek wat dink dat daar belangriker goed is waaroor die regering hulle koppe kan breek.  Dit is nie asof Suid-Afrika ‘n vredenliewende land is waar geweld ongehoord is nie.  Om die slagoffers te ontwapen, wys nie juis of die regering hulle aan die gewone wetsgehoorsame se welstand steur nie.  Nie dat ek nie verbaas is nie.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Waarna verwys ‘n yantok in gevegskuns?

Breinlosbrand:  Olga was reg met varke

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

26 09 2011
Olga

Eerste!!!!
Stok???

Die mense in beheer is belaglik verby. Hulle moet dalk terug 4k skool toe of net eenvoudig skool toe en gr 1 begin. Dan sal hulle agter kom hoe slim hulle werklik is. Die een belaglike wet na die ander. Absurd verby.

27 09 2011
Gerda. J

dit is maar weer dieselfde as met die vuurwapen wet. kan ons nog breipenne en staalsosatie penne he?

27 09 2011
Gerda. J

die mense wie gevegskuns bemeester het mag dit ook seker nie meer in die openbaar beoefen nie. die parlement moet drasties verklein word sodat die mense genoep werk het om hulle besig te hou. dan sal hulle ophou nuwe k@k uitdink om ons mee te treiter.

27 09 2011
JWW

Die spul funsas is rerig so stupid soos wat ek al die jare gehoor het hulle is,,,, en die ergste is dat mense dit nie wil erken nie – die bewyse is bleddie orals, hoeveel stront moet die inboorlinge nog aanvang om die weste te oortuig ? ? ? ?

28 09 2011
Olga

hoe meer stront hul hier aanvang, hoe beter vertoon die weste.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: