Diere Maniere

25 09 2011

As mense wil ons graag glo dat ons verder gevorder as die gemiddelde dier is.   Beter ontwikkeld, dalk self die sieraad van die skepping.  In verband met die siening kan mense soms die grootste klomp snert kwytraak.  Hulle is so vol van hulle self dat hulle nie eers die moeite doen om die sogenaamde minderwaardige teenstaanders beter te leer ken nie.  Dit is dan gewoonlik ook net hier waar hulle hulle name met ‘n plank slaan. 

In my 12 lewensjare het ek al gehoor dat diere nie emosies het nie.  ‘n Sprekende voorbeeld van as jy nie weet wat jy praat nie, moet jy maar eerder stil bly.  Dink gou aan ‘n hond wat sy stert swaai as hy gelukkig is of die stert tussen die bene is wanneer die wêreld druk.  Katte prrr as hulle gelukkig en tevrede is en laat jou baie goed verstaan wanneer hulle nie met jou gedrag te vrede is nie. 

Ek moet toegee dat ek dit in my agterkop geweet het, maar nooit regtig aan gedink het nie.  Tot dit met renosters uitgespel is.  Die kalfies wat huil by hulle ma’s se karkasme en wat selfs getraumatiseer kan wees.  Net soos menslike kleuters.  Dit behoort nie ‘n geheim te wees nie.  ‘n Mishandelde dier sukkel net soveel om weer te vertrou as ‘n mens wat mishandel is.  Diere kan tog ook troos of uitbundig wees as hulle eienaars of versorgers gelukkig is.

‘n Ander bogstorie wat vertel word is dat diere nie persoonlikheid het nie.  Gewoonlik meer op ‘n individuele vlak wat die aanname gemaak word.  Die temperament van sekere rasse is al vir jare so te sê algemene kennis.  Net jammer dat die diere nie die handboeke oor hulle lees nie.  Daar is die versorgers, die uitdagendes, die banges en die leiers.  Party word met ‘n kyk geintimideer en ander is so hardkoppig soos Mugabe oor sy tyd as president.  Hulle ken vrees, maar kan tog ook moed ingepraat word.

Daar word ook sommer aanvaar dat diere nie kan kommunikeer nie.  Watse verwaande gedagte is dit nie.  Net omdat die mens dalk nie hond, kat, renoster of perd kan verstaan nie, beteken dit mos nie dat hulle nie kan “praat” nie.  Siende dat hulle ons blykbaar verstaan, moet ‘n mens wonder wie is nou eintlik slim. 

Wat is die verskil tussen mens en dier?  As Freud hieroor gewonder het, sou hy seker gesê het dat mense seks geniet en diere verkrap.  Dit laat dan dolfyne wat blykbaar ook seks vir plesier het.  Dalk is dit die mens se vermoë om alles te vernietig.  Geen ander spesie het al soveel skade aangerig nie.  Dalk gaan dit net oor verwaandheid?

Watter dieregedrag het jou al geamuseer of laat dink?  Wat dink jy is die verskil tussen mense en diere?

Breinvasbrand:  Watter spesies neem die bestuur van die plaas in “Animal Farm” oor?

Breinlosbrand:  DMI was reg met ‘n vrees om voor ‘n gehoor op te tree. 

NS:  Dit is ‘n maand uit die hel.  Vergewe asseblief as dinge dalk laat of glad nie verskyn nie.


Aksies

Information

7 responses

26 09 2011
Olga

eerste.
Varke?

26 09 2011
Olga

dis duidelik mense wie se diere het nie gevoelens nie, ken nie vir bessie nie. Ook nie vir rusty nie.

26 09 2011
Selene Phoenix

Ek dink dit was varke? Kan die boek nie soooo goed onthou nie.

Elke een van ons diere het ‘n persoonlikheid! En almal verskil! My meisiekind het seker die beste persoonlikheid gehad! Sy het haar stert vir ons gewip as ons met haar baklei het… dan sal sy jou so ruk lank “ignore”! 😆 Was te blerrie oulik!!

Mense wat nie van diere hou nie, moet eerder nie oor diere boeke skryf nie!

‘n Fliek wat my hartseer gemaak het is “The cove” Gaan oor dolfyne en ander see diere… nou wil ek nie eens meer na die tipe shows toe gaan of flieks kyk soos “Free Willy” nie!

26 09 2011
Sonlig

Ek het al ‘n video gesien van klein apies waar die een die ander een in die water instamp (ek is SEKER dis die boetie wat die sussie gestamp het!) en die ma het so ewe die skuldige ‘n klap op die kop gegee en die gestampte enetjie liefdevol in haar arms omvou en getroos. Iemand wat in dáái enkele toneeltjie nie persoonlikheid en emosies kon herken nie, moet doodeenvoudig ‘n bril én ‘n brein kry.

Het julle dalk die film “Two Brothers” gesien?

26 09 2011
Olga

gn koerant? Nou sal wragtig weer deur 90 swart tale radio stasies moet worstel om rsg te kry.

26 09 2011
Gogga

Alle diere het hulle maniere en soms is dit nader aan mens as wat ons wil dink.
Ek het so al vir lank gesit en kyk hoe ‘n perdeby my gebakte aartapal kom sit en eet. hy rol dit so met sy voorpote in so bol en dan vlieg hy weg na waar ookal hy moet.
Ook gesien hoe gee ‘n Orangutang ma haar kleintjie pakslae op die boude omdat hy sy pa pla.

26 09 2011
JWW

Ek hou van diere, beeste, varke, hoenders, skape, kalkoene ,,,, veral as mens dit oor die kole braai mmmmmmmmmmmm ! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: