Jou melk weg

23 09 2011

Almal ken seker daardie oomblik wat jou hart absoluut stil gaan staan.   Jy is dalk so verdiep in iets en dan kom steur iemand jou.  Jy dink jy is alleen en skielik praat iemand met jou.  Jy gaan heel rustig jou gang, dan val die kat uit die kas uit.  Niks wat regtig aardskuddend is nie, maar dit is genoeg om jou van bloedgroep te laat verander of ‘n nuwe geloof te laat aanneem.  Alles binne ‘n gedeelte van ‘n sekonde. 

Wanneer jou hart botstil staan, kan dit mos nie sorg dat jou brein van bloed voorsien word nie.  Jy kan in die tyd seker vir irrassionele optrede vergewe word.  Net vir ‘n sekonde of 2, jou hart klop dan mos weer.  As die engeltjies jou genadig is, vries jy heeltemal.  Nie dat dit altyd vir jou voordelig is nie, jou skrik was dalk nie onskuldig nie.  Jy kan ook van skrik (of is dit skok op die punt) iemand aanrand, skiet of dalk die kat skop dat hy daar trek.  Baie skade wat in ‘n oomblik of twee aangevang kan word. 

Dit is egter die uiterste gevalle.  Oor die algemeen slaan jy net jou naam met ‘n plank.  Baie mense geniet dit stilletjies wanneer iemand op hulle gesigte val.  Ek moet erken dat ek mense wat hulle alies afgeskrik het baie snaaks vind.  Dit geld natuurlik nie wanneer ek die een is wat geskrik het nie.  Wanneer my hart mos weer klop, maar dit mos heel eerste my gesig bloedrooi – tot groot vermaak van die toeskouers. 

Eendag het ek met ‘n kollega gepraat, terwyl ek teen sy lessenaar aangeleun het.  Ek het eintlik vir sy kantoormaat gewag, maar daar was iets waarmee ek hom gou vinnig kon help.  Ek hoor hoe iemand inkom en verwag dat dit die ou is vir wie ek eintlik soek.  Ek kyk so vinnig na die deur om hom iets van superglue en stoel te vertel.  Toe staan die grootbaas daar.  Ek het so ampertjies van die lessenaar afgeval. 

Tot vandag toe kan ek nie vertel hoekom ek so groot geskrik het nie.  Die mans het dit natuurlik skreeusnaaks gevind en ek moes maar skaam saamlag.  Ek meen – wie skrik nou omdat jy iemand sien wat jy nie verwag het nie?  Veral as jy nie eers droogmaak nie. 

Waar het jy al jou naam met ‘n plank geslaan omdat jy geskrik het?  Of watter snaakse skrikstories kan jy met ons deel?

Breinvasbrand:  Wat is verhoogvrees?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met Roxette.


Aksies

Information

11 responses

23 09 2011
demoerin

Verhoogvrees is wanneer jy paniekerig raak om voor iemand/mense te praat. Jy slaan toe, en staan dan daar met ‘n mond vol tande en lyk soos ‘n gek.

23 09 2011
demoerin

😆 Ek skrik nie sommer nie. Ek onthou wel eenkeer in St.5, ons Afrikaanse onderwyser was Juf Axel..en sy het ‘n vrees vir spinnekoppe. Ons het alles haarfyn beplan en ‘n spinnekop bo-op die HAT gesit, wat op die boonste rak van dei boekrak was. Tobie, die kortste outjie moes nou gaa vra dat Juf die HAT aangee, hy wil ‘n woord opsoek…. needless to say het alles nie so goed agfeloop nie, dit was snaaks en Juf het haar gat afgeskrik – maar Tobie het ook die HAT teen sy kop gekry, wat hom met ‘n lekker shiner gelos het.

23 09 2011
Xena Phoenix

HAT teen die kop? Die arme kind het seker harsing skudding opgedoen. 😆

23 09 2011
Selene Phoenix

Ha ha ha!!

Ek het gelukkig lanklaas so geskrik dat ek my naam bollie maak! Maar ek het laas naweek twee keer geval! Eerste keer in Clearwater, toe ek mos wou voel hoe ‘n stoel sit… toe ek weer sien sit ek op die grond! ‘n Ou tannie het verby geloop en gesê ek het haar dag gemaak!

En toe weer by my sus… jy het net boude gesien!! 😳

Maar ek het (on)gelukkig oorleef of bleodrooi in die gesig te wees… 😆

23 09 2011
Xena Phoenix

Genade tweeling!!! Vir wat loop en val jy so oor jou voete?

Het iemand foto’s geneem?

23 09 2011
MaanKind
23 09 2011
Xena Phoenix

Dit is snaaks! Dankie vir die deel

23 09 2011
Olga

k het gsteraand of was dit vmore van venster tot venster gestap terwyl n bakkie met park lights op en af tussen ons huise gry het en oral n flits ingeskyn het. Ek het later my rollie gaan haal en die @+0 in donker str gaan inwag. Gelukkig het dit deur die bos waterval toe gery. Daar was ekstra sekuriteit vir ons gereel na n insidentjie verlede week.

23 09 2011
Xena Phoenix

Wat het verlede week gebeur?

23 09 2011
Twilight

Ek het dit verpes om in ‘n koshuis te bly. Een aand gaan bad ek. Die gang is halfdonker en ek dink nogal by myself dat dit darem ‘n spokerige ou plek is. Net toe ek die deur wil oopstoot, ruk ‘n ander meisie die ding van binne oop. Sy begin gil en ek gil omdat sy gil…En daar staan ons vir mekaar en kyk – amper vrek geskrik!

23 09 2011
JWW

Ek skrik elke keer groot as ek na my bank strokie kyk as ek geld getrek, of is dit nou probeer trek het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: