Die ring gemis

22 09 2011

Niemand kan my beskuldig dat ek baie mode bewus is of myself aan die ongeskrewe reëls van die gemeenskap steur nie.  Ek kan nie eers daarvan beskuldig word dat ek deur ‘n ring getrek kan word of altyd gepas optree nie.  Tog is daar iewers ‘n grens, wat dalk in sekere gevalle meer vaag word, maar tog daar is.

Ek praat nou spesifiek van klere.  Informeel en formeel is deesdae nie meer pole uitmekaar nie.  Deur net skoene of grimering te vervang kan iets wat informeel is, maklik as formeel deur gaan.  Dit is egter nie altyd die geval nie.  Sekere goed sal altyd net informeel wees en kan as sulks nie by formele byeenkomste gedra word nie.  Of so sal ‘n mens byvoorbeeld dink.

Ek was byvoorbeeld vroeër die jaar by ‘n grade byeenkoms gewees.  Die uitnodiging het duidelik gestel dat die wat ‘n toga gaan dra, formeel aangetrek moet wees.  Selfs die gaste is na ‘n formele geleentheid genooi.  Die dames het maar hulle hoëhakskoene nader gesleep en hulle pakkies aangetrek.  Die mans het hulle baadjies afgestof en in ‘n das gewurg.  Niemand sou seker gefrons het as as die das en / of baadjie gewaai het nie.  ‘n Knoophemp kan nog steeds baie netjies lyk (meestal in elk geval).  Tog was daar ‘n paar narre gewees wat hulle oudste jeans en sakkerigste t-hemp vir die storie gekies het.  Duidelik het hulle nie eers probeer om netjies te lyk nie.

Daar is vergaderings en vergaderings.  Die eersgenoemdes maak dit nie regtig saak wat jy dra nie.  Dit is basies die bymekaar kom van mense om inligting en idees te ruil.  Dan is daar die vergaderings waar daar sogenaamde belangrike mense genooi word om te kom praat.  Die vergadering word gewoonlik nog met ‘n “Cocktail” funksie opgevolg.  Weke voor die tyd moet jy jou bywoning bevestig.   Weereens ‘n geleentheid waar jy wel saaklik en professioneel moet lyk.  Verbeel jou dan as iemand met ‘n ou sweetpakbroek en uitgerekte themp opdaag.  Sy steek soos ‘n seer oog uit, maar moenie dink dat sy haar daaraan steur nie.

Ek moet erken dat ek ook al so ‘n flater begaan het.  Darem nie met opset nie.  Ek moes een aand kantoor toe gaan vir ‘n oproep.  Ek was vasoortuig dat ek vingeralleen op kantoor gaan wees en het net ‘n baadjie oor my nagklere gegooi.  Daar aan gekom is daar ‘n funksie vir van ons belangrikste kliente gewees.  Gelukkig kon ek ongesiens in en later weer uitsluip.  Ek gaan nie te veel uitbrei nie, maar ek het my stêrre gedank vir my kriminele streep.

Wat dink julle daarvan as mense heeltemal onvanpas aantrek.  Die wat deur ‘n ring getrek kan word vir die bos of die wat vir die bos aangetrek is by ‘n funksie?  Kan jy nog voorbeelde noem?  Het jy al so ‘n ou foutjie begaan?

Breinvasbrand:  Wie het ‘n treffer gehad met “Dressed for Success”?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Leonard.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

22 09 2011
Toortsie

Ek voel baie keer verkeerd aangetrek. Nie in sulke uiterstes nie, maar wel. Dalk omdat ek nie regtig ingestel is op klere nie?

22 09 2011
toortsie

Amper vergeet ek om vir jou penarie te lag!! so bly jy kom darem ook soms iets oor!
http://toortsie.wordpress.com/2011/02/22/al-weer/

22 09 2011
Sonlig

😆 😆 😆
(Ek dink mos in prentjies)

Ek sing in ‘n kamerkoor. Ons oefen op Maandagaande. Ek weét ‘n Maandag kan soms blou wees. Ek is self nogal moeër op Maandagaande as ander ander, maar ek kan my só vervies vir die een girl wat altyd in haar furry pienk pantoffels opdaag. I mean really! Ons is ‘n talentvolle groep mense en ons koor het nogal ‘n naam in ons geweste. Meeste van ons probéér ten minste semi-professioneel wees. Tsk!

Miskien is ek net nie een vir furry pienk pantoffels nie. (Sorry Pienk Pantoffels – dis nie persoonlik nie. 😉

22 09 2011
Sonlig

Roxette

22 09 2011
Olga

ek het geen dress sense nie. Buitendien gan ek nie n klomp geld blaas vir klere wat ongemaklik pas net omdat die etiket se ‘made in china’ en ons prossie handelsverbande met china wil qe nie.

22 09 2011
MaanKind

Eenmaal, jare gelede het my ex-man my gesê daar is ‘n Braai onder Die Boom en toe daag ek op in my nuwe blou broek, so katoen kuitbroek nommer, met so kaal rug toppie. By die FORMELE ete. Soos in kelners bedien van regs en dra weg na links, heildronk op die staatspresident, en daai.

22 09 2011
demoerin

As dit ‘n partytjie is, met ‘n uitnodiging, sal ek altyd probeer om hulle wense te respekteer.
Vir algemene byeenkomste (braai, kerk, werk ens.) sal ek meestal gemaklik aantrek. Solank en gemaklik en “covered” is, is die saak reg.

22 09 2011
JWW

Ek is maar net te bly as ek klere kry wat my pas….. die woord Large en Extra Large beteken mos phokkol in tjiena !

22 09 2011
Twilight

My pa is minder gehinder oor klere. In die dae wat hy geboer het, sou hy maklik-maklik met ghriesbesmeerde oorpak en vuil hande gou invlieg dorp toe vir besigheid. Eenkeer moes ek ‘n prys ontvang en groot was my verbasing toe die grootkop van die organisasie skielik besluit om dit self te kom oorhandig by saalbyeenkoms van die skool. My ouers is ook genooi, word ek ingelig. En daar sit ek en wroeg dat my pa dalk in sy oorpak gaan opdaag. Ek was baie verlig toe hy op die verhoog kom sit in ‘n netjiese blou pak en das.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: