As daar nou ingebreek moet word

20 09 2011

‘n Wekker – veral op ‘n Maandag more – is my insiens al wreed genoeg om ‘n mens uit droomland uit te haal.  Wel, sou die wekker nie sy skreewerk doen nie, is die ontwaking self nog erger.  Dit is gewoonlik op die dag wat jy dit die minste kan bekostig om laat te wees.  Dit het ook die manier om jou hele dag om te krap en daar is bloot net geen verweer nie.  Helaas is dit nie die ergste manier om uit jou sluimer gehaal te word nie. 

Ek kan my niks ergers voorstel as om wakker te word as ‘n onbekende ongenooid in jou kamer is nie.  Dit voorspel meeste van die tyd niks goeds nie.  Jy weet jy het dan moeilikheid, op ‘n tyd wanneer jy heeltemaal weerloos en aan hulle genade uitgelewer is.  Ek sal beslis nie gemaklik voel om met ‘n vuurwapen onder my kussing te slaap nie.  Met my geluk skiet ek myself heel per ongeluk van pure lompheid. 

Tog moet daar tog altyd hoop wees.  Ek dink jou aan die een episode van die Big Bang Theory.  Sheldon breek by Penny in om haar woonstel skoon te maak.  In die middel van die nag.  Natuurlik loop sy nie van vriendelikheid oor na die gebeurtenis nie, maar ek vir een sal nie omgee om langs Sheldon te bly nie.  As dit hom gelukkig maak om in die middel van die nag my gemors op te ruim, is hy meer as welkom. 

Soos ek dit sien is dit die naaste wat jy aan feetjies in mensvorm kan kom.  Julle weet mos, jy wag vir die feetjies om jou strykwerk te doen of om aandete te kook.  Die klein merries is gewoonlik nog luier as jy, hulle wys nie eers hulle gesigte van onder die stof nie.  Jy het ‘n groter kans dat die inbreker jou vuilwerk sal kom doen.  Baie skraal kans, toegegee.  Maar ek glo vas in die goedheid van mense. 

As iemand by jou inbreek, wat moet hy of sy doen (of steel) dat jy glad nie eers vies gaan wees daaroor nie?  Beter nog, sou jy ‘n inbreker in aksie vang, wat sal jy hom of haar graag wil laat doen om jou jaar te maak?

Breinvasbrand:  Wie is Sheldon se woonstel maat in “The big bang theory”?

Breinlosbrand:  As jy iemand geld skuld is hulle jou krediteur, maar jy is hulle debiteur.


Aksies

Information

6 responses

21 09 2011
Olga

eerste.
Nee, ari, en outsurance is alreeds nie op goeie voet nie. Eers het hul my engelse epos gestuur. Toe het ek hul oor die kneukels geraps. Toe sit hulle sommer my kar se premie met r7 op en ek wag steeds vir n verduideliking van hoekom. Maar as dit moet sal ek inbrekers help laai aan my whirlpool airflow yskas en my 20 jr oue wasmasjien. Albei dreun harder as n bosparra met n fattap silencer.

21 09 2011
demoerin

Leonard.
My sitkamerbanke kort ‘n ordenklike skoonmaak, hulle sal miskien 2 nagte na mekaar moet inbreek vir die taak. Miskien kan hulle sommer die mure ook verf terwyl die banke droogword.

21 09 2011
Selene Phoenix

Ek hou van die program! Mal oor Sheldon, hy maak die program met sy weirdgeit! 🙂

Die dief kan maar my plastiek kas kom reg pak… ek word altyd oorval deur die klomp bakkies, en kry nooit ‘n deksel wat pas nie! As hy/sy klaar is wag daar wasgoed… en die vensters kort ‘n goeie was!

21 09 2011
Gerda. J

dan kan hulle die dvd speler vat. die blerrie ding is altyd stukkend. en die kenwood chef, en die deepfatfryer, braapan, wok en tumbledryer.kkend. en die kenwood chef, en die deepfatfryer, braapan, wok en tumbledryer.

21 09 2011
J W W

Ek sal eerder die dief vra om by mal emma in te breek, en hom sommer so biekie martel tot hy nie meer beweeg nie….. 👿

21 09 2011
pienkpantoffels

Hulle kan my stepper, oefenvideos/dvd’s, dieetboeke en daai “7 dag versap als wat voorkom versapper ding” wat net my haat vir wortels ge’kickstart’ het, met liefde vat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: