Skuldeisers

19 09 2011

Ek is nie vol verskonings wanneer dit by my pond vleis kom nie.  Ek is nie ‘n groot aanhanger van pyn nie, dus is ek baie stiptelik as dit by betalings nie.  Nie net omdat die meeste skuldeisers hulle gretige vingers nog voor my op my fooitjie vir die maand kan kry nie.  Ek gaan baie getrou en betaal elkeen wat hom toekom.  Gewoonlik.  Selfs meeste van die tyd.  Maar nie altyd nie.

My gewone goeie betalers status word bedreig deur daardie onversiene rekeninge wat jou in die middel van nêrens klap dat jy net sente sien vlieg.  Dit is wragtig die ding wat my nog in die tronk sal kry oor slegte skuld.  Ek blameer natuurlik alles op die mediese fonds.

Daar verloop maande dat jy jou mediese fonds stiptelik betaal – tot op die laaste sent.  Daarna vergeet jy dat die fonds bestaan, tot dit die volgende betaaldatum is.  Skielik op ‘n dag gaan jy vir iets wat jy hoop die mediese fonds gaan betaal.  Half vererg doen jy die bybetaling, aangesien die honger wolf nie alles heeltemal dek nie.  Die diensverskaffer doen wat hy / sy moet doen en dit behoort die einde van die saak te wees.

Helaas!  Maande later, wanneer jy al vergeet het van die voorval, kry jy ‘n rekening.  Een wat jou vertel dat jy meer as 120 dae agterstallig is en vinnig ‘n plan moet maak.  Al is dit die eerste keer dat jy die vervlakste rekening sien.  Al staan hulle op hulle koppe en skree geld uit hulle agterente, kan jy mos nie alles los vir iets wat nie eers in die begroting was nie.  Nie so seer omdat jy wil nie, maar omdat dit moeite is.  Een wat gepaard gaan met ‘n massiewe pyn in die agterent.  Dit beteken dat jy moet gaan kopkrap wanneer jy in die onvoldoende bankure jou geld kan gaan weggooi.

Siende dat hulle maande lank gewag het om vir jou ‘n rekening te stuur, wil-wil mens aanvaar dat dit nie baie belangrik is nie.  Dit kan seker ‘n week of twee wag.  Nie volgens die dame wat jou begin verpes wanneer jy hulle gaan betaal nie.  Dit maak jou nie juis meer gretig om ‘n bank te gaan soek nie.  Tot jy eendag weer in jou goed krap en op die rooi rekening afkom.  Dan boonop besef dat die dame jou lanklaas gebel.

Die vinnigste wat jy tyd inruim vir die verbrande bank.  Wanneer die dametjie van die prokureurs jou bel om te vra wat is jou storie, is jy ewe onskuldig gegrief want jy het mos betaal.  En jy het die strokie wat dit kan bewys.

Fluit-fluit.  Die storie is uit!  Hoop ek.

Vir wat kan die Mediese Fonds nie vooraf vertel dat hulle ook nutteloos in die geval gaan wees.  Seker die dat al hoe meer dokters eis dat jy hulle ten volle moet betaal en dan van die Medies moet eis.  Ek wonder hoe lank vat dit die Medies om te reageer.

Watter tipe skuldeisers kry jou onder?  Kry jy soms sulke onaangename verrassings in die pos?

Breinvasbrand:  As jy iemand geld skuld, is hulle jou debiteur of krediteur?

Breinlosbrand:  Gerda  was reg met Fiela se kind

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

19 09 2011
MaanKind

dAARDIE BRIEFIES WAT ONS KLOKSLAG IN DIE POS KRY AS ONS ‘N SLAG DIE PAD GEVAT HET

Skuus vir die caps lock!

20 09 2011
J W W

Debiteure

Ek kry gelukkig nie juis sulke briefies nie, ek betaal al my rekeninge of met aftrek order, of internet bank.

Ek betaal ook GLAD nie enige rekenings wat iets te doen het met AARTO en Tshwane nie…. 👿

20 09 2011
Olga

koop is leke. Ai, betaal dan maar betyds. Ek hou nie van briefies nie. Die mediesefondse behoort verantwoordelik gehou te word vir alle mediese uitgawes, die bybetalings ook. Hul behoort die staatswetgewing wat die moerse bybetalings vereis, hand en tand te beveg. Wat gebeur as jy in hospitaal opgeneem moet word, maar jy het nie die r2 000 bybetaling nie? Die mediesefondse pocket seker jaarliks 2 derdes van ons bydraes.

20 09 2011
Olga

jww
deel asb jou tips om aarto te ignoreer. Ek kry pos van hulle. My tumi ry in gp rond met n kar wat op homer se naam is. Dan kry ons die boete. Sover is dit gelukkig geen ‘demerits’ nie en as ons voor n sekere tyd betaal, dan betaal ons net die helfte.

20 09 2011
Selene Phoenix

Ons werk op ‘n spaarplan met ons medies… weet nie hoekom dit ‘n spaarplan genoem word nie want jy kry nie kans om te spaar nie! Die laaste ruk was bietjie rof, en het ons spaarplan binne maande leeg getrek! So nou elke keer as ons dokter toe gaan is dit so R1000! 😯

Ek hou ook nie van die aarto liefdes briefies nie!

Olga – Vra Tumi om stadiger te ry… big brother is watching! Of hoekom gaan jol jy so laat in die aand… he he 😆

20 09 2011
Olga

selene, die boetes is in dagtyd. Seker baie haartig gewees om by die jol maatjies te kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: