Pappa wil onverdiend koning wees

18 09 2011

Ek wil vandag praat oor iets wat ek sommer Leeumannetjie sindroom noem.  Lyers verwys graag na hulle self as mans – of selfs die man onder manne – maar dit sal baie onregverdig wees om alle mans onder die kam te skeer.

Dit werk basies so.  Meneertjie kry dit wonder bo wonder reg om ‘n vrou te kry wat mal genoeg is om met hom te trou.  Om een of ander rede sukkel die tipe ook nie juis om ‘n nageslag te bou nie.  Dit is dan min of meer sy bydrae tot die huishouding.  Hy het sy deel gedoen en verwag nou dat die gesin hom moet aanbid vir die opofferings wat hy gemaak het.

Sou hy werk, is sy geld gewoonlik syne alleen en sal net aangewend word vir sy behoeftes, luukses en drange.  Hulle sal eers die drank vir die maand koop en dan kyk of daar miskien iets oorbly vir kruideniersware.  Hulle sit hulle monde net aan fillet, al sou dit beteken dat die res van die gesin net sien hoe lyk vleis – op sy bord.  Hy sal ‘n Coke huistoe bring en bewaar die een wat waag om daarvan te drink.  Sy klere word gereeld met nuwes aangevul en die gesin loop in vodde of dit wat iemand vir hulle kon spaar.

Pa sal verwag dat sy badwater vir hom ingetap word en sommer ook dat iemand hom bad.  Jy maak seker grappies as jy dink dat hy die bad sal skoonmaak as hy klaar is.  Wintertyd sal hy sorg dat hy warm genoeg is en te hel met die res.  Wanneer hy gaan slaap, sal die huis in donker en stilte gehul wees.  Daar sal op die TV gekyk word wat hy wil kyk, dit is mos immers sy TV.

Sy vrou sal nie waag om in sy kar se rigting te kyk nie.  Sy moet maar self sien kom klaar.  As sy ‘n kar nodig het, sal sy self sorg dat sy een kry.  Dalk deur skelm die lotto te wen, want gewoonlik mag sy nie werk nie.  Sy en die kinders is op sy genade afhanklik en hy het geen genade vir hulle nie.

Hy sal binne in die huis bly terwyl sy vrou in die bloedige son met ‘n baba op die heup die hek oop maak.  Hy sal TV kyk, wanneer daar iets swaars geskuif moet word.  Die kinders moet maar so gou as moontlik klaarmaak met skool, sodat hulle vir hom kan sorg.  Hy het hulle mos nie verniet gemaak nie.

En soos altyd leer die seuns pa se Elias houding en dogters die ma se Barta houding aan.  En gaan die lewe in met die idee dat dit is hoe dit moet wees.

Die houdings, van beide kante, sal my na drank dryf.  Dit is nie wat ek verstaan van ‘n gesonde gesinsverhouding nie.

Wat dink julle van sulke nerwe?   En wat is julle idee van ‘n gesonde gesinsverhouding?

Breinvasbrand:  In watter bekende Dalene Matthee is Elias en Bartha kern karakters?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “Circle of Brothers”

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

18 09 2011
Gerda. J

fiela se kind. n mens sou dink die leeu houding is saame met oupagrootjie se makkers graf toe. ek dink sulke vrouens verdien wat hulle kry. hulle dink mos die donkie houding meen hulle is GOEIE VROUENS. kots. spuug.

19 09 2011
Xena Phoenix

Selfs ‘n donkie kan jy nie dwing om iets teen hulle wil te doen nie.

18 09 2011
Olga

ai, kyk, ek moet eerder stilbly. Anders braak ek gal en dink jul ek skinder van homer. (ek het hom mos al wakker gekry.)

19 09 2011
Xena Phoenix

😆 Olga met ‘n toebek

19 09 2011
Bileam se Donkie

Jong, ek sal weer dadelik na my eie optrede in die huis moet gaan kyk… voor ek ook die leeuloop moet doen…

19 09 2011
toortsie

Jy moet oppas! Leeus vreet donkies! 😉

19 09 2011
Xena Phoenix

Dit is goed om die hand in eie boesem te slaan, maar ek dink darem nie jy is ‘n leeumannetjie nie.

19 09 2011
toortsie

Ek glo dat die man ge-eer wil wees. Soos jy dit hierbo beskryf, is dit sekerlik in baie huishoudings, maar gelukkig nie in almal nie. Dis jammer dat dit nog so is in so baie huise.
Maar dat die man ge-eer wil wees, dit is waar. Vroue wil liefgehê word. En sy sal eer en eer en eer, in die HOOP dat sy eendag liefde sal kry…

19 09 2011
Xena Phoenix

Ek dink daar is ‘n wesenlike verskil tussen “vereisde slawerny” en eer. ‘n Man wat sy deel en meer met liefde vir sy gesin doen, sal vanselfsprekend geëer word. Hy sal op sy beurt ook sy gesin eer. Dit is seker ‘n klassieke geval van respek verdien respek.

19 09 2011
Gerda. J

ek weet darem nie van die eer en eer en eer nie. dis tog wederkerig? en n man wie geen eie eer het nie, sal nie eer of respek ken nie. dit sal nie saak maak hoeveelteer hy kry nie. kan hy eer verwag as hy in n koets ry en sy vrou en kinders moet loop? kan hy eer verwag as hy opgetoi deur die lewe gaan maar sy vrou en kinders loop im vodde? kan hy eer en respek kry as hy in die kroeg suip en in restaurante vreet terwyl almal weet sy vrou en kinders moet maar eet wat daar is? a nee a. sulke mans verdien om geminag te word. tog plaas sy vrou hom op n voetstuk. arme sy. arme kinders. patetiese. gewoonlik behandel almal anders so gesin met n tikkie spot.man wie geen eie eer het nie, sal nie eer of respek ken nie. dit sal nie saak maak hoeveelteer hy kry nie. kan hy eer verwag as hy in n koets ry en sy vrou en kinders moet loop? kan hy eer verwag as hy opgetoi deur die lewe gaan maar sy vrou en kinders loop im vodde? kan hy eer en respek kry as hy in die kroeg suip en in restaurante vreet terwyl almal weet sy vrou en kinders moet maar eet wat daar is? a nee a. sulke mans verdien om geminag te word. tog plaas sy vrou hom op n voetstuk. arme sy. arme kinders. patetiese. gewoonlik behandel almal anders so gesin met n tikkie spot.

19 09 2011
demoerin

Ek dink ek ken eerlikwaar nie een so ‘n Leeumannetjie nie. Maar ek het al van sulkes gehoor, en dis waar wat jy sê – dit word net deur voorbeeld oorgedra na die volgende geslag.

19 09 2011
Xena Phoenix

Weet jy, die voorbeelde wat ek genoem het, is gevalle wat ek al gesien het.

19 09 2011
Olga

ek het ook al sulke mense teegekom. Hul is nogal meer algemeen as wat jy dink.

19 09 2011
Charms

Dis skokkend maar ja, daai mentaliteit bestaan nog. In ons huis werk ons almal ewe hard, speel ewe hard en eet ewe hard – soos dit hoort.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: