Kaalvoet het geen vergelyking

17 09 2011

Ek is een van daardie mense wat in die somer my skoene sommer by die deur uitskop.  Ek was ook al skuldig daaraan dat ek kaalvoet by ‘n winkel ingehol het.  Skoene is beslis nie een van my passies nie.  En ek is nie alleen nie.

Ek lees nou net van ADIDAS wat ‘n nuwe kaalvoet skoen bekend gestel.  Dit is blykbaar die kleinste deel van hulle mark – vir nou.  Dit is ook die mark wat die vinnigste groei.  Blykbaar gee die skoene jou die gevoel om kaalvoet te wees, maar dit het die vastrap voordeel van ‘n sool.  En blykbaar dink net ek dat dit ‘n pot snot is.  Toegegee, dit is glo vir diegene wat verkies om kaalvoet te oefen.  Dit sluit my  natuurlik nie in nie.

Ons was op laerskool aangemoedig om soveel as moontlik kaalvoet te loop.  Tog word daar op een of ander tyd van jou verwag om ordentlik te wees.  Ordentlik is om een of ander rede sinoniem met skoene.  Selfs strippers hou mos hulle skoene aan.  Ek voel nogtans dat daar ‘n tyd is waar skoene oorbodig is.  Soos op die strand of op ‘n grasperk, veral as die laasgenoemde nat is.  Ek gaan beslis ook nie my slippertjies gryp as ek in die somer in my huis rondloop nie.

Na al die jare dink ek nogsteeds dat dit ‘n goeie idee sal wees om ‘n kaalvoetdag te vier.  Een dag waarop jy kaalvoete mag, kan en moet wees ter wille van kinders.  Kinderwelsyn, kindergeluk,  kindergesondheid en sommer maar net kinderhoop.

Hoe voel jy oor kaalvoete?  In die openbaar?

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

17 09 2011
MaanKind

Ek GRIL! Ek loop net op seesand kaalvoet. Ek sal badkamer toe kaalvoet loop, maar dis al. Al is my vloere hoe skoon, loop ek nie kaalvoet in die huis nie.
Daar was mos laasjaar so Kaalvoetdag?

17 09 2011
Gerda. J

ek luv kaalvoet loop.

18 09 2011
Olga

ek doen nie kaalvoet nie. Gril vir sand tussen my tone. Ek loop nie eers kaalvoet toilet toe in die middel van die nag nie.

18 09 2011
JWW

Wel, in die somer as ek by de huis kom na werk, en ek gaan nie meer iewers heen nie, skop ek vinnig my skoene uit…..

18 09 2011
klippie

O, hoe verlang ek na die dae toe ek nog kaalvoet kon loop, wat ek selfs tot so tien jaar terug gedoen het. Maar ek het ‘n voetoperasie gehad en nou is my voet so plat dit suig aan die badkamerteels vas. Nou kan ek nie eens meer badkamer toe sonder skoene nie.

18 09 2011
toortsie

Derde poging. Mal daaroor, alhoewel ek deesdae meer skoene dra. Maar as ek skoene MOET dra, steur ek my nie aan hoe mooi hulle is nie, maar hoe LEKKER hulle is.

18 09 2011
Son

As ek nooit hoef skoene te dra nie, sal dit te gou wees!

19 09 2011
Twilight

Ek hou van kaalvoet loop! As die dorp se strate skoner en glasstukvry was, sou ek selfs dorptoe skoenloos gegaan het. My pa vermaan my nog gedurig om skoene aan te trek wanneer ek by hulle kuier, veral in die winter. My ma vra of my voete nie koud kry nie. Hulle doen nie. My man bly stil, want hy weet niemand sal my bekeer tot skoene nie.

22 09 2011
Charms

Ek gril my morsdood vir kaalvoet loop. Ek sal nog kaalvoet loop op die strand maar enige ander plek het ek maar skoene aan. By die huis loop ek natuurlik met my slippers 😯

25 12 2011
Hugo

Ek is mal oor kaalvoet wees, laat my nader aan die natuur voel. Dis ook gesond, help met bloed sirkulasie. In die somer is my skoene en hemp die eerste wat ek uittrek waar ek kan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: