Die K-Woord

15 09 2011

As jy dink dat die K-woord 3 letters het, dink jy heeltemal aan die verkeerde woord en betekenis.  Die spesifieke woord het 6 letters en word in die woordeboek verklaar as:  “Benaming vir ‘n swart persoon, as skeldwoord ervaar en ten alle koste te vermy.”  Nogal ‘n netjiese opsomming.

Die afgelope twee weke gons dit in die land nadat ‘n redelik bekende aanbieder dit tydens ‘n spanbou sessie verskeie kere aan iemand toegesnou het.  Ek het in die verlede dikwels na die aanbieder as Just Plain Drol verwys.  Dit behoort ‘n aanduiding te wees wat ek van hom dink.  Tog kan ek net in verstomming kyk wat die dronkgat bakleiery tot gevolg het.

As jy dom is, moet jy wragtig sukkel.  Ek meen, vandat Nelson Mandela in 1994 die woord (onder andere) taboe verklaar het, weet almal mos dat dit moeilikheid soek is.  Jy gebruik nie eers die woord in jou gedagtes nie.  As kinders was ons dan al reeds geleer om nie die woord te gebruik nie.  Hoeveel te meer as jy ‘n openbare persoonlikheid is.  Ek twyfel nie dat Scott die K-woord taamlik gereeld buite die opvang van swart ore gebruik nie.  Drank en woede alleen delwe nie ou vergete woorde op nie – dit gebruik gewoonlik die woorde wat tuis op die tong voel.

Dit is vir my baie ironies dat Scott Africa Tshoaedi eerstens vertel het om te f-woord off.  Dit is na my nederige mening baie meer aanstootlik as die K-woord.  Geen haan kraai egter daaraan nie.  Maar die K-woord, blykbaar ‘n hele paar keer gebruik, het die hel behoorlik aan die brand gesteek.

Ek kan verstaan dat daar aksie teen hom geneem mos geword het.  Was dit egter nou regtig nodig dat hy nie net sy werk by die radiostasie kwyt is nie, maar ook sy werk as sport aanbieder by ‘n heeltemal ander maatskappy.  Iets wat seker ‘n privaat saak moes gewees het, het nou basies sy hele lewe opgemors.

In ‘n soortgelyke geval, was Scott tydelik geskors en was hy ‘n boete opgelê.  Wat seker wys dat daar die keer meer drastiese stappe nodig was, aangesien hy nie sy les geleer het nie.  Wat is die gepaste straf vir ‘n rassistiese opmerking?  Sou die slagoffer ‘n strafregtelike saak teen Scott gemaak het, wat sou sy straf dan gewees het?  ‘n Paar dae in die tronk en/of ‘n boete?

As die skoen aan die ander voet was, sou Tshoaedi vir Scott ‘n Dutchman, Boer, Whitey of selfs Baas (wat saam met die k-woord taboe verklaar is) genoem het, wat sou dan gebeur het.  Daar sou van Scott verwag geword het om dit af te lag en daarvan te vergeet.  Dit blyk dikwels dat rassisme teenoor swartes swaarder weeg as ander rassismes.

As ons toegee dat swartes kwaai onder rassisme gely het, wonder mens hoekom hulle nie ander rasse die lyding wil spaar nie.  Vernederende grappe teenoor Chinese word nie aangespreek nie.  Ek was al in ‘n vergadering met hoë regerings amptenare waar daar nie geskroom was om die ander k-woord en die groep se geloof mee te spot nie.

As jy kan uitdeel, moet jy mos kan ontvang ook.  Ek dink die hele insident is uit verhouding geruk.  Die straf oorskry die oortreding.  Dit is nou nie asof hy iemand op grond van klaar aangerand, verkrag of vernietig het nie.

Wat dink julle daarvan?

Breinvasbrand:  Wat beteken die Ku Klux Klan se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met William Sturgeon.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

15 09 2011
MaanKind

Reg
Joke
Bees

15 09 2011
Olga

Tweede!
Band van broers. (sircle of brothers)
Sover dit die Darren Scott debakel betref, is ek in die eerste plek nie ‘n bewonderaar van hom nie. Die man is ghiff. Maar, genoeg is genoeg. Demmit hoe ver wil die belaglikheid nog gaan? Die k woord is net ‘n woord. Die B (oer) woord is net n woord. Ewe onvleiend. Hoekom is die een verban die ander toelaatbaar? Stront man. As hy (scott) die man gevloek het, sou hy dalk ‘n boete gekry het, 10 teen 1 sou dit ‘n saak gewees het wat nooit op die hofrol sou kom nie. As die snuiter skiet die boer tot ‘n tradisionele struggle (kots) lied wil en sal laat verklaar, hoekom op die gesig vn die aarde kan die k woord nie behoue bly nie? Dit is ook deel van NIE SWARTES se kultuur en tradisie om die woord te gebruik. Ek hoop Scott gaan hom ook op die grondwet beroep en vergoeding eis van su werkgewers wie hom geskors en ontslaan het. Tit for tat and butter for fat.

15 09 2011
Olga

Tweede!
Band van broers. (circle of brothers)
Sover dit die Darren Scott debakel betref, is ek in die eerste plek nie ‘n bewonderaar van hom nie. Die man is ghiff. Maar, genoeg is genoeg. Demmit hoe ver wil die belaglikheid nog gaan? Die k woord is net ‘n woord. Die B (oer) woord is net n woord. Ewe onvleiend. Hoekom is die een verban die ander toelaatbaar? Stront man. As hy (scott) die man gevloek het, sou hy dalk ‘n boete gekry het, 10 teen 1 sou dit ‘n saak gewees het wat nooit op die hofrol sou kom nie. As die snuiter skiet die boer tot ‘n tradisionele struggle (kots) lied wil en sal laat verklaar, hoekom op die gesig vn die aarde kan die k woord nie behoue bly nie? Dit is ook deel van NIE SWARTES se kultuur en tradisie om die woord te gebruik. Ek hoop Scott gaan hom ook op die grondwet beroep en vergoeding eis van su werkgewers wie hom geskors en ontslaan het. Tit for tat and butter for fat.

16 09 2011
demoerin

Storm in ‘n freaking teekoppie. As almal wat al ooit in dronkenskap iets verkeerd gesê het gefire is – dan was nog 25% van die land werkloos. Ek dink daar was heeltemal oorreageer. Dis nie asof hy op die radio, of TV die k woord aan die wêreld uitbasuin het nie.
Maar net nog ‘n voorbeeld van Jakaranda en Supersport se jannie-jammergat houding teenoor die swart bevolking…ruggraadloos. Die etimologie van daai woord kom al honderde jare terug uit die Arabiese lande uit…so weereens is dit maar net dat iemand, eendag besluit het daai woord is skielik ‘n no-no. Dis nie asof die woord eendag skielik deur Verwoerd uitgedink is as ‘n neerhalende term vir swartes nie.
Dis ‘n wonder dat die SA regering nie die Arabiese lande sue vir die uitdink van die woord nie.

16 09 2011
jagternw1976

My presiese punt: Jammergatgeit.

16 09 2011
Gerda. J

n groot ophef oor niks. swartes gebruik die woord in elk geval baie meer as ons.

16 09 2011
J W W

Wel, mens kan nie ‘n olifant ‘n bees maak deur hom ‘n bees te noem nie, hy bly ‘n olifant, en as mens rerg die REGTE definisie van rasis gaan opsoek, sal jy sien daar is nie so iets nie.

Kyk ek is nie ‘n rasis nie, ek haat net barbaarse mense wat probeer voorgee hulle is ook net soos ek – ga !!!!

16 09 2011
jagternw1976

As jy die storie lees rondom die gebeure kan ek verstaan dat Darren Scot al goed gatvol was vir die platneus. (Let op, ek gebruik nie die “K” woord nie).
Die donner skuld hom al lank geld, leen en “spunge” oralste. Dit is seker wat by die kroeg SOU gebeur het. Ta kom sit en verwag die ander gaan betaal vir sy drank. Ek sou beslis my moer gestrip het. Tien teen een gesels hy ‘n pot stront ook. Elkeen van ons het ‘n limiet vir geduld. Darren het daai limiet bereik.

16 09 2011
Olga

fluister*
(ek begin wragtig jww se taal verstaan)

16 09 2011
Charms

Dis ‘n totale private saak wat heeltemal hand uit geruk het. Dit ruineer nou sy hele loopbaan en hoekom??? – net omdat hulle KAN.

16 09 2011
jagternw1976

Dalk omdat hulle regte kaffers is ?

19 09 2011
Twilight

As ‘n benaming iemand anders seermaak behoort dit nie gebruik te word nie. En om dronk te wees is en was nog nooit enige verskoning nie. Hoe regverdig die toepassing van strawwe teen diegene is wat hulle skuldig maak aan rassistiese benamings – en ja, alle kleurgroepe in die land maak hulle skuldig daaraan – is ‘n ope vraag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: