Noue Ontkomming

14 09 2011

Mens sien dit so dikwels in films.  Noudat ek daaraan dink, dit is presies waarvan spanning rolprente gemaak word.  Die mense ontsnap mos altyd wanneer dit net enkele sekondes oor is voordat die bom ontplof.  Hulle is gewoonlik net buite tref aksie wanneer die vuurbol die skoot agter hulle vul.  Of daar word ‘n hele magasyn op iemand afgevuur sonder dat een die teiken tref.  Dink ook maar aan tekenprente waar die karakter net-net betyds uit die pad van ‘n vallende klavier gaan beweeg. 

Dit is egter nie net iets wat in fiksie gebeur nie.  Wel, dalk nou nie met soveel drama nie, maar noue ontkommings gebeur met gewone en ongewone mense ook.  Daardie oomblik wat jy half ongelooflik lag met ‘n “Sjoe, dit was close.”  Dit is nou natuurlik as jy nog instaat is om te lag.  Dit is soms eers jare later wat die waarde van die voorval in ‘n goeie storie uitkom.  Een waar feite nie alles bederf nie. 

My knieë is die bewyse van presies hoe lomp ek is.  Ek het al ‘n paar keer gesien presies hoe hard ek op my gesig gaan val, net om op die laaste sekonde my balans te herwin.  Daar is ook ‘n rede hoekom ek verkies om my goed klaar opgesny te koop.  Ek het net al te veel kere iets probeer opkerf, net om oomblikke later te besef my vinger was so ampertjies deel van die dis.  Dit gebeur te veel kere om die moeite te doen om daaroor huis toe te skryf. 

Daar was die paar nou ontkommings wat sommer as ‘n goeie skoot blondheid kan deur gaan.  Daar was beslis ‘n rede hoekom my blonde steep nog van tyd tot tyd verskyn.  Letterlik.  So het ek eendag vinnig ‘n skelm sluk uit die 2 liter Coke Bottel gegaps.  Groot was my ontnugtering toe die Coke olierig gebeur.  Dit was toe al die pad ‘n mondvol remolie. 

‘n Ander keer het ek die een onderwyser gehelp om haar katte te vang.  Toevallig het ek die befoeterde kat gekry, wat glad nie lus was om saam te speel nie.  Ek moes hom vashou terwyl sy baas met die mandjie sukkel.  Daar sak sy kop en ek trek net betyds my hand weg.  Ek het die tande teen my vel voel krap.  Het nie merkie gehad nie, maar dit was beslis meer geluk as wysheid.

Die onvergeetlikste was seker my elektromagneet.  Ek sal oor die algemeen die teorie aanvaar en selfs weergee, maar sal dit oor die algemeen self wil beproef voor ek dit glo.  So leer ons toe mos van elektromagnete.  Maklik – in teorie.  Jy draai koperdraad om ‘n staal spyker, verbind dit aan ‘n battery en jy het ‘n magneet.  So maklik soos val uit die boom. 

Wat maak dit saak dat ek nie ‘n spyker of ‘n battery het nie?  Ek het die koperdraad en kan uit die boks dink.  Ek haal toe netjies die die omhulsel af en draai dit met mening om ‘n teelepel.  Die elektromagneet ken mos nie die verskil tussen ‘n spyker en ‘n lepel nie.  Die punte van die draad pas mos netjies in die driepuntprop in en ek is reg om dit te toets. 

My ma dring daarop aan dat ek eerder ‘n verlengingskoord gebruik.  Gehoorsaam wat ek is, luister ek ook.  Toe ek egter my magneet inprop, toe hoor ek net die kraak.  Ek pluk my hand weg soos die magneet vuurspoeg. Daar skop die krag uit en is die drama verby.  Ek het ‘n swart merk tot by my elmboog, maar het nie gebrand of geskok nie.  Die arme teelepel het dit egter nie gemaak nie.  Ek mag natuurlik nie weer ‘n elektromagneet gemaak het nie, net omdat ek ‘n klein tegniese detail vergeet het.

Watter noue ontkommings het jy al gehad?  Wat is jou gunsteling fiktiewe noue ontkoming?

Breinlosbrand:  Wie het in 1824 die eerste elektromagneet uitgevind?

Breinvasbrand:  Olga was reg met steatopygia.


Aksies

Information

16 responses

14 09 2011
MaanKind

Ek kan wragtag aan niks dink nie. Dalk droom ek van een vannag.

15 09 2011
Xena Phoenix

Genugtig tannie Maan! 😉

Jy droom nie, jy het nie noue ontkommings gehad nie . . . Is jy darem van vlees en bloed? :mrgreen:

Ek is dalk ‘n wandelende geval van: “Fools rush in where Angels fear to tread

15 09 2011
MaanKind

Ek het toe aan een gedink. My kind het ophou asemhaal, en dit sou ‘n cot death wees, Sy was al blou in haar gesiggie, sy het in haar karstoeltjie langs my gesit. Ek kon haar gryp en in haar gesiggie blaas toe snak sy so, en begin weer asemhaal. Sy het al dood gelyk, en slap. Dis die ergste angs, en toe was dit OK.

15 09 2011
Xena Phoenix

Oi!! Ek noem dit sommer te close for comfort. Ek sou jou nie blameer het as jy dit vergeet het nie.

14 09 2011
Olga

Tweede!!!!!
William Sturgeon????
Die nouste noue ontkoming wat ek al gehad het, was toe ek my portugese kerel se hoek losgewikkel gekry het desjare.
Fiktiewe een wat ek gehad het? In ‘n boek of in ‘n fliek?

15 09 2011
Xena Phoenix

Vertel so ‘n bietjie van die Porra se hoek?

Ek het eintlik bedoel ‘n fiktiewe noue ontkoming (boek, fliek, storie) wat jy al gesien het en die beste onthou.

15 09 2011
Gerda. J

ene wat my by gebly het, was n boek. ek kan nie die naam onthou nie. die ou is n akteur hy het in die kar gesit in die woestyn. sy hande om die stuurwiel geboei. dae lank. met niks kos of water. die vensters van die kar was toe. hy het dou van die ruit afgelek. gaan oor n hele twee hoofstuke. toe kom iemand van die filmspan toevallig op die petalje af en red hom.

15 09 2011
Xena Phoenix

Ek sou die stuurwiel begin eet het, ek sweer. Of baie soepel geraak het.

15 09 2011
demoerin

Die eerste een waaraan ek kan dink is die Speed busrit.

Ek tog elektriese skokke en dinge is iets alledaags vir alle mense? Nou hoor ek dit is noue ontkomings… 😆 Ek het al alles gehad van shower in stort waar elektriese drade iewers in die muur aan die pype geraak het en die krane geelektrifiseer het tot ja…die immergewilde (lyk dit my) homemade elektromagneet 😆

Ek hou egter van eksperimente, en was enige wetenskap onderwyser se nagmerrie leerling. En toe beland ek en Chrisna toe nou een jaar in ons eie groep vir eksperimente, omdat ons laat was vir klas… eish, die feit dat ons oorleef het en nie die skool afgebrand het nie 😆 Kyk, as daai eksperiment sê 5ml, dan convert ons dit na ten minste 10ml sodat ons die effek beter kon waarneem… ons moes permanent nuwe lappies bring vir skoonmaak, want gewoonlik na die eksperimente, as jy die lappie so oor die tafel gevee het, het hy gedisintegreer..bwahahaha, dit was pret. Ek onthou ook stukke goed wat teen die dak vasgesit het van ontploffings en so aan, brandmerke op die tafels… Die volgende jaar was ons in groepe aan die teenoorgestelde kant van die klas ingedeel. So ja, ek kan dan seker sê my hele St9 jaar was een groot noue ontkoming.

15 09 2011
Xena Phoenix

DMI 😯

Ons is eende uit dieselfde dam! Behalwe dat ek glad nie beseer was met my elektromagneet nie. 😉

15 09 2011
Selene Phoenix

Hello julle!

Beste noue ontkoming was ‘n video clip wat ek gesien het, hoe ‘n ou ‘n trein net net mis! Sal moet kyk of ek dit nie dalk nog iewers het nie. Of een van 4×4 waar die bakkie bo-oor iemand rol en hy net net uitkom! Sal kyk of ek daai een ook kry.

My stupid fout destyds wat toe ek gesit en papier brand het om die kante (om dit mos so ou effek te gee) Ek het die een wat geflop het in die asblik gegooi, en die ding vat toe vlam! Ek is toe baie slim en gryp ‘n botteltjie spuitgoed!! Nooit weer nie… het na die tyd al wat ‘n bottel goed se labeltjie mooi gaan lees!

15 09 2011
Xena Phoenix

Tweeling!!!! 😯

Wel, ten minste het jy ‘n goeie storie.

15 09 2011
Olga

selene, 😆 😆 😆 grieters, toe ek die groentegedoente ja se om te kys, toe hoor die perd klokkies wat die troumars insluit. Ari gedori. Volgende toe begin sy ma my mates neem en hoor ek van mites en tradisies opi vasteland. Het ek moeite gehad om van die knapie ontslae te raak?

15 09 2011
Xena Phoenix

LOL!!!!!

Olga die groente smous.

15 09 2011
Olga

Een noue ontkoming wat my lank gespook het ,was in ‘n Jack Higgins boek. Spul “navy seals” wat ‘n oefenlopie gehad het in die woestyn. Toe het die een man in ‘n ondergrondse tonnel gekruip. Toe ry daar ‘n militêre voertuig (ek onthou nie meer watter een nie) oor die grond en die tonnel val in op hom.

15 09 2011
Olga

Jy moenie lag nie. Die knaap wou nie “NEE” vir ‘n antwoord neem nie. Ari gedori. 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: