Saartjie

13 09 2011

In Suid-Afrika het ons ons deel van kleurvolle karakters gehad.  Karakters wat die verbeelding aangegryp het en wat na dekades en selfs eeue nie vergete is nie.  Wat kan daar gesê word van ‘n jong vrou wat deur die wêreld misbruik en verneder is?  Seker nie veel nie, dit gebeur vandag nog sonder dat iemand ‘n snars omgee.  Dit is basies wat met Saartjie Baartman gebeur het en ek dink elke Suid-Afrikaners is deeglik bewus van haar bestaan.

Saartjie is vermoedelik in 1789 in as deel van die Griekwa staam aan die Oos-Kaap gebore.  Haar familie het toe sy ‘n kind was Kaapstad se kant toe getrek waar hulle arbeiders op ‘n plaas was.  Dit is waar sy William Dunlop ontmoet het as ‘n 20 jarige nie.

Julle weet seker almal dat Saartjie nogal geseën was met stêrre wat nogal baie agterbaks was.  Sy het boonop ook buitengewone groot  . . . e . . .  lippe (labia) gehad.  Dunlop het haar oortuig om saam met hom te gaan, waar sy gebruik sal word om Wetenskap te bevorder en waar hulle saam skatryk sou word.  Soos baie ander vroue het sy soos ‘n klip vir die stories geval.

Die navorsing wat gedoen kon word, was redelik vinnig afgehandel.  Saartjie is toe – soos baie ander mense met afwykings in die tyd – op ‘n verhoog aan die betalende publiek ten toon gestel.  Haar oppasser sou haar kaal op die verhoog lei en haar dan laat optree soos ‘n goed afgerigte dier.  Sy moes sit, dans, spring en dans soos hy haar voorgesê het.  Saartjie was veronderstel om 50% van die winste te kry, maar dit het natuurlik nie so uitgewerk nie.

Na 4 jaar is sy na Parys, waar daar daar wel ‘n paar artikels oor haar buitegewone voorkoms geskryf is.  Die fokus van die artikels was van hoeveel beter Europeërs as die res van die wêreld is.  Saartjie het in Frankryk deel van die sirkus geraak, waar sy weereens soos ‘n dier ten toon gestel is.  Sy was ook die inspirasie vir ‘n opera getiteld:  “The Hottentot Venus”.

Op 1 Januarie 1816 is sy vermoedelik aan longontsteking dood.  As ek nou so vinnig uitwerk, lyk dit amper of sy die stigterslid van die tragiese Klub 27 kon wees.  Sy was ten tye van haar dood ‘n alkoholistiese prostituut – nie dat enige redelike mens haar daarvoor kan verkwalik nie.  Daar was self nie eers in die dood vir haar waardigheid nie, sy is binne 24 uur opgekerf en haar geslagsdele en brein is geperserveer.

In 1994 het Suid-Afrika begin met die proses om haar oorskot terug te bring na haar geboortegrond.  Daar moes in Frankryk inderwaarheid aan wetgewing gekarring word om dit moontlik te maak.  Baie mooi bewoord, sodat dit net op haar van toepassing kan wees.  Sy het in Maart 2002 weer in Suid-Afrika gekom en is op 9 Augustus dieselfde jaar tot ruste gelê.

Eintlik ‘n baie hartseer storie en ‘n baie tragiese figuur.  Daar kan dalk gesê word dat die mense destyds nie van beter geweet het nie.  Ons kan egter nie vandag agter daardie verskoning skuil nie.  Daar word vandag nog skandalig opgetree teenoor mense wat anders as die verwagte is.  Dalk is dit weereens die vrees vir die onbekende of dalk net ‘n manier om eie waarde te verhef.

Sal “anderste” mense ooit netso aanvaar word, al voldoen hulle nie aan die samelewing se standaarde nie?

Breinvasbrand:  Wat word die toestand van ‘n abnormale groot vetlaag op die boude, soos wat met Saartjie die geval was, genoem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met LM Radio.


Aksies

Information

7 responses

14 09 2011
Olga

Eerste!!!!
steatopygia???
Dalk gaan ek nou raas kry. Maar dis ok. ek is dit mos gewoond. Die Saartjie mens het willens en wetens saam gegaan om ryk te word. Haar hebsug is te blameer vir wat met haar gebeur het. Ek staan daarby.

14 09 2011
MaanKind

Olga, ek stem, dit was baie duidelik in ‘n boek wat ek gelees het. Sy was geen ‘slagoffer’ soos dit nou uitgemaak word vir PP nie (politieke punte) En sy het die ouens ‘n hengse harde tyd gegee, sy was blykbaar baie greedy, en niks was goed genoeg nie.
Volgens die boek wat ek gelees het is sy aan ‘n geslagsiekte dood (onthou sy was ‘n prostituut) en haar geslagsdele is wel ‘opgekerf’ maar om te ontleed.

14 09 2011
Xena Phoenix

Ek weet darem nie of dit op blote hebsug neerkom nie. Elke mens het seker die reg om hulle omstandighede te probeer verbeter. Baie mense gaan soek hulle heil saam met ander en dit werk dikwels goed uit.

Baie mense word die hemel belowe en kry dan hel. Ek dink nou aan die ou mense wat hulle pensioen in piramide skemas verloor. Meisies wat dink hulle gaan au pair en dan gedwing word in prostitusie. Mense wat dink hulle gaan werk om hulle gesinne te voer en dan slawe van gemaak word.

14 09 2011
demoerin

Ek glo nie dit sit in elke vrou se broek om bekendheid te wil verwerf oor jou groot stêrre nie. Dis jammer dat sy daarvoor geval het, en dis jammer dat sy misbruik was. Maar dis geskiedenis. Dis jammer ons regering doen nie dieselfde moeite met sulke optredes teen “anderse” mense vandag, as wat hulle gedoen het om Saartjie se oorskot terug te bring Suid-Afrika toe nie.

14 09 2011
Olga

dmi, dan mag hul dalk n witmens bevoordeel.

14 09 2011
Gerda. J

wil jy my nou se die groot ophef wat die s.a media oor saartjie se begrafnis gemaak het was oor haar brein en geslagsdele?

14 09 2011
JWW

Ancient geskiedenis…

En ons weet hoe akuraat mense soms geskiedenis sktyf, om sensasie te soek. . .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: