Drie van Drië

13 09 2011

Tannie Gypsy het met ‘n ding begin . . .

Die vraag is as daar ‘n genie kom en hy gee jou drie van drie – wat jy net vir jouself kan aanwend sonder enige poging om verantwoordelik te wees – wat gaan jy kies.  Dit is amper soos 3 wense, elk met ‘n subwens.

1.  Ek wil die goed wat ek soms op TV sien wat my fassineer (onthou ek is 12) gaan probeer

  • Wanneer ek sien hoe mense met bedreigde spesies inaksies het, wil ek dit altyd ook doen.  Ek dink nou byvoorbeeld aan ysbere gaan soek in die Noordpool, met oerang oetangs gaan speel in Indonesië  of Gorillas in die middel van Afrika met die hand te groet.
  • Ek wil ongewone en vreemde sport / aktiwiteite wat mense doen, self gaan leer.  Ek praat nou van leer om met ‘n swaard te baklei of om met daardie snaakse knuppels te baklei.  Die goed wat elke Jan Rap en sy maat nie kan doen nie.
  • Ek wil deur tyd reis om myself te vergewis wat in die geskiedenis gebeur het.
2.  ‘n Groter Habitat en die ideale geleenthede om dit te gebruik
  • Ek soek ‘n huisie iewers langs ‘n mooi stukkie kus waar daar min ander mense is.
  • Ek soek ‘n boomhuis wat ek as ‘n studeerkamer kan inrig.  Ek dink  boeke, rekenaar, internet, elektrisiteit gemaklike sitplek en ‘n geen toegang bordjie.
  • Ek soek ‘n kasteel in die middel van ‘n woud.
3.  Super Powers om myself mee te vermaak
  • Ek wil mense se gedagtes kan lees om presies te weet wat in hulle koppe aangaan.
  • Ek wil met ‘n blote gedagte kan reis na waar ek wil wees.
  • En ek dink nogal ek sal daarvan hou om onsigbaar te wees.  Om mense te kan dophou sonder dat hulle dit weet.
Ek beter na Son se Tequila bottel gaan soek voordat sy al die wense opgebruik.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

13 09 2011
MaanKind

Ek probeer dink aan goed wat ek nie het nie wat ek wil hê of doen. Sorry to say, maar ek is seker vrek boring, maar ek wil niks anders doen as wat ek doen nie. Dalk net nog meer reis. Maar ek is tans aan die beplan vir ‘n oorsese reis, so ek doen dit ook en tel dit nie.

Nee man, ek like my lewe nes hy is.

13 09 2011
Olga

Wense?
Ek het gedag dis net vir eensame mense. Ek wil ook in tyd kan terug reis. Wil al die geldjies wat ek nou oor beskik gaan vas belê teen die hoogste rente in my geboorte jaar.

Wil dan terug na die vroee ’90’s en vir F. W. ‘n woordtjie of tien in die oor gaan fluister. Dalk sommer terug gaan na John Vorster en hom ‘n mond vol woorde gaan vertel.

Ag, as elke wens mmar waar kan word dan sal ek heelnag sit en fantaseer.

14 09 2011
Wat’s in my ketel??? « Toortsie se Blog

[…] om water te kook, kom ek op iets onverwags af. ‘n DJIN!! Dit moet dieselfde genie wees wat by Die Merrie en by Son ook rondgedwaal het!! Eintlik was hy heel eerste by Son. En is hy vrygewig!!! Ek mag […]

14 09 2011
Son

Ooo, ek het vergeet – ek wil ook ‘n kloon van myself hê wat by my werk kan wees wanneer ek iewers anders wil wees 😆

15 09 2011
Ek wens … | Swartbelt vir diere

[…] aanleiding van Son, Herrie Merrie en Toortsie se blogs: ek wens meestal op verskietende sterre, en sal dus ‘n paar nagte moet […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: