Selfbewaring

12 09 2011

Dit is ‘n baie hartseer saak, maar veiligheid kan nie net vanselfsprekend aanvaar word nie.  Ek praat nou spesifiek van veiligheid wanneer jy maar net jou gewone gang gaan en niemand pla nie.  Niks wat die adrenalien sal laat bruis nie.

Met my vorige skrywe het ek nogal gewonder hoe mense hulleself beskerm.  Ons almal kwalifiseer nou nie vir lyfwagte op die belastingbetaler se onkostes nie.  Netso kan bittermin van ons ‘n persoonlike lyfwag bekostig.  Ons moet dus self die nodige stappe neem, na gelang van ons bedrywighede.

So is daar byvoorbeeld mense wat nooit ooit na donker op die strate is nie.  Saans 6 uur word die deure gesluit en dit bly gesluit tot die volgende oggend.  Hulle vermaak hulleself maar voor die TV, met die paniekknoppie in die hand net ingeval daar ongenooide besoekers kom.  Baie vroue het pepper sproei in hulle handsakke, party ry tot daarmee in hulle hande.  Ander mense stel weer hulle geliefdes in kennis van elke liewe beweging.  Ek sien nou die dag ‘n advertensie waar jou versekering jou elke halfuur kan bel om seker te maak dat jy veilig is.

Dit laat my so ‘n bietjie aan entevrees ly.  Ek is mos nie in die tronk nie, hoekom moet ek myself dan soos ‘n gevangene gedra?  Toegegee, ek het nog nooit van die houding gehou dat wat moet gebeur, moet gebeur nie.  Ek probeer dus wakker en paraat wees in my omgewing.  Ek parkeer waar dit helder verlig is, ek sluit my deure wanneer ek by die huis is en ek let op na mense in my onmiddelike omgewing.  Ek was geleer gewees om met my sleutels tussen my wys- en middelvinger te loop, dus is ek “gewapen”.

Wat doen jy om veilig te bly?


Aksies

Information

3 responses

12 09 2011
J W W

Ek het ‘n pellet geweer, ‘n paintball gun, ‘n gas aangedrewe BB pistool wat staal balletjes skiet, ‘n regte egte Zulu knuppel van Natal, ‘n polisie knuppel, ‘n shock stok wat se bateries alewig pap is… O dan gebruik ek ook my vuiste as dit moet, en ek kan klip gooi saam met die beste “youf league” supporter !!!

Ek is mos glad nie ‘n bang mens nie.

12 09 2011
Olga

ek het n peashooter, vir toughey en vir bessie, en ek isi bang om hul te gebruik nie. ( ook n groot kas om in weg te kruip. O, ja, en n vet kat wat ek op iemand kan gooi.

12 09 2011
MaanKind

Hier in ons dorp kan ek nog na donker alleen iewers heen stap.
*Gryp houttafel vas*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: