Bene oop of toe?

12 09 2011

Gareth Cliff het seker maar met verlede week se drama om ‘n ander omroeper ‘n bietjie afgeskeep gevoel.  Daar gaan sit hy sy voet stewig in sy mond en vandag is daar ‘n klag van seksisme teen hom by die uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika.  Seksisme is veronderstel om net so ‘n taboe as rassisme te wees.  Ek spekuleer nou, maar ek dink Cliff glimlag van oor tot oor dat hy weer kon wys dat hy omstrede is.

Nie dat ek eintlik oor poepholle agter mikrofone en voor TV kameras wil praat nie.  Hulle mag dalk geëerd voel en nog voller van hulle eie arrogansie raak.  Die gewraakte woorde – dalk as ‘n kompliment teenoor ‘n 22 jarige vigs aktivis bedoel – is wat my grysstof aan die werk gekry het:  “Meisies van 22 doen gewoonlik niks as om op hul rûe te lê met hul bene oop nie”.

Ek is nie juis veel gepla oor seksisme (veral nie van Cliff af nie) of die uitsaaiklagtekommissie nie.  Ek dink wel dat die uitspraak beledigend is.  Tog as ek na mense se menings daarvan kyk, blyk dit dat die meerderheid hom die siening eens is.  Ook nie juis ‘n verrassing nie.  Mense is nogal geneig om die slegste van jong mense te dink, mits dit nou hulle eie kinders uitsluit.

Mense neem dus aan dat 22 jarige meisies – en vermoedelik mans ook – is seks maniakte.  Almal weet waarvan aannames die moeder van is, juis omdat dit dikwels sonder gronde gemaak word.  Ek wonder dus vandag of Cliff ‘n geldige aanname gemaak het?

Niemand kan seker betwis dat daar 22 jariges (of jonger) is wat wel seks nou en dan het nie.  Is dit egter die begin en einde van hulle belangstellings?  Daar is 22 jariges wat nog swot.  Ander van hulle is besig om hulle loopbane te bou en sal jou vinnig vertel dat hulle nie tyd vir ‘n verhouding het nie.  Daar is van hulle wat alles in een of ander passie of stokperdjies sit.  Of dit nou rotsklim, fliek of inkopies doen is.  Baie van hulle geniet hulle drankie, nie dat hulle noodwendig suiplappe is nie.  ‘n Dag, nag of selfs naweek saam met die girls/ boys is nogal algemeen.

Die mens is ‘n seksuele wese en dit is seker te verwagte dat daar daaroor gefantaseer sal word.  Maar daar is ‘n tyd en ‘n plek daarvoor.  Ek dink die gemiddelde jong mens het te veel ander goed om aan te dink as net seks.  As ek self my aan ‘n aanname skuldig wil maak, reken ek ouer mense is meer seksbehep as die gemiddelde jong mens.

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  5 FM het op 13 Oktober 1975 op die lug gegaan.  Uit watter radiostasie het hulle hulle ontstaan te danke?

Breinlosbrand:  Blykbaar is jong swart mans die groep wat die meeste aan misdaad blootgestel word.

Advertisements

Aksies

Information

15 responses

13 09 2011
Olga

eerste!
Lm radio, dink ek.
Gareth cliff sal seker altyd wonder. Ek het eenkeer n man hoor se: as n paartjie in die eerste jaar van hul huwelik (saamwees) een boontjie in n fles sit elke keer dat hul sex het, sal dit hul die res van hul lewe neem om die fles leeg te maak as hul na die eerste jaar elke keer n bomtjie uithaal as hul sex het.

13 09 2011
Xena Phoenix

Dit is nogal ‘n interessante siening. Ek wonder of iemand dit al probeer het.

13 09 2011
toortsie

Ek gaan nie geheime verklap nie….

13 09 2011
J W W

Wel, ek werk al baie jare saam met die inboorlinge, en, ek KAN ‘n veralgemening maak van wat ek elke liewe dag sien en hoor – en sê swart mans dink net aan een ding – SEKS ! Geen wonder daar is 45 miljoen van die boorlinge nie…..

13 09 2011
Xena Phoenix

Ek dink Gareth het nie lekker gedink oor die meisies nie. Baie girls val graag vir die idee van ‘n groot liefde wat Romeo en Juliet na ‘n baie vaal storie sal laat klink.

13 09 2011
demoerin

As mens kyk na die persentasie pregnant skoolmeisies, kan mens nogal wonder ja. Ek het anderdag ‘n ontstellende praatjie gehoor waar die skoolmeisie gesê het, dat om pregnant met jou boyfriend se kind te wees is die nuwe inding…dis bewys aan al jou maatjies dat jy ‘n boyfriend het wat vir jou omgee…WDF? I kid you not – ek was uit my vel uit geskok.

13 09 2011
Xena Phoenix

Wat?? 😯 Ag nee wragtig! Hoe regverdig hulle dit met omgee? Swanger op skool beteken ‘n baie moeilike toekoms wat wag. Wat jy mense wil spaar vir wie jy omgee.

13 09 2011
Olga

dis regtig sad dat jong mense so sedeloos is. Weet hul nie van beter nie?

13 09 2011
Xena Phoenix

Te min om te doen as jy my vra.

13 09 2011
MaanKind

Ek het eenmaal in die vroeë 90’s ‘n opname onder my kinders se vriendinne gemaak vir ‘n artikel in ‘n tydskrif. Een (nogal my beste vriendin se dogter) wou kyk of sy die Desember vakansie elke dag met ‘n ander ou seks kon hê. Sy kon ongelukkig net tot by 17 verskillende ouens kom. EK wou dit anoniem doen, maar hulle het maklik gepraat. Ek was te geskok om die artikel klaar te maak.
MAAR HULLE IS NIE ALMAL SO NIE.
Baie meisiekinders en seuns is maar net soos ons was, nuuskierig, maar bene toe.

13 09 2011
Xena Phoenix

😯 In die vroeë 90’s al. Ek wonder of sy vandag daardie onderneming berou. 17 in een vakansie? Hoeveel is dit dan in geheel?

13 09 2011
toortsie

Mag ek ‘n slag lelik praat, asseblief?
Ek raak sommer GATVOL as mense sulke veralgemenings maak. Want ek ken NET TE VEEL verskriklike oulike meisies wat nie om elke hoek en draai hoer nie, eintlik, wie wag vir wanneer hulle getroud is. As mense sulke veralgemenings maak, beledig hulle elkeen van daardie oulike meisies. En as mens dit sou WAAG om vir hulle (die oulike meisies) op te kom, word jy aangekyk of jy van ‘n ander planeet is.
ENIGE veralgemening is eintlik baie gemeen.

13 09 2011
toortsie

ek moet darem bysê dat daar beslis ‘n klomp jonges is wat maak asof seks daagliks/uurliks/?liks beoefen moet word. Maar om almal daarvan te beskuldig is ‘n bietjie erg.

13 09 2011
Xena Phoenix

Ek dink “soet” meisies en selfs seuns is baie meer algemeen as wat mense dink.

13 09 2011
toortsie

Soos in vele ander opsigte in die lewe kry hulle ook nie die erkenning nie. Ons lees net van die dronkes en ander…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: