Plek vir ‘n geregstelsel?

11 09 2011

Ek wonder nou al ‘n geruime tyd of dit enigsins die moeite werd is om ‘n geregstelsel in Suid-Afrika te probeer onderhou.  Dit klink seker negatief met die misdaadstatistieke wat die jaar wys dat misdaad besig is om af te plat.  Dit is nou as jy glo dat die misdaadsyfers nie so bietjie gekook word nie.  Statistiek is ‘n baie plooibare medium om iets na jou kant te skik.

Na vandag se koerant wonder ek nog meer hieroor.  Volgens die Instituut vir Sekerheidstudie is dit glo ‘n mite dat die polisie meeste soorte misdade kan voorkom.  Ek weet van verskeie gevalle waar mense die polisie ontbied het, maar nogtans self moes sien kom klaar.  Daar was die beloftes dat hulle iemand sal stuur, maar dit gebeur doodeenvoudig nie.  Daar kan ook nie op die polisie staat gemaak word om te beskerm nie.  Verder is daar net te veel gevalle dat hulle ondersoeke so opgemors het, dat die sake uit die hof gegooi word.  Wat nou nie juis veel help om die rotte agter tralies te hou nie.

Die polisie kan dus nie misdade voorkom, die publiek beskerm of oortreders aan die pen laat ry nie.  Hoeveel gevalle was daar al die jaar waar die polisie mense aanrand en intimideer?  Dit beteken dus dat hulle self misdadigers is.  Die polisiehoof se optredes is al twee keer uitgewys as onwettig en onregmatig.  Daar is geen twyfel daaraan dat hy korrup is nie.  Niemand gee duidelik ‘n snars om nie.  Hoekom moet belastingbetalers opdok vir ‘n organisasie wat oneffektief en korrup is?  Dit is vermorsde hulpbronne wat elders aangewend kan word.

Dalk met maatskaplike dienste, aangesien die Instituut vir Sekerheidstudie reken dat die ongelykhede tussen ryk en arm tot misdaad bydra.  Veral waar arm gebiede naby aan sogenaamde rykgebiede grens.  Sonder die belastingbetaler nog meer uitgebuit word in die naam van armoede verligting.

Sonder die polisie, is daar nie ‘n regsbank nodig nie.  Nog ‘n verdere besparing vir die staatskoffers.  Met die aanstelling van Mogoeng Mogoeng is die vertroue in die regsbank selfs nog minder.  Blykbaar is hy ‘n regte Hansie my Kneg en reg om sy werkgewers – die regering – te plesier.  Die probleem is dat die ANC hulle nie juis steur aan die grondwet om mee te begin nie.  Waar die grondwethof in die verlede hulle voet kon neersit, wil die nuwe hoof eers die baas plesier en dan die wet.  ANC kan dus doen wat hulle wil en die grondwethof het bittermin waarde.

Die Instituut vir Sekerheidstudie reken ook dat misdaad glad nie so erg is soos ons onsself wysmaak nie.   Ek wil nou nie graag een van die 2.1 miljoen ernstige misdaadgevalle wees nie.  Ek wil ook nie graag een van die 145 773 vermoordes of 537 333 (plus die wat nie aangemeld is nie) verkragters wees nie.

Vraag is wie wet en orde gaan handaf as daar nie ‘n geregstelsel is nie?  Baie Suid-Afrikaners is wel wetteloos, maar daar is darem nou nog nie totale chaos nie.  Siende dat ons in elk geval sekuriteitsmaatskappye moet betaal om ons te beveilig, kan hulle seker maar met die boosdoeners afreken.  Soos die maatskappye wat oortreders 200 km van die huis kaalvoet in die bos gaan aflaai.  Dalk moet elke gemeenskap ‘n kangaroo-hof hê, waar oortreders met ‘n sambok of buiteband reggesien word.  Dit kom dalk teen ‘n fooi, maar dit belowe om effektief te wees.

Ek glo nog steeds dat dit nie help om soos ‘n barbaar op te tree om die barbare mens te maak nie.  Die probleem bly nog steeds dat mag mens korrup maak.  Kort voor lank is dit nie die boosdoeners wat deurloop nie, maar enige iemand wat die “regte mense” aanstoot gee.  Net omdat hulle kan en niemand hulle kan keer nie.

Dit laat ‘n mens tussen die duiwel en die diep blou see.  Vraag is seker wat is die minder bose oorweging?  ‘n Korrupte, oneffektiewe polisie boelies en totale wetteloosheid?  Denke buite die boks en ‘n verandering van regime is seker al wat die situasie kan beredder.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Volgens Instituut vir Sekerheidstudie is vroue en jong meisies nie die groep wat die meeste deur misdaad geraak word nie.  Watter groep word volgens hulle die meeste deur misdaad geraak?

Breinlosbrand:  Olga was met laat die dokter wag.


Aksies

Information

3 responses

11 09 2011
Olga

Wat ploeg jy vanaand so met my fam? Netnou wil die donner kom kuier. Ek glo boggerol wat die mense sê nie. Hulle knoei alles nommerpas. Dit raak weer tyd om gat te kruip vir die volgende presidents kandidaat verkiesing. NEED I SAY MORE?????

12 09 2011
J W W

Dis basies nes ek voorspel het vir die land, en wel dis meer as net die huidige lot narre wat in beheer is, dis die hele donnerse kontinent, die mense hier wil eenvoudig soos barbare leef en handel – die weste probeer al meer as 400 jaar om beskawing hier te vestig, en wel dis BAIE obvious dit werk nie.

noem my sommer Sienier van der Merwe . . . !

12 09 2011
Olga

lets hear it 4 siener vd werwe.
Groot waarhein nietemin. As die blerrie buiteland net voor hulle eie deure gevee het, kon dit beter gegaan het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: