Wie is sy nou?

8 09 2011

Van tyd tot tyd verskyn daar berigte in die media wat die publiek regtig aangryp.  Dit is in die gevalle waar dit nie nie bloot ‘n storie is nie.  Die mense raak nie vir die mense net ‘n naam nie, maar eerder ‘n ou bekende.  Berigte word verslind, tot op ‘n dag wanneer dit nie meer nuuswaardig is nie.  Dit is gewoonlik die tyd wanneer die slagoffer die stukke weer moet optel en probeer om ‘n volwaardige lewe te lei.  Wat gewoonlik makliker gesê as gedaan is.

Ek dink nou byvoorbeeld aan iemand soos Samantha R.  Samantha was ‘n 4 jarige blonde dogtertjie wat baie erg deur haar ouers mishandel was in die midde 90’s.  Ek verbeel my amper dat haar arm onder andere gebreek was.  Die land was geskok met hoe erg sy deur geloop het.  Menige mense was verheug gewees toe haar sogenaamde ouers in April 1995 tronk toe gestuur is.  Samantha was by liefdevolle pleegouers geplaas en dit was veronderstel om die gelukkige einde te wees.  Vir almal, behalwe Samantha – vir haar was dit natuurlik net die begin.

Ons is vandag 16 jaar verder, haar ouers is waarskynlik lankal op vrye voet.  Samantha is seker nou ten minste 20 jaar oud.  Wie is sy vandag?

Dit sou geen maklike taak gewees het om Samantha R vandag as ‘n welaangepaste volwassene die wêreld in te stuur nie.  Met die dat sy so seer gemaak is deur die mense wat haar die liefste moes hê – en nie net fisiek nie – sou sy letsels gehad het wat daar destyds al voorspel is moeilik sou weggaan.

Sy het destyds moeilik vertrou.  Haar sosiale vaardighede was waarskynlik ver agter gewees.  Sy sou waarskynlik ‘n moeilike kind gewees het – een wat maklik sou jok, geweldadig op sou tree en swak presteer het.  Dit was al wat sy geken het.  Vraag is of die liefdevolle pleegouers liefdevol sou bly?  Het hulle dalk nie op ‘n stadium besluit dat die kool nie die sous werd is nie en haar aan verdere verwerping bloot gestel het nie?  Dalk van een pleeghuis na ‘n ander tot sy besluit het om haar eie potjie te gaan krap.

Gelukkig kan die teenoorgestelde ook waar wees.  Sy kon wel baie goed op terapie gereageer het en vandag ‘n baie gelukkige student wees?  Dalk sorgeloos rondtoer of selfs au pair werk doen – soos duisende ander wat nie haar ongelukkige kleuterdae hê nie.  Dit sou moeilik gewees het, nie onmoontlik nie.

Ons sal waarskynlik nooit weet nie.  Ons hoop dat alles goed uitgewerk het, maar hoe sal mense reageer as haar geskiedenis geseëvier het?  Die skaal weeg maar sterk na die ander kant.  En haar ouers?  Het hulle hulle les geleer?

Oor wie wonder jy soms?

Breinvasbrand:  Sonja Combrink is in 2004 op parool vrygelaat nadat sy in 1996 vir 12 jaar tronk toe gestuur is.  Aan watter misdaad was sy skuldig bevind?

Breinlosbrand:  1932

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

8 09 2011
J W W

Ontvoering van ‘n baba

8 09 2011
demoerin

Ek hoop net dat sy iewers weer leer vertrou het.

8 09 2011
Xena Phoenix

Ek hoop dat sy darem ‘n mate van normaliteit het. En nie die sondes van die vaders sal herhaal nie.

8 09 2011
MaanKind

Michaela Hunter en haar ouers?
Marlene Lehnberg. Het sy toe goed aangepas?
Die gevangene wat ‘n sjef was in die tronk in die laat 70’s wat in ons kantien gewerk het

8 09 2011
Xena Phoenix

Ek moes mooi kies tussen Micaela en Samantha vir vandag se fokus. Maar dit sal interessant wees om te hoor of sy ten volle aangepas het.

My grootste wonder bly die vermiste meisies. Ek hoop dat die raaisel in my lewe opgelos sal word.

8 09 2011
Olga

dit is tragiese gevalle.

8 09 2011
Xena Phoenix

Whoop, Whoop!!!! My 15 000 ste kommentaar!

8 09 2011
Olga

wat het van baba tchepang geword? Kon sy skool toe gaan? Hoe normaal ontwikkel sy?

8 09 2011
Xena Phoenix

Ja, dit is ‘n interessante een. Hoe oud is sy nou al? Stap seker al aan 10 toe?

8 09 2011
Olga

Na my berekening ook, ja.

8 09 2011
Selene Phoenix

Ai dis hartseer om so terug te dink aan al die koerant / nuus berigte oor kindermishandeling. Mens kan nie help om te wonder nie… maar in die een kant is dit seker beter dat hulle uit die oog is sodat hulle ‘n normale lewe probeer leef en nie elke dag na mense hoef te kyk wat sê “shame” nie.

Almal oorsee bring boeke uit… en wie weet dalk lees ons nog eendag ook van hulle.

8 09 2011
Xena Phoenix

Weet sy ooit dat sy op ‘n stadium in die midde van ‘n mediastorm was?

8 09 2011
Olga

ek het reeds gewonder wanneer kom samantha r se lewensverhaal op skrif selene. Hoeveel van daardie tyd onthou sy nog? Mens se geheue smeer mos die slegte gebeure toe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: