Bedreig: Studente Tradisies

6 09 2011

Studente Raad verkiesing plakkate was nog altyd baie vermaaklik.  Onlangs bevind ek my weer op kampus en dit is toe juis weer verkiesingtyd.  Die een party reken dat dit onregverdig is dat studente die reg om te leer ontneem word weens akademiese uitsluiting.  My kop is te plat om te begryp wat leer help as daar nie akademiese vordering gemaak word nie.  As jy nie goed genoeg is nie, gaan jy jou (en moontlik ander mense) se geld en tyd mors.  Lees ‘n boek as die akademiese vordering jou nie pla nie.

Een van die ander partye onderneem om Panda aanvalle te stop.  Ek het amper kliphard gejuig hieroor.  Hulle reken dat studentesake – en ek wil byvoeg landsake – nie altyd ‘n kwessie van swart en wit is nie.  Vergeet die blerrie kleur en kom by die punt van goed wat vir almal bevorderlik is.

Die een wat my hart aangegryp het, is egter die party wat belowe om vir studente tradisies te baklei.  Jool, Sêrrie en Lentedag is spesifiek genoem.  Ek weet dat ‘n saak is wat enige opregte Tukkie na aan die hart lê en dit is iets waarvoor daar geveg sal word – al belowe die verkiesing plakkate dit nie.  Behalwe nou die waarvan ek met die eerste voorbeeld gepraat het.

Die behoud van tradisies kom nie van gister af nie – dit is al jare lank op die tafel.  En dit is nie bloot ‘n rilstorie nie, ek het byvoorbeeld onlangs gehoor van ‘n Universiteit in die Wes-Kaap wat Jool verban het.  Ek weet ‘n student gaan universiteit toe om hom of haar vir die toekoms te bekwaam.  Die bekwaming gaan nie net oor kennis wat opgedoen word nie.  Jool is die ideale tyd om jou menswees en ander eienskappe vir die arbeidsmark te ontwikkel.  Dit is nie net die gemeenskap wat ly onder die verbod op Jool nie, dit is die studente ook.

Vandag hoor ek terloops dat Lentedag gekanselleer is.  Wel, blykbaar bly die vakansiedag, maar die gewone makitie van die dag is gekanselleer.  Lentedag kom al van die 30’s af en om die gebeure van die dag af te stel is amper hoogverraad.  Soos ek die storie verstaan kon die universiteit nie ‘n dranklisensie vir die dag kry nie.

Ek weet die nuus verheug baie mense – Lentedag het die afgelope paar jaar sinoniem geword met die misbruik van drank.  Dit is egter ‘n handvol studente wat hulle regtig te buite gaan.  Ek weet ook dat daar seker aansienlik gebrom gaan word minagting van tradisies en ek is amper self lus om te gaan betoog.  Tog wonder ek of dit nie ‘n gulde geleentheid vir die studente is om te wys hoe sterk hulle oor tradisie voel nie.

Hou Lentedag, gaan voort met die konserte en partytjie soos die laaste dag op aarde – sonder drank.  Dit is heeltemal moontlik en doenbaar.  Lentedag was aanvanklik ‘n dag vol speletjies en pret, nie ‘n verskoning om te drink nie.  Bring dit terug.  ‘n Dranklisensie kan geweier word, maar drank is nie nodig om pret te hê of uit te hak nie.

Helaas gaan die meeste mense dit nie so sien nie.  En dit is jammer – ‘n tradisie gekanselleer omdat drank nie welkom was nie.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  In watter jaar het die Universiteitsraad besluit Afrikaans sal die enigste onderrig medium vir die Universiteit van Pretoria wees?

Breinlosbrand:  31 Oktober 2011


Aksies

Information

6 responses

7 09 2011
demoerin

All work and no play will make studentlife very dreary…..
Mens kan pret hê sonder alkohol, maar dit is sad dat ‘n klein groepie dit vir die geheel kan opmors. Uni moet balans van leer en speel wees.

7 09 2011
Twilight

O jinne nee! Ek’s die verkeerde een om te vra. Ek het studentetradisies so verpes dat ek by die eerste en beste geleentheid uit die koshuis is om ander blyplek te loop soek. As iemand my nog een keer in die middel van die nag wakkergemaak het om geld te kollekteer vir iets/ vir ‘n standbeeld te gaan sing/ vir ‘n senior te gaan koffie maak, was daar moord.

7 09 2011
Gerda. J

dis sad as studente gesuip moet wees om pret te kan he. regtig sad hoe drank die wereld regeer.

7 09 2011
Olga

hkm kanseleer? Hul kon koffie en tee weer deel van suid afrikaanse tradisie gemaak het. Die suiplappe bring buitendien hul eie dop. Ook deel van s.a tradisie.

7 09 2011
Gerda. J

en almal weet tog … u dont monkey with tradition. dit was nou totdat die anc aan bewind gekom het.

7 09 2011
J W W

Hoekom moet hulle ‘n drank laaisêns hê? mense kan mos hulle eie drank saamvat, en nie daar hoef te koop nie ? ? ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: