Ander Klippe

6 09 2011

Ek dink nie dat enige iemand Jan Taks as ‘n vriend beskou nie.  Nie eers die tyd van die jaar wanneer jy kan terug kry waarmee Jan Taks jou ingeloop het nie.  Dit is nou as jy nie die swernoot is wat hom nog ‘n spul geld skuld nie. 

Die moontlikheid dat jy geld kan terug kry troos net.  Die hartseer saak is die totale bedrag wat jy aan belasting betaal het.  Veral as jy daaraan dink hoe ‘n lekker vakansie jy daarmee kon gekoop het.  Dit kon ‘n skaflike deposito op ‘n redelike kar gewees het of dit kon jou algemene lewenstandaard verhoog het.  Ongelukkig is daar net een manier om minder belasting te betaal en dit is om minder te verdien.  Dit is selfs ‘n meer onaangename idee as om dit te betaal. 

Wat in Suid-Afrika nogal goed kan werk is om meer mense te kry wat vir belasting kwalifiseer.  Die arbeidswetgewing in die land sorg dat dit nie maklik gaan gebeur nie.  Wie wil nou iemand aanstel as dit jou besigheid meer skade as goed gaan doen.  Dit is nou tyd om buite die kissie te dink.  Vergeet van die arme ou wat elke maand ‘n salaris kry, gaan soek ander klippe om bloed uit te tap. 

Ek lees nou die dag ‘n interessante ding.  In Duitsland is prostitusie wettig en dus ook belasbaar.  Maklik genoeg vir die dames wat in bordele werk, maar die vryskut werker op straat is dit ‘n ander storie.  Niemand weet presies wie sy is nie, dus is dit nogal moeilik om ‘n belasting aanslag te laat aflewer.  Die Duitse regering het wel ‘n plan gemaak – ‘n stelsel wat nogal sterk herinner aan “pay as you go.”  Sou jy die aand die strate wil werk, moet jy vooraf jou €6 moet betaal.  Jy kan beboet word as jy werk sonder om vooraf jou belasting te betaal. 

Dit is seker een manier om die belasting basis te vergroot.  Ander maniere is om die goed waarvoor daar geen wil is om dit te stop, ook belasbaar te maak.  Ek dink nou aan korrupsie, blykbaar eerder die reël as die uitsondering.  Die regering keur dit met stilswye toe.  Maak dit aanvaarde praktyk, beter nog, verplig politici om korrup te wees.  Hef dan sommer 95% belasting daarop.  Dit is immers geld uit die staatskoffers waarmee daar sake gedoen word.

Ek weet nie of ‘n mens die staat te veel idees moet gee nie, hulle sukkel nie juis om aan iets te dink om die belastinglas te vererger nie.  Nogtans wil ek die belasting van Tsar Peter I van Rusland noem.  Hy wou sy edelmanne in 1698 netjieser laat uitsien en het toe belasting gehef op almal wat ‘n baard gedra het.  Die gepeupel en kerklui is daarvan gevrywaar.  Het dan belasting vir mense wat onbetaamlik in die openbaar is.  Dit is immers ‘n redelike keuse om behoorlik aan te trek.

Waarop dink julle kan die regering belasting hef – sonder dat die gewone drommels verder moet hoes?

Breinvasbrand:  Voor wanneer moet persoonlike belasting opgawes vanjaar ingedien word?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Donna Summer.


Aksies

Information

3 responses

6 09 2011
J W W

Ek sou sê hulle moet alle belasting afskaf… dis nie asof ons mense enige baat vind in al die balaglike belastings wat ons betaal nie, kyk maar net, hospitale is moertu, onderwys is moertu, paaie is moertu, polisie is moertu, spoorwee is moertu, guva-mênt is moertu…….

6 09 2011
Xena Phoenix

Nou daarmee gaan ek nie stry nie

6 09 2011
Olga

hul kan belastingkaartjies verkoop aan str smouse en bedelaars. Gn kaartjie vandag, geen besigheid nes met die snolle in duitsland.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: