Reis in Tyd

31 08 2011

Ek is oor die algemeen ‘n versigtige mense.  Wel, dalk met tye ‘n bietjie gat oor kop, maar dit is gewoonlik per ongeluk.  Ek het ‘n gesonde skeptisme wat ek deeglik gebruik, maar terselfde tyd weet ek ook dat daar bittermin is wat heeltemal onmoontlik is.  Meestal sal ek my bedenkinge hê, maar tog dit nie heeltemal verwerp nie.

Kom ons neem reis in tyd as ‘n voorbeeld.  Ek het aldrie “Back to the future” al gesien, maar vergewe my dat ek nie verby die fiksie kan sien nie.  Ek kan nie dink dat dit moontlik kan wees om nou regtig self te gaan kyk wat in die geskiedenis gebeur het nie.  Maar ek weet ook dat Albert Einstein ‘n baie slim man was en hy het gedink dat dit moontlik is.  As ‘n mens maar net vinniger as die aarde om sy as kan draai.  As jy dus vinniger as die spoed van lig kan beweeg.  Dit maak tyd reis moontlik, maar niemand kon al die spoed van lig verby steek nie.

Ek het egter agter gekom dat Einstein was dalk net te ingewikkeld met sy teorie.  Dit is baie makliker.  Ek het vanoggend opgestaan en is meer as ‘n dekade terug in tyd.  Net so – en ek het nie eers iets gedoen nie.

My selfoon het die gees gegee.  So eers het ek vanoggend in my malle verstand in verslaap, daar was nie ‘n selfoon wat my kon wakker skud nie.  Vir die eerste in meer as ‘n dekade, is ek nie net ‘n selfoon ver nie.  As iemand my soek, moet hulle my na ‘n landlyn bel.  Wat net kantoorure werk, aangesien ek nie ‘n telefoon by die huis het nie.  Of hulle moet aan my deur kom klop.  Ek is tydens kantoor ure heeltemal afgesny van Facebook.

Die belangrikste nuus kan nie agter my aanhol nie.  Ek gaan nie eers weet as die krag by die huis af is nie en iemand sal my rekeninge kan leegtap sonder dat ek iets wis.  Ek sal nou moet wag voor ek skindernuus kan oordra of om dit wat my interesseer op die internet op te soek.  Ek sal in ‘n tou moet staan en myself moet vermaak sonder ‘n selfoon.

Ek weet dit is veronderstel om bevrydend te wees om sonder ‘n selfoon te wees.  Ek is egter vry genoeg.  Nogtans het die verlies van ‘n selfoon my meer as ‘n dekade terug gesit.  Na ‘n tyd sonder selfone en dit boonop nog sonder om deur tyd te reis.

Die punt wat ek wil maak is dat tyd reis nie noodwendig iets buitengewoon hoef te wees nie.  Die blote verlies van iets of verandering in omgewing is al wat nodig is.  Hoe ver terug sal jy gaan sonder televisie?  Hoe ver terug sonder ‘n motor?  Hoe ver terug sonder ‘n stofsuier of rekenaar?  Jy sal eeue terug wees as jy vinger alleen op ‘n verlate eiland uitspoel.

Dit lyk vanoggend van my dat tegnologie dalk ‘n meting van tyd is.  Is ek reg?

Breinvasbrand:  Waar is Einstein dood?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Potchefstroom.


Aksies

Information

5 responses

31 08 2011
MaanKind

Ek was by ‘n lesing so ruk terug, oor Changing of Energies, Versnelling van Tyd, en die slimme man John Homewood het min of meer dieselfde gesê

31 08 2011
Selene Phoenix

Oorlede die 18de April 1955 (76)
Princeton, New Jersey, Amerika!

31 08 2011
Olga

ai, jai jai. Sonder my hoetroustel? Heeltemal in my mur in.

31 08 2011
demoerin

En tog was almal een of ander tyd dood gelukkig met hul bestaan, voor iemand TV, selfone, karre ens. uitgedink het.

31 08 2011
JWW

Gelukkig vir my is bier en wyn al duisende jare terug uitgedink….. so ek sal survive ! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: