Laag, laer, die laagste

31 08 2011

Iewers leer ‘n mens op skool van trappe van vergelyking.  Seker hier in die junior standards rond.  Dit is oor die algemeen maklik genoeg.  Stellende trap word gewoonlik vir jou gegee.  Jy gooi ‘n -er in vir die vergrotende trap  en ‘n -ste vir die oortreffende trap.  Maak net seker alles is reg gespel en onthou die een uitsondering en jou kop is deur.  Nie dat ek my enigsins as ‘n Afrikaanse onnie uit gee nie. 

Kritikaster soos wat ek maar is, dink ek dat daardie drie trappe soms ver te kort skiet.  Kyk, daar moet iets laer as laagste wees.  Ek dink nou aan laer as slangbollie op die bodem van die oseaan.  Nee, nee – laer as die parasiete van die slangbollie op die bodem van die diepste oseaan.  Dit is seker onnodig dat ek die arme slangbollie met geen goeie rede beledig.  Osama Bin Laden bevind homself mos ook op die bodem van die see.  Dus een van die laagste goed moontlik, tot die hoofnar by hom aansluit.  Laat ek my eerder nie nou nog aan wensdenkery skuldig maak nie. 

Dit is nogal tipies mens om heel eerste die slang wat niemand iets gedoen het in die argument in te sleep.  Daar is nie ‘n laer vorm van lewe as die mens nie.  Wel, nie almal nie, maar daar is ‘n paar waarvoor self parasiete hulle neuse sal optrek.  Ek meen selfs ‘n parasiet het darem standaarde. 

Ek kan soveel voorbeelde noem dat ek dit amper in volumes kan uitgee.  Ek gaan egter by 10 volstaan, maar voel vry om nog by te voeg.  Dus in geen spesifieke volgorde nie . . .

  • Mense wat diere wat uitsterwing in die gesig staar uitroei, net vir geld.  Veral mense wat van beter behoort te weet. 
  • Mense wat onskuldige mense aanval net omdat hulle lus het.
  • Mense wat met diere seks het.  Daar was juis die week iemand in die hof gewees nadat hy met ‘n bok betrap is.  Maak nie saak hoe hardop jy is nie, daar sal altyd iemand wees wat bereid is om te help. 
  • Mense wat diere mishandel en dan nog dink dit is snaaks.  Mag lê nie daarin om te vernietig op pyn te veroorsaak nie.  Die mens is mag gegee om te beskerm.
  • Mense wat hulle posisies misbruik net omdat hulle kan.  Weereens, dit is nie die doel van mag nie.  Die hoër op jy dink jy is, hoe harder moet jy dien. 
  • Mense wat ou mense aanval en verkrag.  Hoe de olga dink iemand aan so iets?
  • Mense wat hulle verhouding maats op een of ander manier mishandel.  Ongeag of dit nou vroue mishandeling of manne mishandeling is.  Dit is maklik om te vernietig, maar opbou is ‘n ander storie.
  • Mense wat ou mense se pensioen steel.  Elke liewe sent waaraan die mense hulle lewe lank gespaar het vir hulle ou dag.  Steel eerder van die korruptes en dan doen jy goed.
  • Mense wat gestremdes se hulpmiddels steel.  Soos die rot wat ‘n 4 jarige dogtertjie se gehoorstuk uit haar oor gesteel het.  Nou is daar ‘n kind wat gefrustreerd is omdat sy nie kan hoor of “normaal” aangaan nie en ouers wat nie die geld het om dit te vervang nie.  Alles omdat die rot gedink het dit is ‘n i-Pod. 
  • Mense wat teenoor ‘n kind sondig.  Kinders vertrou volkome en om die vertroue te verraai is eintlik jou verlies.  Nie juis dat die rotte dit sal verstaan nie, te laag by die voedselketting af.

Wat is jou top 10 van die laagste vorm van lewe?  Wat kan jy by die lysie voeg?

Breinvasbrand:  Wat is die trappe van vergelyking vir goed?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Princeton, New Jersey, Amerika

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

1 09 2011
Olga

Eerste.
Goed beter beste.

Mense wie met kinders sex het.
Mense wie kinders misbruik.
Mense wie lekker kos eet terwyl die kinders pap of brood eet.
Mense wie nie hulle diere versorg nie.
Mense vir wie goed was, dan loop hulle en lieg praat van jou.
Mense wie kinders die maan, son en sterre beloof met geen intensies om enigiets na te kom nie.
Mense wie swakkeres mishandel net om te lag of om nek te trek.
Mense wie ander mense laat werk en dan nie betaal nie of hulle inloop en kul uit die bietjie geld wat hulle betaal vir diens gelewer.
Mense wie kinders verwek en nie versorg nie.
Mense wie ander bespot en minder mens maak.

1 09 2011
leonvonmoltke

goed beter beste wonderlik hoera!!

1 09 2011
Gerda. J

om aan te vul by julle lys…

nie die skinderbek nie maar die ene wat die skinder storie gaan oorvertel.

1 09 2011
Selene Phoenix

Ek kon dit nie beter gestel het nie Tweeling en Olga!

Iemand wat moor vir ‘n selfoon
Mens wat hul kinders in asblikke los
Mense wat diere dood teel (Puppy mills)
Mense wie ander ontvoer en aanhou vir jare
Ouers wie saam hul kinders sex het en videos maak (enige kinder pornografie)
Mense handel
Kinders wie hul ouers in ‘n ouetehuis los en vergeet
Oumense mishandel
Honde / hoender ens fights
En ja ek wil ook renosters noem en al die ander diere wat deur loop omdat ons as mens net geld sien (tiere ens)

PS: Arm, armer, Selene 😆

1 09 2011
Olga

let’s hear it for selene. Diere, nes kinders en oumense is so weerloos. Al byt en krap hulle, is stout of vol STRONT moet hul beskerm word.

1 09 2011
MaanKind

Mense wat ander boelie. Op enige manier.
Eintlik enige mens wat ‘n hulpelose mens op enige manier benadeel

5 09 2011
Charms

As jy enige ander mens of dier behandel soos jy NIE behandel wil wees nie, dan het jy ‘n probleem – ‘n grote.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: