Noem dit wat jy wil, maar dit bly ‘n vlooimark

30 08 2011

Einde Augustus is in Jakarandaland bekend vir die afskop van die Pretoria Skou.  Al word dit deesdae amptelik die Tswane Lentefees genoem gaan dit seker tot lengte van dae bekend te staan as die Pretoria Skou.  ‘n Gebeurtenis wat enige gebore Pretorianer se oë laat blink van opgewondenheid. 

Dit is dalk wat die probleem is, ek is nie ‘n gebore Pretorianer nie en die skou was nog nooit vir my iets om oor huistoe te skryf nie.  Dit is soos Menlyn of steroiede – bedoelende dat jy vroeg die oggend by die een punt kan begin koop tot die deure 9 uur die aand in jou gesig toeklap.  Met alles wat jou hart begeer en ‘n aansienlike spul goed wat jou hart nie geweet het hy / sy begeer nie.  Jy beter met ‘n dik beursie of skoon kredietkaart opdaag – anders mors jy jou tyd.  Boonop moet jy R40 / R50 vir die inkopietog betaal wat nie eers jou parkering van R15 insluit nie.  As jy nou bevoorreg genoeg is om parkering te kry. 

Dit is egter nie net omdat ek ‘n snob is nie.  Baie gebore Pretorianers se opgewondenheid word binne minute vervang met teleurstelling.  Geoordeel daaraan is die skou nie meer wat dit blykbaar op ‘n tyd was nie.  Iemand het dit eenkeer vir my beskryf dat as hy as ‘n klein seuntjie na die skou was, het hy met armsvol promosie materiaal by die huis gekom.  Alles verniet.  Hy het gespeel dat sy tong op die grond hang en hy het goed geëet wat hy net by die skou kon kry.  Hy was een van die wat deur die Skou ontnugter was. 

Ek weet dat die skou blykbaar een van die groot landbou skoue is.  Nie dat gewone lede van die publiek by die Bramane of Simmentalers uitkom nie of opgewonde raak nie.  Te veel mense sal die diere seker ook senuweeagtig maak.  Wat regverdig dan die toegangsgeld?

In ‘n mate laat die Pretoria Skou met aan die Reënboogfees in Piet Retief dink.  Dit is net groter en duurder en hou langer aan.  Dit laat my aan Innibos in Nelspruit dink.  Dit laat my aan Nampo (behalwe dat daar meer trekkers is), of enige een van die landbou skoutjies in die land dink.  Wat ek in elk geval gratis elke Sondag in Hatfield kan kry.  ‘n Vlooimark.  ‘n Plek vol stalletjies met niks wat ‘n winkel met respekte wil aanhou nie.  Behalwe dat van die winkels dalk hulle standaarde laat sak het. 

Dit is seker net nog die mense wat van skou tot skou reis met hulle stalletjies wat nog opgewonde raak daaroor.  Met die ontnugtering dat daar elke jaar minder mense is wat vir die grap val en sweer om nooit weer te kom nie.  Net om tog maar volgende jaar weer daarvoor te val. 

Wat is jou idee van skou?  Was jy al ooit ‘n aanhanger?

Breinvasbrand:  In watter dorp word Aardklop gehou?

Breinlosbrand:  1896


Aksies

Information

17 responses

30 08 2011
leonvonmoltke

Ek voel net soos jy daaroor. Was eenmaal daar gewees, oor as genoeg.

30 08 2011
Xena Phoenix

Been there, done it but couldn’t afford the t-shirt

30 08 2011
seegogga

Ons het oor e weke die Megaweek,naas ,ampo diegrootste landbouskou-min gemorsstalletjies,baie dieren maar doen julleself ‘n guns en kom eerste naweek in Junie na die wacky wine op Robertson ‘n fees met’n reuse verskil. Dalk die lekkerste fees in die land,(met amper geen stalletjies nie)?

30 08 2011
Xena Phoenix

Wacky Wyn – klink na my tipe fees. 😉

30 08 2011
Olga

derde!
Potch.
Een skou is soos die ander. Verkoop dieselfde stront teen dieselfde pryre.
Reenboogfees sluit darem nog hopelik saterdag aan af met n murse jol?

30 08 2011
Xena Phoenix

Alle skoue sluit af met ‘n jol (konsert) van een of ander aard. Gewoonlik moet jy nog ekstra daarvoor betaal.

30 08 2011
Selene Phoenix

Ek hou nou weer van die tipe van goed – al is dit net vir die kosse en spookasem ens! 🙂

Ek was baie teleurgesteld in ons skou die laaste paar jaar – net meubels! Baie min ander dinge. Was nog nooit na Pretoria sin toe nie!

Ek gee ook dan te veel geld uit op nonsens wat mens nie nodig het nie – so ek vermy dit deesdae!

30 08 2011
Xena Phoenix

Sien, jy is dus een van diegene wat nou deur sogenaamde skoue ontnugter raak. Spookasem en roomys sal altyd treffers bly.

30 08 2011
Gerda. J

skou? vlooimark? simantics. dieselfde goed oral. baie vervelig. maar pta skou is goedkoper as innibos.g. maar pta skou is goedkoper as innibos.

30 08 2011
Xena Phoenix

😉 Dit is mos net ‘n skou, nie ‘n fees nie. 😆

30 08 2011
Celia Neveling

My jongste het my verlede saterdag in Menlyn gehad om vir haar klere te koop. Die dag het al om 08:00 begin met ontbyt, 10:00 na haar musiekles, 11:00 na Menlyn tot 16:30. Ek het dit amper nie oorleef nie. Ek was die hele week daarna styf en ongemaklik, so asof ek die Comarades gehardloop het. Dan praat ek nie eers van die koste nie. Sy vertel haar pa dat dit vir haar ‘n wonderlike “bonding experience” was. Hy reken dat al “bonding” wat hier ter sprake is die geld is wat hy op sy “Bond” gaanmoet leen om die kredietkaart te betaal.

Ons gaan glad nie na enige skoue of vlooimarkte toe nie, ons gaan bitter selde na plekke waar daar so baie mense is, maar veral waar dit so swak gestruktureerd is, as dit dan nou nie anders kan nie dan gaan ons na gewonde winkelsentrums waar daar meer plek en minder mense is.

30 08 2011
Xena Phoenix

Menlyn op ‘n Saterdag en nie enige Saterdag nie – die een na payday. Dapper vir iemand wat nie vertrap wil word nie. Die goue reël is om te gaan wanneer die rugby aan is. Of Saterdagmiddaglaat. 😉

Bly jongste sal nie kaal langs die N1 hoef te draf vir klere nie.

30 08 2011
MaanKind

As kind en jong volwassene was die Pretoria skou en die Randse Paaskou die wionderlikste ervaring. Toe tref vlooimarkte ons in die 80’s, nog lekker. DIt was kunsmarkte. DIe een in Sunniside was wonderlik, daar by Sunnypark. En toe. Ja en toe…

30 08 2011
Xena Phoenix

En toe??

Kunsmarkte kan soms interessant wees – veral as jy nie deur jou ore moet betaal om daar in te kom nie.

30 08 2011
Charms

Ek vermy maar die vlooimarkte want ‘Made in China’ is nie vir my ‘n lokmiddel nie.

30 08 2011
Xena Phoenix

En dit bly ‘n rip off – maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

18 04 2012
Trots suid afrikaans

Hey julle, daar IS darm nog goed wat nie “Made in China” is nie, maar wel trots Suid- Afrikaans vervaardigde produkte! Ek is een van so ‘n uitstaller! en ja, kom ek vertel jou: Mense LEES nie vandag nie! Uitstallers het by hul harde werk ook nog ‘n opvoedingstaak! Maar nou ja dit maak die lewe interessant!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: