Les in Hande Tuis

30 08 2011

Hierdie is een van my gunsteling vertellinge en ek hoop ek het dit nog nie vertel nie.

Klippie se gedagtes oor geweld teen vroue het my aan dit laat dink.  Ek vertel dit oor op hoorsê en kan dus nie vir die waarheid daarvan instaan nie.  Ek het dit egter van ‘n baie betroubare bron verneem – een wat ek glo nie so ‘n storie uit die duim uit sal suig nie.

Daar was ‘n predikant in Durban gewees, ‘n blok van ‘n man.  Boonop van Duitse afkoms en met tye net so bruusk en bombasties soos ‘n Duitser kan wees.  Boonop was die man geseën met ‘n baie kort humeur.

Die Saterdagmiddag daag daar ‘n vrou op om die hoeveelste keer te kla dat haar man haar slaan.  Hy het al hoeveel keer met die man gepraat, maar as predikant het hy darem ook sy plig.  Hy nooi toe dus die vrou in, kry iemand om haar te versorg en val toe in die pad om met die man te gaan praat.

By die mense se huis klop hy nog ewe ordentlik aan die deur.  Die man het blykbaar oopgemaak en die predikant gul ingenooi.  Die predikant het blykbaar nie een woord gesê nie, maar die man ‘n opstopper gegee dat hy daar trek.

Soos ek verstaan was dit die laaste keer wat hy sy hande vir sy vrou gelig het.


Aksies

Information

8 responses

30 08 2011
Dion

Respek!
As dit die enigste taal is wat die man met sy vrou praat, moet mens hom dan maar in dieselfde taal aanspreek. Net so klein klappetjie…

30 08 2011
klippie

Dit bevestig wat Bileam sê: sulke mans is lafaards.

30 08 2011
Dion

Jissie, daai prentjie hier in jou skrywe maak my sommer onredelik woedend. Ek wil sommer sy ou armpie wat so bak staan voor sy vrou stomp langs sy jellie-ruggraat afbreek en hom met die nat kant slaan…

30 08 2011
Xena Phoenix

Dit is dan seker wat ‘n emosionele foto genoem word. 😉 Gaan voort, pluk sy arm af en moet net nie bloed op my blog mors nie.

30 08 2011
Olga

goed sal wees as so n vrou die bastard se bakhandjie kan afruk en hom met die natkant deur sy bek slaan.

30 08 2011
JWW

Ja man, almal weet jy slaan nie aan ‘n vrou nie, jy stamp haar om en skop eerder. 😉

31 08 2011
Selene Phoenix

LOL JWW! Ja nee net nie in die gesig nie asb!

Maar ernstig nou – Ons het langs ‘n franse vrou en chinese man gebly, hy het haar gereeld geslaan. Toe stap my sus se ex daai tyd om en gaan praat baie hard met die ou! Weet nie of dit opgehou het nie, maar sy het vir hom die lekkerste kos aangedra vir ruk – toe trek ons. Sal seker nooit weet nie.

31 08 2011
Olga

geen nuwe post….
Geen koerantbrokkies….
Wat gaan aan? Ek het gedink dis net ons wat nie internet het vandag nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: