Alternatiewe Kuns

27 08 2011

Dit was seker Shakespeare wat iets gesê het van “Beauty lies in the eyes of the beholder.”  Ek gaan dit seker weer heeltemal uit verband uitruk, maar ek wil dit op kuns van toepassing maak.  Nie noodwendig die goed wat die mens gewoonlik as kuns sien nie.  Dit strek soveel verder as ‘n skildery of ‘n beeld.  Mense kan omtrent liries raak oor elke ding onder die son.  Volgens eie smaak natuurlik.

Neem nou maar modes as ‘n voorbeeld.  In my oë net ‘n spul lap wat klere vorm wat die mens se naakheid te bedek.  Modebewustes sal na hulle harte gryp.  Hulle hef lofliedere aan oor die teksture, kleure, vorm en as ek nog iets uit my duim gaan probeer suig, gaan ek aan die slaap raak. 

Karre is ‘n ander voorbeeld.  Vir baie mense ‘n voorwerp om van punt A na punt B te kom.  Ander beoordeel dit weer in terme van werkverrigting en koste doeltreffendheid.  Dan is daar diegene wat liries raak oor karre.  Hoe alles bymekaar klink, wat die klank van ‘n engin met die beste musiek sal vergelyk en niks anders sal kan raak sien wanneer hulle grootste droom op wiele naby is nie. 

Iets waarvoor ek ‘n waardering kan ontwikkel is klokke – soos in staan horlosies.  Deesdae kan enige mens wat reguit kan saag en boor ‘n staanhorlosie maak.  Mens kry ‘n meganisme amper op elke straat hoek.  Dit maak dit baie meer koste effektief, maar ook maar so vervelig en banaal.  Niks om oor huistoe te skryf nie of moet ek eerder sê om ‘n blog oor te skryf nie. 

Maar daar is tog die opregte klokke.  Die wat met moeite, bloedsweet en trane aanmekaar gesit is en wat geen nut aan ‘n battery nie.  Daar word nie net baie aandag aan die fynste besonderheid van die afwerking gegee nie.  Die presisie van tyd is enige opregte klokmaker se trots. 

Die tyd van staanhorlosies groot genoeg vir ‘n kind om in weg te kruip is seker vir altyd verby.  Die meeste moderne huise het bloot net nie plek vir so ‘n meesterstuk nie.  Toegegee, ‘n staanhorlosie kan ‘n bietjie morbied wees.  ‘n Koekoekhorlosie reg uit die Swartwoud is nie net meer prakties en kunstig nie, maar ook baie meer sjarmant. 

Van kleinsaf het die horlosies met ‘n voëltjie wat die tyd verklik my gefassineer.  Ek was verseker nie die enigste kind nie, maar die fassinasie is steeds daar – al is ek ‘n volle 12 jaar oud.  Daar is natuurlik ook opgradeerde weergawes.  Soos die wat ‘n hele toneel laat afspeel soos Vader tyd aanstap. 

Eendag as ek darem maar groot is – en ryk genoeg vir ‘n hele versameling.  In ‘n huis groot genoeg om daaraan reg te laat geskiet.  Wag, laat ek eerder ophou begeer.

Wat is jou idee van kuns?

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

27 08 2011
Olga

n paar fris kuite en ander spiere aan n man?
😉 jy kry die kar fanatikus wat die kar sal uitken aan sy toet.
Mens kan nie stry nie, mooi bly mooi.
N bos vrolike blomme. n Tuin, gebaai in kleur.
n Paar mooi skoene wat reg laat geskiet aan die regte bene.

29 08 2011
Xena Phoenix

Olga, duidelik is net ek en jy vlak genoeg om ander kuns te waardeer. 😉 Mooi bly darem wragtig mooi.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: