Verskroeide Aarde

25 08 2011

Eergister toe ek by die huis kom, ruik ek ‘n brand.  Ek kan egter nie iets sien, wat my dus nie met iets laat wat ek daaromtrent kan doen nie.  Snaaks genoeg was my bad ook tekens van as en roet.  Later verneem ek van brande aan die Weste van Gauteng wat tot aan die Oosrand geruik kan word.  As ek dit nie self beleef het nie, het ek dit wragtig nie geglo nie. 

Gister was die koerant vol van die skade wat mense gely het.  R16 miljoen op een plaas klink net na ‘n nommer, maar wanneer ‘n mense van die fisiese skade hoor, wil jy ineenkrimp.  ‘n Huis wat tot teen die grond afgebrand het.  Troeteldiere wat saam met die huis tot as is.  Wilde diere wat nie die vlamme kon ontsnap nie en toe verkool is.  Koeie wat se spene afgebrand het en toe van hulle lyding verlos moes word.  Vrouens wat deur vlamme op die pad vasgekeer is, sodat hulle bande gesmelt het.  Hulle moes toe te voet vlug en het 50% brandwonde opgedoen het. 

Die maak ‘n mens briesend.  Mense is soms so roekeloos en dink nie wat hulle ondeurdagte optrede kan doen nie.  Ten spyte daarvan dat drink en bestuur teen die wet is, het baie mense ‘n bottel tussen die bene wanneer hulle ry.  Die bottel word gewoonlik sommer deur die venster geslinger wanneer hulle klaar is, waar die glasstuke wel ‘n onbeheerbare brand kan veroorsaak.  Die meeste rokers gee ook nie ‘n duiwel om waar hulle hulle stompies gooi as hulle klaar is nie.  ‘n Baie klein kooltjie dalk, maar vir uitgedroogde veld is dit dalk al wat nodig is.  Braai’s word nie behoorlik dood getrap voordat die braaiers pad vat nie ens.

Roekeloos word dalk vergesel met per ongeluk, maar wat dan van mense wat willens en wetens ‘n brand stig.  Om iemand te straf of om hulle ongelukkigheid met iets te betoon.  Al die pyn, lyding en skade uit iemand se vernietigingsdrang.  Soos wat in Schweizer-Reneke gebeur het.  Die brandstigters sit seker en lekker kry vir die verwoesting wat hulle gesaai het.  Klop hulleself op die skouer op werk wat goed gedoen is. 

“Cut off your nose to spite your face.”  Ja, die boere het groot skade gelei, maar hulle het versekering.  Dit is ‘n gatslag, dit is pynlik, maar dit is oorkombaar.  Die verlies aan weiveld, beteken verlies aan vleisproduksie.  Wat vleis baie duur gaan maak.  Die verlies aan melk koeie gaan suiwel duurder maak.  As daar landerye in die slag gebly het, beteken dit dat kos duurder gaan word.  Dit beteken werksverliese en swaarkry vir almal.  Veral vir die sogenaamde armes wat die skade veroorsaak het en niks het om op terug te val nie.  

Dan gaan hulle seker nog vermetel genoeg wees om hulp te eis.  Nie omdat hulle dit verdien nie, maar omdat hulle kan.

Wat behoort ‘n geskikte straf vir ‘n brandstigter te wees?

Breinvasbrand:  Wat beteken “Basa njengo Magogo”?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Safia Farkash.


Aksies

Information

8 responses

25 08 2011
Olga

eerste!
Maak jou vuur soos die ouvrou? Of so iets. Ou blerrie heks.

25 08 2011
Olga

n goeie straf vir die brandstigters, sal n petrol deurdrenkte buiteband om die nek wees. Weereens hebsug.

25 08 2011
Dion

Nie met hierdie regering en sy wette nie. Die brandstigter wou dan net ‘n vuur maak om die winterkoue af te weer – hoe kan jy nou so ongevoellig wees?
In Juju se woorde: “I didn’t know!” en kort op sy hakke “You racist!”…..4k….
Op ‘n ander trant – jou prentjie het my herinner; ek het al voor so vuur gestaan waar daar ‘n pad deur die bosse geloop het en die vuur het 50-60m die lug in gebrand. Dis ongetemde onbegreiplike geweldadigheid. Niks behalwe ‘n klip kan dit oorleef nie. Die teer was in poele gesmelt. 100m van die vuur af het ons sonbrand opgedoen. Die vuur was ook gestig deur werkers wat ‘n skaap gesteel het en sommer daar in die veld gebraai het.

25 08 2011
Selene Phoenix

Maak mens woedend!! Soveel skade en diere wat dood gebrand het… mense wat seer kry ens ens!! 👿

Ek verstaan nou hoekom daai boere so paar dae terug in die koerant brandstigters geslaan het!! En vandag is hulle in die moeilikheid.

Ai ek dink aan die mense wat alles verloor het 😦

Straf: Om te gaan help skoon maak, diere versorg wat nie hoef uitgesit te word nie… en op die plase gaan werk tot die boere gelukkig is!!

25 08 2011
jagternw1976

Ek stem saam Olga. As jy met vuur speel gaan jy brand. Opsetlike brandstigting = 1 Vuurhoutjie en 10 Liter petrol met die brandstigter in die openbaar.

25 08 2011
Olga

Whoop! Whooooop! Bastards moet kry wat hulle uitdeel.

25 08 2011
demoerin

Regering gee nie om nie…al wat hulle oor omgee is nuwe wette vir nuwe belastings en om so nou en dan die regte geluide te maak. Hulle is baie goed met praat, en baie sleg met doen.

25 08 2011
Nikita

Dis vreeslik ontstellend. Ek het ‘n vrees vir vuur- veral hierdie tipe. Ons het op die plaas ‘n foxie verloor wat met voorbrande deur die vuur gehardloop het. Ons dink die hondjie was iewers vasgevang, want hy was altyd tussen die lang grasse op soek na ‘iets’. Dit was wreedaardig en een van die plaaswerkers moes die hondjie vir ons uitsit [met ‘n geweer], daardie hondjie-beeld bly my vandag nog by, dit was verskriklik toe hy die kombuis ingestorm kom – sal dit nooit vergeet nie. Ek hoop daardie vuilgoed kry wat hulle verdien vir hierdie brandstigting – maar soos gewoonlik sal hul mos vry rondloop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: