Antoniem van Liefde

25 08 2011

Daar word gesê dat daar maar ‘n baie dun lyn tussen liefde en haat is.  Gewoonlik deur groot mense wanneer een of ander jongeling passievol verklaar dat hy of sy iemand van die teenoorgestelde geslag HAAT.  Die omgekeerde is ook waar.   Daar word ook gesê dat jou grootste vyand jou beste vriend is.  Hulle ken al jou swak plekke wat nuttig te pas kom wanneer julle “teenstaanders”.  Soms gebeur dit ook dat mense wat op ‘n stadium lief genoeg vir iemand was om mee te trou, later met afgryse en veragting op die vorige liefling neerkyk.

Daar raak ek nou so effens te filosofies en slaan eintlik ‘n heel ander rigting in.  Waar daar mense en verhoudings is, sal daar konflik wees.  Soos die mens nou maar een maar is, gaan die konflik dikwels met groot drama gepaard.  Onthou julle daardie Flake advertensie van jare terug toe die vrou haar vir die man vererg en dan sy tikmasjien uit die venster gooi?  Almal het nou  wel nie tikmasjiene om te gooi nie, maar hulle haal soms uit om hulle ongelukkigheid te wys.

Die eerste ding wat gewoonlik deurloop is foto’s.  Die ander persoon se foto’s word vernietig of op een of ander manier geskend.  Ek wonder altyd hoeveel ure word gespandeer om deur al wat ‘n foto is te werk om die gesig dood te krap, oor te plak of sommer net uit te sny.  Ek sien nie heeltemal hoe dit die persoon uit die ander se lewe verwyder nie, maar niemand kan sê dat hulle nie probeer het om herinneringe uit te wis nie.  

Ek weet weer van ‘n meisie wat eendag ‘n baie groot versameling teddies geërf het.  Voordat sy nog gebore is.  Die vorige eienaar het pas met die liefde in haar lewe opgebreek en die teddies – wat oor jare met liefde aangedra was – moes pad gee.  Ander mense gaan weer voluit om dit te vernietig.  Goed word stukkend geslaan en / of verbrand.  Enige iets wat die ander persoon tot die mens se lewe bygedra het.  Veral as dit vir die ander persoon nog waarde het.  Hoeveel mense het nie hulle voormalige geliefde se motor, huis of werk vernietig net om wraak te neem nie. 

Na my nederige mening is dit alles ‘n onnodige vermorsing van tyd, energie en goeie goed.  Niks kan tog herinneringe, goed of sleg uitwis nie.  Mense is so passievol besig om hulle haat uit te beeld, dat hulle een ding geheel en al vergeet.  Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie.  Dit is ongeërdheid (indifference). 

Wanneer jy ‘n persoon – self met goeie rede – haat, voel jy nog iets vir hom of haar.  Daarop kan daar voortgebou word.  Dit is energie wat jou aan hulle bind.  Dit is eers wanneer jy niks voel vir die persoon nie, dat jy waarlik vry is.  Dan pla geskenke, foto’s of herinneringe aan die mens nie. 

Het jy al probeer om iemand se herinneringe uit jou lewe te verban?  Hoe het jy te werk gegaan?

Breinvasbrand:  Wie het die liedjie “When Love and Hate Collide” gesing?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “maak vuur sood die ouvrou”

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

26 08 2011
Olga

eerste!
Deff leppard.
Ek kon nog nooit die groot bo haai oor niks insien nie. Dis gewoonlik hulle wie so HAAT en verniel wie die man / vrou wie hul so HAAT keer op keer op keer op keer terug neem. Wat praat ek tog? As die goed verdwyn, gaan soek hulle hulle. Seker bang hul lewe gaan te ordentlik wees sonder die gehate mens daarin.

26 08 2011
J W W

Soms, dink ek liefde, veral tussen man & vrou is net hormone wat kerm, want sodra die oogklappa afgaan verander liefde in haat sommer net so !!!

Ware liefde, is slegs te vinde tussen ‘n ma en haar kind, maak nie saak wat die kind aanvang nie, ma se liefde is onkondisioneel.

26 08 2011
Olga

givd it up 4 jww! Whoop! Whoop!

26 08 2011
Selene Phoenix

Goeie more!!

Ek het al so gevoel… maar net een foto op geskeur toe is dit sommer dit ook 😆 Nie tyd gehad om nonsens uit te sort nie, ek wou pak en vinnig ook! Ha ha ha!!

Solank ‘n man en vrou nie die kind/ers in die middel plaas nie kan hulle maar mekaar se goed afbreek. Dis maak my die hel in as ek hoor ‘n vrou hou die kind van die pa af weg om hom terug te kry.

26 08 2011
Charms

Ag nee wat, ek breek/brand/snipper niks nie. Dit was deel van my lewe en dien dan ook as ‘n les – goed of minder goed.

26 08 2011
Toortsie

Daar was n tyd in my lewe wat dit vir my sleg was om aan n sekere persoon te dink. Sy het my baie seer gemaak. Ek het goed wat my aan haar herinner het verwyder sodat my gedagtes nie onnodig na haar gegaan het nie. Dit was vir my goed. (dit was nie n liefdesverhouding nie, gehoor!)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: