Wegkruipertjie

24 08 2011

Waar is Muammar Gaddafi?

Ghaddafi is nogal ‘n interessante kalant.  Sedert hy in 1969 in bewind gekom het, het hy die langste heersende Arabiese heerser geword.  Hy is ook die 4de langste nie-koninlike heerser sedert 1900.  Ek moet seker sê was.  Die Libiese rebelle het na 5 ure se “intense botsings” dit reggekry om Bab al-Aziziya-kamp in te val.  Hulle kan dus daarop roem dat hulle nou beheer van Libië oorgeneem het, maar soete oorwinning ontbreek nog.  Daar was geen Muammar Gaddafi in wie se wonde hulle sout kon vryf nie. 

Daar kan selfs geskimp word dat daar so ‘n bietjie van die rebelle gekke gemaak word.  Terwyl daar gespog was dat Saif al-Islam – een van Ghaddafi se seuns – gevange geneem is, het hy reguit na Rixos hotel in Tripoli gereis om te wys dat dit nie waar is nie.  Volgens hom is sake onder beheer en het die Weste  telekommunikasie netwerke ontwrig om vals boodskappe te versprei. 

Van Ghaddafi kan daar baie dinge gesê word.  Daar kan dalk gevra word of hy al sy varkies op hok het, maar heeltemal dom is hy nie.  Diktators is gewoonlik net ‘n rukkie lank sukesvol.  Dit blyk dat sy dag gekom het, maar tot daar ‘n Ghaddafi is, sal die nuwe Libiese leier maar oor sy skouer moet loer.  Ghaddafi is dalk een van die beste menslike voorbeelde van onkruid en soos julle weet, vrek onkruid nie.

Britanje se Geheime Diens het in 1969 probeer.  In 1976 het ‘n skerpskutter probeer, maar nie een van die koeëls het hom getref nie.  Valéry Giscard d’Estaing het in 1981 saam met Egipte beplan om Ghaddafi uit die weg te ruim.  Amerika wou nie saamspeel nie, maar was seker later spyt.  In 1986 het Amerika bomme ingespan, maar Ghaddafi het ure voor dit gevlug.  Meer as 2000 Libiese soldate het in 1993 probeer en baie van hulle het met hulle lewe geboet.  In 1996 het Islam ekstremiste saam met die MI6 Ghaddafi se konvooi aangeval, maar kon niks vir hulle moeite wys nie.

Nou wil die wêreld graag glo dat Ghaddafi se dag gekom het.  Dit klink heeltemal te eenvoudig vir die kleurryke leier.  Hy het geld – baie daarvan – reg oor die wêreld.  Daarby het hy baie gunste wat hy kan oproep, onder die ANC ook as ek reg kan onthou.  Buitendien het Osama Bin Ladin amper 10 jaar lank vir die Weste weggekruip.  Geen rede hoekom Ghaddafi dit nie ook kan regkry nie.

As ek moet raai, raai ek dat Ghaddafi nie lewendig gevang sal word nie.  Hy sal nie die eerste of laaste diktator wees om eerder self ‘n einde aan alles te maak nie.  Dalk nog moontlik die einde laat opvoer en self ontsnap waar hy die Weste tot die einde van sy natuurlike lewe uitlag. 

Dan was Ghaddafi nooit een om dinge te doen soos ‘n mens verwag nie.  Tyd sal miskien leer.

Waar dink jy is Ghaddafi?  Glo jy vir Jacob Zuma dat hy nie in SA is nie?

Breinvasbrand:  Wie is Ghaddafi se huidige vrou?

Breinlosbrand:  Jagter was reg met Lina Spies

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

24 08 2011
Toortsie

Nee jong! Ek weet nie

24 08 2011
Plaasjuppie

Osama bin Hiding is tans die wegkruipertjie wêreld kampioen met Saddam Hoesein tweede. Broeder leier sal nog ‘n rukkie moet weg wees voor hy die titel kan oorneem.
As neef Jakob sê die son skyn buite, dan moet jy liewer maar self gaan kyk. Maar ek dink die keer praat hy die waarheid…maar dit beteken nie dat hy nie weet waar broeder leier is nie

24 08 2011
Selene Phoenix

Safia Farkash?

Hy lê seker iewers langs ‘n swembad met ‘n lekker cocktail!! Dis seker moontlik dat hy hier in SA is… ons pres sê mos nie nee vir geld nie! En ons almal weet hoe lekker hy kan lieg!

24 08 2011
Olga

heel waarskynlik sit die ou oliebol smeerlap met n vaseline gesmeerde kaalkop in mahlamba ndlopfu, soos selene tereg se…

24 08 2011
Sonlig

Waarskynlik iewers in Soweto in ‘n haarsalon. Dit moet BAIE bottles dye vat om daai krulle bol so swart te hou!

😉

24 08 2011
demoerin

Bwahahahaha

24 08 2011
demoerin

Yip, ou Jacob en Brother Leader omhels mos altyd met elke geleendheid soos lankverlore vrinne. Ek hoop nie hy is in SA nie..Amerika sal hom sommer hier bom 😆 Ek dink hy het gevlug….dalk na Algerië? Alhoewel hy mos gesê het hy sal veg tot die einde en ‘n Martyr van homself maak.

24 08 2011
Olga

ja, hy het n ‘mater’ van homself gemaak. Net nie seker wie sn nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: