Revolusionêre Nonne

24 08 2011

So van ou Gaddafi gepraat, moet ek seker ‘n paar woorde oor sy lyfwag sê, terwyl hulle nog in sy diens staan.  Wat ook al met Gaddafi gaan gebeur, gaan dit ‘n definitiewe impak op hulle ook hê.

Die Revolusionêre Nonne, ook bekend as die Amasonies Wag of die Groen Nonne het in die vroeë 80’s ontstaan.  Gaddafi het pas has die amptelike leier bedank en die titel van “Broederlike Leier en Gids van die Eerste dag van September Groot Revolusie van die Sosialistiese Mense Libieses Arab Jamahiria” (Brotherly Leader and Guide of the First of September Great Revolution of the Socialist People’s Libyan Arab Jamahiriya) aangeneem.

In die 70’s het Gaddafi dikwels sy mond oor die rol van vroue uitgespoel.   In sy Groen Boek het hy ook vroue se rol beperk tot huishouding en moederskap.  Dit was dus nogal ‘n verrassing toe hy tussen 30 en 40 vroue as sy persoonlike lyfwag aangestel het.  Sonder dat daar nou regtig ‘n goeie rede daarvoor was, behalwe dalk net omdat hy wou anders wees.  Daar word ook beweer dat hy geglo het dat Moslemmans nie sommer op vroue sal skiet nie.  Wie weet waar hy so ‘n idee sou kry.

Die vroue is nie net daar vir die mooiheid nie.  Hulle ondergaan streng opleiding wat gevegskunste en vuurwapens insluit.  Aan die einde van hulle opleiding is diegene wat nie uitgeval het nie, moordmasjiene.  Gaddafi kom glo self die room vir sy lyfwag kies.  Die vroue moet ook almal maagde wees.  Wanneer hulle tot lyfwagte verkies word, lê hulle ‘n eed af om Gaddafi met hulle lewens te beskerm en om rein te bly.

Natuurlik word die rein-storie nie vir soet koek opgeëet nie.  Daar word beweer dat die dames nie net Gaddafi oppas nie, maar hom ook seksuele gunste bewys.  Gaddafi was interessant net twee keer getroud.  Hy het van sy eerste vrou geskei en het dus net 1 vrou.  Moslemmans mag mos tot 4 vroue hê.  Die 40 in sy lyfwag is dalk al wat hy nodig het.

In 1998 het Gaddafi se gunsteling wag, ene Aisha, haarself opgeoffer om Gaddafi se lewe te red.  7 ander vroue is in die aanval beseer.

In ruil vir hulle dienste as lyfwagte, hoef die vroue nie by dieselfde reëls as gewone moslem vroue te hou nie.  Hulle mag grimering, westerse klere, naelpolitoer en selfs hoëhakskoene dra.

Julle sal my nie glo nie, maar blykbaar sukkel Gaddafi nie juis om lyfwagte te kry nie.  Dit is na bewering ‘n baie gesogte posisie.   Of die betaling is dalk baie goed.

Ek wonder eerder hoekom moet hulle gereeld weer aangevul raak?  Is dit net ‘n tydelike kontrak of raak hulle te oud vir sy smaak?


Aksies

Information

5 responses

24 08 2011
Xena Phoenix

Nog ‘n stukkie interessante inligting:

In November 2006, as Gaddafi arrived at Abuja airport, Nigeria, with a 200-strong troop of heavily armed bodyguards, a diplomatic incident was caused as security officials tried to disarm them. Gaddafi furiously walked away, gesturing that he intended to cover the 40 km to the capital on foot, and could only be persuaded to yield after intervention by Nigerian president Olusegun Obasanjo, who happened to be at the airport by chance

24 08 2011
Olga

ek dink ou ghadafi se kop raas al dekades lank. Nes ou moegapie en die vaseline invaders sn.

24 08 2011
JWW

Wat de moer maak hom so belangrik…. ek kan nie minder oor hom worry as ek probeer nie. . . . .

24 08 2011
Gerda. J

hy is net nog n seniele ou man.

25 08 2011
demoerin

Ek wonder hoeveel klein Gadaffi’s is daar wat niemand van weet nie… 😆 Ek onthou ek het foto’s gesien van eenkeer toe hy in Rome was, en die klomp in tente voor die hotel geslaap het…bwahahaha

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: