Lied van die Kinders

23 08 2011

Nou die dag loop ek ‘n ou tannie van ons buurt raak.  Soos ou mense maar is, begin sy dadelik te kla oor alles en nog wat.  Dit is die een en daai een se honde.  Daardie een ry weer soos ‘n maniak en die een oorkant kan nie parkeer om sy lewe te red nie.  Ek glimlag maar net hoflik en wonder wanneer sy met al haar klagtes oor my gaan begin.  Daar was seker nie genoeg tyd om deur al haar griewe te kom nie.  Haar volgende klagte het my heeltemal uitgeboul. 

Dit raas glo vreeslik wanneer die kinders soms in die pad speel.  Iemand sou my met ‘n veertjie kon omtik.  Persoonlik hou ek nogal daarvan dat kinders met tye in die pad speel.  Dit is stil en redelik veilig.  Hulle pla mos niemand nie of so het ek gedink.  Duidelik is ek nie 80 jaar oud met min om my mee besig te hou nie.  Ek het hulle nog nooit gehoor nie en hulle maak altyd vir my pad as ek wel moet ry. 

Ek dink dus nie die tannie het rede om te kla nie.  Blykbaar is ek in die minderheid.  Baie mense steun haar glo in die missie om die kinders verkieslik nie te sien of te hoor nie.  Hulle voel dit is hulle reg tot algehele stilte ten alle tye.  Mens wil seker rus en vrede in jou huis hê, maar daar is ‘n tyd wanneer die soeke na inhaligheid neig. 

Dit laat my egter oor iets ander dink.  Die kinders van vandag word so dikwels as nikswerde uitgekryt.  Almal sing basies dieselfde deuntjie.  Toe ons kinders was het ons heeldag buite gespeel, maar vandag lê die kinders net die heeldag voor die TV.  Blykbaar gaan daar niks goeds van die huidige kinders kom nie, hulle almal gaan blykbaar as lui, vet dwelmslawe opeindig. 

Wat word egter van die kinders verwag?  Weens veiligheid kan hulle nie meer met hulle fietse die strate in vaar nie.  As ‘n oorhaastige motoris hulle nie in hulle peetjie inry nie, word hulle moontlik onder die eerste bos verkrag / doodgemaak.  In die poging om almal ‘n dak oor hulle koppe te gee, het huise ‘n posseël tuin – indien soveel.  Waag hulle dit wel om buite die erwe te speel, kry ‘n spul mense ‘n hardaanval omdat hulle glo raas.

Wat anders as die televisie bly oor?  Dit hou die kinders van die strate af en laat die bure toe om in rus en vrede te lewe.  Tot die dag seker wat die televisie se klank hulle pla. 

Elke mens het seker die reg om rus en vrede te eis.  So het elke ouer seker die reg om ‘n sorglose lewe vir hulle kinders te eis.  Dit is mos nie asof die kinders in die middel van die nag in die pad speel nie.  Sou dit jou dan steur, kan jy dit seker ‘n paar uur ‘n dag (nie eers elke dag nie) uitstaan nie?  Dit gaan mos nie net oor eis nie, maar ook oor gee.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie het die gedig “Lied van die Kinders” geskryf?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Jean Baptiste Jolly


Aksies

Information

37 responses

23 08 2011
jagternw1976

Lina Spies.

23 08 2011
J W W

Kan my nie veel pla as kinders baljaar in die straat nie, maar wat my BAIE ERSNSTIG DEMOERIN kry is mense wat 77 honde aanhou in die dorp, en die donenrse goed kef hele phokken dag !!!! ! Sulke stupid mense moet eerder op ‘n plot ver weg van beskawing gaan bly !!!

23 08 2011
Xena Phoenix

Dit is dan sommer wanneer ‘n mens op die eienaars moet blaf. Mens kan seker nie help as jou hond blaf nie, maar mens doen die diere geen guns om te veel aan te hou nie.

23 08 2011
leonvonmoltke

Ons het so ‘n ou tannie langsaan. Sy maak my mal, die kinders kan nie boe of ba sê nie. Wat nog te sê van cowboys en kroeks speel.

23 08 2011
Xena Phoenix

Daar is baie waarheid in Ledigheid is die Duiwel se oorkussing. Ek dink dit is waar die smag na stilte (of dalk iets om oor te praat) vandaan kom

23 08 2011
MaanKind

Ek kom eerder netnou blog oor ‘Vandag se kinders,’ want ek het sommer ‘n hele mondvol daaroor…
(Toemaar jy hoef nie weg te hol nie, dis nie ‘n dreigement nie…)

23 08 2011
Xena Phoenix

😆

Lyk my jy het alweer van plan verander.

23 08 2011
Olga

laat die kinders na my kom en verhinder hulle nie, want aan hulle behoort die koningkryk.

As kinders net jil van leke speel, maak dit my lus om saam te speel, 108 of te not. Nee, stront, laat hul speel. Toe ons as kinders in die str gespeel het, die die grootmense opi stoepe gesit en kyk. Ons was nooit uitgetrap en weggejaag nie. Moet wees wat my verdraagsaamheid vir kinders geleer het. ‘A child learns trough example’ blyk so waar te wees.

23 08 2011
Xena Phoenix

Dit is juis wat ek nie kop nie. Ek het hulle regtig nog nooit gehoor nie. Die ou vrou het seker tregter oortjies om dit op te vang. 😉

Ek stem wel saam, laat hulle jil – dit sit ‘n glimlag op ‘n mens se gesig

23 08 2011
Olga

through 🙄

23 08 2011
nats90210

Daai tannietjie moet in ‘n ouetehuis gaan woon! Mens sien nie meer kinders speel nie. En sodra dit begin donker raak verdwyn hulle in elkgeval en gaan eet aandete.

DMI
Ons het so german shephard wat heeldag en aand blaf… na 6 jaar sal jy dink hy ken jou as jy by die huis stop… maar nope hy begin blaf en hak vas. So wanneer ons hond blaf los ek hom totdat hy my pla 😉

23 08 2011
Xena Phoenix

Huis Herfsblare of Shady Pines soos Charms sê. Dalk moet sy net leer mxit

23 08 2011
demoerin

Ek het gelukkig geen van die waar ek bly nie…behalwe miskien as iemand so kilometer of wat weg op ‘n stil, winderige aand dalk bietjie musiek te hard speel.
Ongelukkig is daar nou maar net ou mense wat glo dis ‘n geriatric reg om oor alles te kla, en glo enigeen aan wie hulle dit wil oorvertel moet luister. Disse kak storie.

23 08 2011
Xena Phoenix

Ek dink dit het seker maar te maak met eensaamheid, maar dit is geen manier om vriende te wen nie.

Melk en koekies is nou ‘n heeltemal ander saak.

23 08 2011
Olga

selene, rol vir jou n tydskrif op, draai vas met kleefband en foeter hom as hy mahala blaf. Duikertjie slaap in die oopte langs ons huis. Toughey het vrede met haar en die wat soms by haar kom ‘opsit’ bessie weer het gestaan en skree. Sy het egter al n les uit die huisgenoot geleer.

23 08 2011
Gerda. J

laat die kinders speel. laat hulle raas. more is hulle groot.

23 08 2011
Nikita

Hoor hoor vir hierdie een!

23 08 2011
Selene Phoenix

He he dankie Olga, ek het al gedink om hom te gaan duik!
Maar sy eienaars is Chinese… so eks bang more eet hulle ons honde! 😯

23 08 2011
Twilight

Mense is snaakse goed. My vriendin vertel haar kinders het op die teer van die parkeerterrein geteken in hulle kompleks – met bordkryt. Dis in Engeland waar dit in elk geval gaan afreen binne ‘n halfuur…Toe raas die buurtannie ook. Die kinders het dit toe met groot lus en vreugde gaan afwas. Enige verskoning om met water te mors!

23 08 2011
Xena Phoenix

Jammerte hulle het nie die ou klakous met water bygekom nie. 😉

23 08 2011
Charms

Stuur vir die tannie ‘n pamflet van Shady Pines tsk.

23 08 2011
Nikita

My vraag is net, skep ouers regtig geleenthede vir kinders om hulself kreatief besig te hou. Word daar van die ouers se kant af genoeg gedoen om die kinders so te stimuleer dat hulle eerder tuis WIL wees en dinge saam met die familie WIL doen as in die strate doelloos rond te hang. Ek blameer ouers, hoor, ek gee nie om wie hier my met klippe stenig nie. Ek is self ‘n ouer. Ouers het ‘n GROOT rol te speel in ‘n kind se doen en late en dit hang van die ouer af wat hy doen/se wat daardie kind se denke/doene gaan beinvloed. Jammer, dis my opinie. Oor en uit. Lina Spies het die gedig geskryf. [lol…ek het dit gegoogle, want ek was nuuskierig om dit te lees, om eerlik te wees, nie die gedig geken nie. ] [my ‘hubby’ is ‘n groot aanhanger van Prof Landman van die Opvoedkunde – sien sy website ook. google dit en Prof Landman se boeke is sy tweede Bybel as dit by kinders en opvoeding kom. toe ek ‘n 1ste jaar student was, het ek altyd gese, alle meisies moet Onderwys gaan studeer vir ‘n jaar na skool – soos die manne Weermag toe moes gaan. Mense wat niks van kinders weet nie, sou soveel meer geleer het.]

23 08 2011
Nikita

http://www.suepalmer.co.uk/the_5_finger_excersise.php So pas op hierdie link afgekom – jy het slegs jou 5 vingers nodig. Baie oulike video van die vrou. Haar site opgesoek oor heeltemal iets anders en die link gesien – baie toevallig.

23 08 2011
Xena Phoenix

Hi Nikita

Daar is darem ‘n verskil om in die pad (voor die ouerhuise omdat die erwe te klein is) te speel en om in die straat rond te lê vir kwaadgeld. Die eersgenoemde is eintlik net ‘n verlenging van die huis, hulle is dan nog steeds binne roep (en oppas) afstand.

Lina Spies se gedig is een van my gunstelinge, hoewel dit nou nie heeltemal toepaslik is vir my post nie. 😉

Sue Palmer het ‘n interessante gedagte. Ek moet nog hieraan herkou.

23 08 2011
Nikita

Hi Xena, daardie verskil ken ek te goed, maar ek blameer nog die ouers, want as daardie kinders die regte leiding/opvoeding tuis kry, sal hulle nie in die strate wil rondhang vir kwaadgeld nie, dis juis hulle van wie ek praat toe ek verwys het in my inskrywing. Dit is ouers wat ‘can’t be bothered’ is. Hulle het self ook as kind nie die leiding gehad nie.

23 08 2011
Nikita

Sien my inskrywing van ‘London’s burning’, dan sal jy verstaan waarna ek verwys.

23 08 2011
Nikita

Ongelukkig sien ek dat ek nie so in diepte op die ouers se invloed op die inskrywing ingegaan het nie – want ek wou meer fokus op die skool-probleem. Die ouers se aandeel is die grootste in die situasie.

23 08 2011
Xena Phoenix

Ek dink nog steeds dat dit twee verskillende kwessies is. Die kinders wat in die straat / pad speel kan dit self saam met hulle ma of pa doen. Skaatsplanke / fietse ry lekkerder op teer as op gras. Krieket word ook net soveel makliker op ‘n groot gebied gespeel.

Die narre wat in London is, is misdadigers. Hulle het goed geweet dat wat hulle doen verkeerd is en niemand se goedkeuring gaan wegdra nie. Hulle het nie gespeel nie, hulle het gaan moeilikheid maak. Hulle is ook gemiddeld heelwat ouer as die kinders waarvan ek praat. En daar is rede om oor hulle te kla. 😉

23 08 2011
Nikita

Xena, ek stem saam dis twee verskillende kwessies, maar dan kry jy kinders wat in die straat ‘rondhang’ [speel] – wat daar rondhang omdat hulle regtig niks het om te doen – NIE die waarvan jy hierbo in die inskrywing praat nie, die wat dan in die straat speel – veilig en hulle raas en speel [vir die lekker] – die van wie jy praat – en die wat rondhang vir kwaadgeld. Ek het oorspronklik verwys na die wat rondhang en niks, soos in niks, te doen het nie, wie se ouers ook nie hul help om kreatief besig te wees – soos in met ander ook te speel [al maak dit bietjie lawaai nie]. Ek het al sulkes gesien, hulle loop doelloos rond, weet nie wat om te doen nie. Die gangsters is daarop uit om iets spesifieks te doen, snuif ens ens. Beide die groepe sit met ouers wat ook nie die regte leiding gehad en daarom kry jy hulle. Met die wat vir die lekker in die straat speel, het ek nie ‘n pyn nie. Mense wat daarmee ‘n pyn het, het nie hul eie kinders nie, of het self nie as kind so gespeel nie. Jammer as ek jou ‘geconfuse’ het. – ek is maar so. lol

24 08 2011
Xena Phoenix

😉

Dan stem ons mos saam

24 08 2011
Nikita

Ek het van die begin af saam met jou gestem – soos altyd. [‘n ja-broertjie-ekke…LOL]

23 08 2011
Selene Phoenix

Jammer DMI! Ha ha ha! Ek het dit eintlik vir JWW bedoel! 😳 Wys jou net ek sien sy prentjie maar spreek jou sommer aan!

23 08 2011
Gogga

Toe ons grootgeword het het ons altyd in die straat baljaar. en was ons altyd voor die straatligte aankom by die huis. Daar was een ou tannie wat altyd iets te se gehad het oor ons pad speelery. Die ou ding was so knorrig gewees. Dalk bly sy nou daar by jou XP.
Nou dat ons ‘n huis soek is dit nogal iets waarvoor ek oplet. Is daar kinders in die strate op ‘n fiets. want dit is mos ‘n bewys van ‘n gesonde gemeenskap.

23 08 2011
Xena Phoenix

Dit is dalk ‘n ou mens siekte. 😉 Ek wonder wat doen ek om haar klagtes te voer. 😆

Ek dink kinders wat in die pad speel, maak die buurt vriendelik. Nie dat ek sal aanbeveel dat hulle op die N1 moet gaan speel nie

23 08 2011
klippie

Kinders wat in die pad speel dui ook op ‘n veilige buurt. Hier by ons ry hulle graag op hulle fietse in die straat want daar is nie veel ander plek om te ry nie. En die bietjie gepraat en geskree hou mos in elk geval teen vyfuur op wanneer hulle begin honger word en huis toe gaan. Sommige mense se enigste plesier is egter om te kla.

23 08 2011
Xena Phoenix

Dit dui veral op min verkeer.

24 08 2011
Sonlig

Ek besef nou hoekom so baie ou mense doof word! Hulle bid so hard vir stilte!

😉 Be careful what you ask for!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: