Rooi ligte

21 08 2011

Teen die tyd behoort dit nie meer ‘n verrassing te wees dat ek nou nie juis volpunte in die huishoudkunde afdeling kry nie.  My talente en belangstelling lê elders.  Daar is natuurlik die noodsaaklike euwels wat ek doodeenvoudig moet doen.  Daar is gelukkig ook euwels wat ek op iemand anders kan afskuif.  Een daarvan is stryk.

So sal ek die wasgoed was, ophang, sorteer en opvou, maar vir die stryk is ek heeltemal bereid om te betaal.  Ek het ‘n strykyster wat 11 jaar oud is wat ek nog nooit gebruik het nie.  Daar is ‘n washuis naby my en dit is heel gerieflik om die strykgoed daar af te gooi en later weer te gaan optel.

In my 12 jaar op die aarde het ek al ‘n ding of twee geleer oor sulke plekke.  Soos dat jou goed byvoorbeeld in die niet kan verdwyn.  Ek moet ook my eie hangers saamgee, dus tel ek gewoonlik die aantal strykgoed.  Wanneer ek die wasgoed gaan haal, tel ek dit weer net om seker te maak.

Nou die dag help die eienaar van die plek my en daar neem die vroumens wragtig aanstoot toe ek my goed tel.  Ek word toe uit die hoogte uit vertel dat ek haar plek maar kan vertrou, hulle steel nie.  Dit is toe dat daar hierdie groot rooi ligte afgaan.

Mense wat te vertrou is, eis gewoonlik nie blinde vertroue in hulleself nie.  Hulle verstaan dat foute soms kan insluip en verwelkom dit as mense hulle goed nagaan.  Haar ergenis het my dadelik oor ‘n paar goed laat kopkrap, soos dat my wasgoed nooit voor my geweeg word nie.  Het hulle iets om weg te steek.  Boonop maak die vrou eers ‘n berekeningsfout met die bedrag wat ek moet betaal en keer toe nog om alles te kroon die verkeerde kleingeld uit.

Ek voel nie meer gemaklik om my strykwerk daarheen te neem nie.  Mense wat blinde vertroue vereis, is gewoonlik die wat nie te vertroud is nie.  Selfs al flikker die rooi ligte, is dit nog nie so erg dat ek sal stryk nie.  Ek bly in Pretoorsdorp en daar is ‘n washuis op elke straathoek, al is dit nou nie gerieflik op my pad nie.  Ek het die strykwerk ‘n bietjie laat ophoop en toe maar ‘n wavrag na ‘n ander plek geneem.  En raai wat!!

Die massiewe klomp wasgoed weeg toe skielik minder as wat my “min wasgoed” by die ou plek geweeg het.  Die eis van blinde vertroue het die vroumens behoorlik in die voet geskiet.  Ek was heeltemal bereid om haar woord te vat oor wat my wasgoed weeg, dit het my tyd gespaar.  Sy kon my vir eeue bevark het, maar haar aggressie het haar van die ekstra melk verlos.

Jy kan my vertrou het altyd presies die teenoorgestelde reaksie van my.  Vertroue word verdien, nie geëis nie.  Wat laat die rooi ligte gewoonlik vir jou flikker?

Breinvasbrand: Wie het in die 19de eeu agter gekom sy tafeldoek word skoner nadat sy bediende keroseen daarop gemors het?

Breinlosbrand:  DMI was reg met Jessica Tandy.


Aksies

Information

12 responses

21 08 2011
MaanKind

Bring vir my, ek hou van stryk. Doen al ons gastehuisbeddegoed self…

22 08 2011
Xena Phoenix

Maankind, jy klink na my ideale buurvrou.

21 08 2011
Gerda. J

hoe toevallig. ek het laasweek op dit afgekom toe ek byprodukte van steenkool nagevors het. jean baptiste jolly.
ek haat stryk. nie soos n rooi duiweltjie wat ek ken wat ure lank kan staan en stryk nie. nee, siessa.

22 08 2011
Xena Phoenix

Die rooi duiweltjie bly seker nie naby ‘n washuis nie. Of langs Maankind nie. 😉

21 08 2011
Olga

he, he, skinderbekke kom nie in die hemel nie. Ek hou nie van stryk nie, maar is gewoond daaraan.

21 08 2011
Olga

Oorvriendelike mense laat my nekhare regop staan. Veral as hulle nie regtig rede het om so vriendelik te wees nie. Snaaks hoe “dom” mense soms met geld kan wees ne. Veral as jy aan die verloorkant is. Jy behoort mos al te weet dat alle skale nie gewig dieselfde lees nie. Party word sommer met die hand aangehelp. Ander met die oog.

22 08 2011
Xena Phoenix

Wat kan ek sê? Time is money.

23 08 2011
Xena Phoenix

Ek stem saam, vriendelike mense laat jou vol stroop en daar is iets agter die vriendelikheid. Vermy soos pes

22 08 2011
JWW

Ja nee kyk, as iemand so aanhou met “jy kan my vertrou” dan juis doen ek die teenoorgestelde…..

23 08 2011
Xena Phoenix

Presies. Of as hulle ‘n hartaanval wil kry omdat hulle nooit jok nie.

22 08 2011
Gogga

Mense wat se; moenie worry nie ek weet wat ek doen. Hulle maak my versigtig. Ek maak dan al klaar plan A en B op in my kop om hulle te red of iets te red wat hulle gaan opneuk.

23 08 2011
Xena Phoenix

Nog ‘n goeie een.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: