Muursiekte

18 08 2011

Ek sien deesdae al hoe meer hoe Suid-Afrika lam gelê word deur die muursiekte epidemie.   Eintlik is ek nog nie seker of dit ‘n siekte of ‘n toestand is nie.  Dalk is dit eerder ‘n sindroom.  Ek is nie seker hoe aansteeklik dit is nie, maar ek weet darem dat daar nie pille daarvoor is nie. 

Muursiekte is eintlik niks nuuts nie, dit staan ook bekend as stiksienigheid.  Mense wat net hulle eie uitkoms sien en dan nog boonop weier om verby hulle neuse te dink.  Hulle weet wat hulle wil hê en soek dit.  Die probleem is gewoonlik dat hulle geen kreatiewe idees het om dit te bekom nie, buite om onredelike eise te stel.  Natuurlik nie aan hulleself nie, maar eerder aan mense wat geen voordeel uit hulle visie gaan trek nie.  Mense (of instansies) wat moontlik erg daardeur benadeel kan word.

Nou behalwe vir die bysiende tonnel visie, maak muursiekte die lyers (of is dit eerder die bevoordeeldes) doof ook.  Daar is geen manier dat hulle oor die onredelikheid van hulle eise oortuig kan word nie.  Hulle weier om na ‘n ander rigting te kyk, hulle weier self om ‘n tree terug te vat om die groter prentjie te sien.  Hulle weier om die feite te aanvaar of om doodeenvoudige bewyse te aanvaar.  Hulle is basies soos ‘n muur, waarteen jy jou hande stompies kan baklei sonder om een aks vordering te maak. 

Die verspreiding van die siekte is nogal interessant om die minste te sê.  Die oppergesag van die land is vervuil met die siekte.  Dit is hulle wil wat sal geskiet en de duiwel met die grondwet, die raadgewers, gesonde verstand en, laaste EN die minste, die belastig betaler.  Die siekte floreer ook by die massas, wat hulleself ironies genoeg oor die werkers noem.  Ek moet seker toegee, die dansery op straat is seker erger as enige gim oefening.  Wanneer hulle eise gestel is, gaan hulle eerder honger, as om dit reg te stel.  Daar is natuurlik ook ander lyers orals om ons.  Gewoonlik die wat sonder feite of rede in ‘n vergadering vasskop en weier om die ander punt in te sien. 

Amper maak ek my nou self skuldig om teen my eie neus vas te kyk.  Dit is nie hulle wat ly nie, dit is eerder die redelikes wat ly.  Die wat na ‘n wen-wen situasie soek of wat ander probeer akkomodeer.  Dit is hulle wat die stryd probeer stry, met wapens wat bloot net nie werk nie.  Vraag is nogtans hoe word stiksienigheid genees?  Hoe laat jy ‘n siende blinde kyk en ‘n horende dowe luister?

Ek dink aan ‘n baie groot hamer reg tussende die oë.  As dit dan nie die stiksiendenheid en domastrandheid uit die mens haal nie, haal dit die mens uit die stiksiendenheid en domastrandheid.  Wat sonder ‘n mens skadeloos is.  Werk vir my.

Hoe reken julle moet muursiekte genees word?

Breinvasbrand:  Aan watter vakbond behoort die munisipale werkers wat nou ‘n 18% verhoging eis?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Bollie.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

18 08 2011
demoerin

Om mee te begin, ontbind alle unies. Met ons progressiewe arbeidswette, waar geen baas of werknemer kan poep sonder om in die moeilikheid te wees nie, glo ek nie daar is enige plek vir unies in ons land nie. Die wette kyk na indiensnemeing, werksomstandighede ens. ens. Al wat die unies elke jaar doen is om die outjies te mobiliseer om te dans vir meer geld. Basies die werkgewers en die land hostage te hou.

18 08 2011
demoerin

O..SAMWU

18 08 2011
Olga

eerste!
Samru?
Jong as topbestuur tot en met 507 persent verhoging kan kry, hoekom moet die werker vir 5 persent dankie se? As topbestuur in die munisipaliteit hulself met tot 6 syfer bonusse kan beloon net omdat daar n geldjie beskikbaar is, hkm moet die werker net 7 persent kry?

18 08 2011
Olga

skuus dmi, ek jok. TWEEDE!

18 08 2011
Olga

kyk hoe het die lot in durban spesiaal vir die kamera rommel gestrooi. Hul gevrete was oop en bloot vir almal om te sien. Sonder hul uit. Vervolg die 4kers. Rommelstrooi is teen die wet. Vervolg hulle vir saakbeskadiging. Maar vervolg die topbestuur vir diefstal. Die bonusse en of 3 syfer persentasie verhogings was die instansie se wins. Hulle is werkers, nie aandeelhouers nie.

18 08 2011
leonvonmoltke

Daar is nie pille vir domgeid nie.

19 08 2011
demoerin

Daar is pille vir domgeid Leon, ons noem dit arseen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: