Pato en Gene

17 08 2011

Ek was nou so voorbarig om vir almal huiswerk uit te deel, sonder om dit self te doen.  Toe kom deel Olga ook nog huiswerk uit.  Nie juis dat ek dink my talente strek so ver as kinderliteratuur nie.  Ek het maar die verbeelding met die klip.  Lees op eie risiko.   En verskoon tog die vreeslike onoorspronklike name – ek besef dit is so goed as om by Mina Moe te steel.

Pato en Gene het nie ‘n huis nie.  Hulle bly nie eers in gatte, grotte of neste nie.  Hulle is hopeloos te lui om vir hulle sulke goed te maak.  Nee, wat!  Hulle bly sommer op Hennie. 

Moenie dink dat Pato en Gene Hennie se maatjies is nie.  O, Nee!  Hulle wil eintlik net vir Hennie siek maak.  Hennie sal hulle graag wil wegjaag as hy kon, maar Pato en Gene is kieme.  Hulle is te klein vir Hennie om te sien. 

Dit is geen wonder dat Pato en Gene sulke boelies is nie.  Hulle het nie ‘n Mamma of ‘n Pappa om vir hulle maniere te leer nie.  Hulle groei verskriklik vinnig, maar raak nooit baie groot nie.  Wanneer hulle twee keer hulle grote is, breek hulle sommer in twee en maak hulle nog ‘n kiem.  Pato sal sy nuwe kiem Gene noem en Gene noem weer sy nuwe kiem Pato.  Dit is hoekom Pato net soos Gene lyk en Gene lyk nes soos Pato.  Hulle kan in een dag baie Pato’s en Genes maak. 

Soos julle kan sien, is hulle eintlik maar baie dom en verskriklik lui.  Om vir Hennie siek te maak, moet hulle binne in Hennie kom, omdat hulle nie juis veel buite Hennie kan doen nie.  Of hulle moet so baie word dat mens nie eers meer vir Hennie kan sien nie.  Hennie is egter baie slimmer as hulle.  Hy weet dat Pato en Gene niks van seep en water hou nie.  As hy homself elke dag mooi bad, gaan hy baie van die Pato’s en Genes afwas en dan kan hulle hom niks maak nie.

Ongelukkig kan Hennie nie hulle almal afwas nie.  Partykeer gaan kruip Pato agter Hennie se oor weg, want Hennie was nooit daar nie.    Gene gaan wag sommer in Hennie se vuil klere.  Wanneer Hennie die vuil klere weer aantrek, kan Gene weer op Hennie bly.  Mamma bederf die planne soms as sy Hennie se ore was of sy klere was voor hy dit weer kan aantrek.  Dan gaan sit Pato en Gene sommer op die bad se rand waar hulle weer op Hennie kan klim. 

Eendag het Pato en Gene wegkruipertjie gespeel met al die ander Pato’s en Genes.  Hulle het onder Hennie se naels gaan sit.  Toe Mamma vir Hennie roep om te kom eet, was hy verskriklik honger.  Hy het dadelik gaan eet, sonder om sy hande te was.  Pato en Gene het gesien dat vandag hulle kans is.  Hulle het saam met die kos, binne in Hennie gekom.  Daar het hulle lekker saam geëet en ‘n klomp Pato’s en Genes gemaak. 

Hennie het weer buite gespeel, maar later het hy baie naar en moeg geword.  Sy kop was seer en hy was nie luis om te speel nie.  Hy het binne gaan lê.  Dit was al die Pato’s en Genes wat hom siek gemaak het.  Hulle was ook binne waar Hennie hulle nie met ‘n waslap en seep kon bykom nie. 

Mamma was tog slimmer as hulle.  Sy het Hennie dokter toe gevat en die dokter het vir Hennie medisyne gegee wat die Pato’s en Genes uit hom gehaal het.  Toe Pato hoor dat Mamma vir Hennie medisyne gee, het hy tussen Hennie se tande gaan sit.  Hennie hou mos nie van flos nie.  Hy het toe vinnig uitgehardloop toe niemand gekyk het nie.  Gene het gewag tot Hennie hom uitspoeg en toe het hy vinnig in Hennie se ore gaan weg kom. 

Hennie het die keer gewen en gesond geword.  Nou moet Pato en Gene weer wag vir ‘n kans om binne hom te kom.  Eendag wanneer Hennie weer nie sy hande was nie.


Aksies

Information

10 responses

17 08 2011
toortsie

Laat ek dadelik gaan flos, my ore was, ……

17 08 2011
Olga

sulke donnertjies. Pragtig. Moet dat my kleinseun dit lees.

17 08 2011
Sofie | Klip in die bos

[…] het nie nodig gehad om huiswerk te doen nie want hierdie storietjie het ek alreeds geskryf gehad vir my agterkleinkind wat in […]

17 08 2011
leonvonmoltke

Ek dink Pato’s en Gene is familie van die Gorrpannies wat ons kleintyd van ons hakke moes afskrop!

17 08 2011
Woordspel…Kinderstorie « Demoerin

[…] Xena het huiswerk uitgedeel….en hier is my probeerslag vir ‘n Kinderstorie. Dis baie moeilik om nie ‘n storie met ontploffings, dood en bloed te skryf nie….. […]

17 08 2011
demoerin

Cool!
Huiswerk gedoen o grote slawedrywer… 😆

17 08 2011
Xena Phoenix

Terwyl ek gisteraand gewroeg het om die storie te vertel, het ek nogal gedink dat so iets ‘n oulike reeks kan wees. Miskien geskryf uit die perspektief van Pato en Gene – amper iets soos Pinky and the Brain. Hulle kry dit op ‘n manier reg om iemand siek te maak en ontsnap dan naelskraap. Tot ‘n volgende keer.

Die idee is dat kinders teen hulle moet wees. Soos al die kinders teen die twee. Op die einde tree die kinders as oorwinnaars uit die stryd, maar net tot volgende keer.

Dit is egter iets met iemand met meer verbeelding as ek moet aanpak. Olga, hoe lyk dit? Is jy lus om te probeer?

17 08 2011
Olga

net die mattensies?

18 08 2011
Nadia

Ek hou van die reeks idee ….. dit is ‘n great manier om die kleintjies te leer van kieme en ander derglike dinge 🙂

18 08 2011
Gerda. J

koel storietjie. ek wens ek he die 15jaar gelede al gehad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: