Stories is my lewe

16 08 2011

Toe ek ‘n kinder was, was stories ‘n bederf gewees om elke hoek en draai.  Dink byvoorbeeld nou aan Wielie Walie, waar die hoogtepunt van die program die storie was.  Die einde van die dag in die kleuterskool was ook met ‘n storie afgesluit.  Ek dink ons het tot in st 1 elke dag ‘n storie op skool gehoor.  By die huis was daar ook stories in oorvloed.  Ons was lid van die Daan Retief Kinderklub, wat elke maand vir ons onder andere ‘n storieboek gestuur het.  Daar was ander boeke ook gewees – ek dink nou byvoorbeeld aan Diereland wat ons aan Apie en Bobbejaantjie bekend gestel het.  Ek neem aan julle kan sien hoe ek lief geraak het vir lees en dus ook boeke?

Dit is vir my hartseer hoe min oorspronklike Afrikaanse stories daar is.  Ja, mens kry die vertaalde Herman Potgieters, maar dit is heeltemal te donker na my smaak.  Die skrywer self erken dat die sentrale tema die dood is.  Aan die anderkant van die spektrum word die stories so afgewater om die arme bloedjies onnodige trauma te spaar, dat die kinders se intelligensie skoon misgesit word. 

Mens sal of daarmee verlief moet neem (en elke kermis en boekmark gaan stroop vir goeie stories) of doodeenvoudig self moet skryf.  Die laasgenoemde is dalk makliker gesê as gedaan, maar nie ontmoontlik nie.  Verbeelding is tog al wat jou kan keer en wie weet, miskien kan verbeelding ontwikkel word. 

Daarom het ek dit goed gedink om sommer vir die snaaksigheid dit ‘n tag speletjie te maak.  Sien jy kans om jou eie oorspronklike kinderstorie te skryf?  Dit hoef nie vreeslik lank of vreeslik na aan die waarheid te wees nie.  Ek tag dan vir Olga, Sonkind, Klippie, Demoerin en Toortsie om ons met hulle kreatiwiteit te vermaak.  Onthou om die vreugde van kreatiwiteit te versprei. 

Breinvasbrand:  As wie was Bobo voorheen bekend?

Breinlosbrand:  George Fivaz

NS:  My poging sal later verskyn.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

16 08 2011
Olga

EERSTEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!
Bollie????

Eisj, jy glo nie in vat dit maklik nie, doen jy?

17 08 2011
seegogga

o ek kan nie wag om hulle stories te lees nie! Ek is mal oor stories!

17 08 2011
Die voëlding « OLGA SE OKSELTJIES

[…] wie ek kan tag nie.  Tensy ek vir Selene mag tag.  En vir Leon; Seegogga en Bileam.  En vir Grieters ook.  Sy het huiswerk uitgedeel, maar nie self gedoen nie. Like this:LikeBe the first to like this […]

17 08 2011
toortsie

sjoe! nou sal ek vir 3 dae onder ‘n boom moet gaan sit en kyk of daar nie ‘n storie in my skoot val nie!!

17 08 2011
demoerin

Ek aanvaar die uitdaging…… ek sal gaan dink.

17 08 2011
Xena Phoenix

Olga

Dit lyk nie juis of jy gesukkel het nie. Daar is ‘n rede hoekom myne eers later kan verskyn. Dit het my URE geneem om die storie begin en voordat ek dit kon regkry, het ek aan die slaap geraak.

Krappie

Ek het nogal gedink jy gaan die een geniet.

Fakkel

Geen verskoning vir jou nie. Na 3 kinders moet jy mos al vinnig ‘n storie kan optoor.

DMI

Ons moet darem seker maak Lisa word nie groot met ‘n gat in haar opvoeding nie. 😉

17 08 2011
leonvonmoltke

“Die-tannie-van-wielie-walie” is ‘n wonderlike mens. Haar man, Zach du Plessis, is nou onlangs oorlede. Ek dink sy kry nogal swaar sonder hom.

17 08 2011
Tannie Tossel se blokstorie « Toortsie se Blog

[…] en nog een melkkoei wat buite staan en wei het, gee hom ‘n lekker trap, hy spring op die perd wat hom dadelik afgooi. Hy sien daar staan ‘n donkie en probeer op hom klim, maar donkie byt […]

17 08 2011
Son

Genade, maar jy dink moeilike goed uit! Ek is al te oud vir kinderstories uitdink en al kleinkinders wat ek het (en lyk my ooit gaan hê) is twee honde, ‘n hoender en ‘n skaap. Okay, wag, dalk kan ek ‘n storie oor hulle uitdink 😉

17 08 2011
Olga

grieters, anders as son, het ek n gehoor gehad. Bessie het kommentaar gelewer soos wat ek aangegaan het.

17 08 2011
Pato en Gene « Herriemerrie

[…] was nou so voorbarig om vir almal huiswerk uit te deel, sonder om dit self te doen.  Toe kom deel Olga ook nog huiswerk uit.  Nie juis dat ek […]

17 08 2011
Charms

Oe as “bytjies blaas en ons moet sing” begin het was ek op die mat voor die tv vir Bennie se storie. My kosbaarste besitting was my biblioteekkaartjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: