Van redder tot . . .

15 08 2011

Wee jy!!! 

Ek dink ek verkeer onder ‘n wanindruk – seker die erfenis van Apartheid.  Iewers het ek die idee gekry dat Polisiemag daar is om die onskuldiges en veral die weerloses te beskerm.  As deel van die verantwoordelikheid, moet hulle diegene wat ander in gevaar stel uit die samelewing verwyder.  Sodoende word veiligheid van die wetsgehoorsame burgers gewaarborg. 

Ons weet dat dit nie heeltemal so eenvoudig is nie, veral nie in die tyd en ruimte waarin ons lewe nie.  Ons sit almal in tronke en bid elke aand opreg dat ons nie die hoofberig in more se koerant sal wees nie.  Die polisie is self ook maar goed vervuil met misdadigers en mens is amper nie meer seker wie nou eintlik gevrees moet word nie.  Net toe ek dink die polisie kan nie nog laer daal nie, verras die mense in blou my weer.

Annari du Plessis (43) van die organisasie Crossroads in Vanderbijlpark het ‘n 13 jarige meisie verlede week gered uit ‘n huis waar sy ‘n seksslaaf was.  Sy was blykbaar deur 17 mans verkrag.  Soos die wet vereis, het sy ‘n saak by die polisie aanhandig gemaak.  Soos deesdae die geval blyk te wees, het hulle geweier om die saak te aanvaar.  Hulle het wel geëis dat Du Plessis die kind in hulle sorg laat.  Sy het soos enige regdenkende mens geweier, wie weet wat hulla aan die arme kind sou doen.  Du Plessis was voorheen in die polisie.

Vrydag het die polisie vir Du Plessis gearresteer omdat sy glo die polisie in die uitvoer van hulle pligte verhinder het.  Wat op aarde?  Wat wou die polisie met die kind gedoen het?  Terug “huis” toe gevat het of net voortgegaan het waar die ander opgehou het?  Du Plessis was die hele naweek aangehou en sou gister in die hof verskyn het.  Ek wonder hoeveel van die 17 mans wat die kind verkrag het, was ook die naweek in die tronk.  Ek raai nie een nie, die polisie wat te besig om hulle toorn op Du Plessis uit te haal.

So dikwels word daar gewonder hoekom mense dikwels ‘n blinde oog draai na diegene wat hulp benodig? In plaas dat jy ‘n medalje verdien vir jou heldedaad, gaan jy tronk toe.  As die polisie dan nog beskermers is, wonder ek wie beskerm hulle?  Beslis nie die gemeenskap nie.  As dit dan die norm is en jy in elk geval tronk toe gaan, wonder ek of ‘n mens dit nie die moeite werd moet maak nie.  Reken self met die 17 rotte af en dan weet jy immers hoekom jy gearresteer is. 

Anneri du Plessis is my held vir die week.  Ek hoop sy vat ook die minister van polisie hof toe vir miljoene. 

Gaan die belaglikheid ooit einde kry?

Breinvasbrand:  Wie is in 1995 deur Nelson Mandela as die eerste Nasionale Kommissaris van die nuwe Suid Afrikaanse Polisie Diens aangewys?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Sidney Vernon.


Aksies

Information

10 responses

15 08 2011
Olga

eerste.
George fivas?
Weet jy grieters, jou vermoede mag dalk reg wees. Dan weer, die polisie het jare lank n ongeskrewe, ope geheime behandeling vir vroue en meisies wie van die huis af weggeloop het gehad. Daarom sal jy vandag steeds vroue kry wie weier om hul dogter se verdwyning aan te meld. Dikwels met rampspoedige gevolge.

16 08 2011
J W W

Wee jy !!!

Ek wil nie eers ‘n koment waag nie…. dis net te depressing om nuus te kyk of te lees….

Ek kyk deesdae net National Geographic of Discovery !!!

16 08 2011
Selene Phoenix

👿

Dit maak mens verby woedend!! En dan nog waardeer die kind gegaan het, en die enigste persoon wie wil help sit dan agter tralies!

Dit laat my dink aan die vrou wie die kindertjies van die straat af probeer kry, en dan volgende week is dieselfde kind / baba weer op straat saam ‘n ander “ma”

Die wet moet verander… of mense gaan eenvoudig net nie meer probeer help nie.

16 08 2011
demoerin

Mense raak gatvol. Ek is al verby gatvol.
Wat my bemoerd maak is dat daar wel goeie en getroue polisie is, wie se naam saam met hierdie vrot appels deur die modder gesleep word.

16 08 2011
Gerda. J

daar is eerlike getroue polisie? waar?
ons maak hulle oneerlik. as jy langs die pad gevang word dat jy iets verkeerd gedoen het, wat is jou eerste reaksie? om n SPOTFINE te betaal ne? so wat get jy gedoen? jy het n geregsdienaar omgekoop. SIES VIR JOU! HOEKOM KLA JY DAAROOR? JY is skuldiger as hy / sy.d gevang word dat jy iets verkeerd gedoen het, wat is jou eerste reaksie? om n SPOTFINE te betaal ne? so wat get jy gedoen? jy het n geregsdienaar omgekoop. SIES VIR JOU! HOEKOM KLA JY DAAROOR? JY is skuldiger as hy / sy.

16 08 2011
Klarrie

Mens lees soms in die koerant van mense wat die reg in eie hande neem. Wie kan hulle verkwalik met sulke “geregsdienaars”?

16 08 2011
Selene Phoenix

Getroue polisie – Ja daar is! Nie almal is ontrou nie… baie sit ons voor hulle self en vat nie bribes nie!

16 08 2011
Nadia

Ai, hierdie is erg skokkend ….. ek is ook een van daardie wat eerder nie al hierdie berigte wil lees nie, maar om soos ‘n volstruis mens se kop onder die sand in te druk het ook sy nadele …..

17 08 2011
seegogga

Ek kan eintlik nie glo wat ek hier lees nie. . Ek hoop daar ward ‘n menseregte saak gemaak wat internasionale opslae maak.

24 05 2013
Louise

Ek en MY man sal nooit ooit die polisie vra om hulp…hy was onregmatig gearresteer en ONS het die saak gewen…hulle het gedink my man was iemand wat hulle kamstig gesoek het….die judge het hulle uitgelag. Ons bly uit hulle pad uit soveel as moontlik en as ek alleen ry is ek steeds bang…Elke keer as ons iewers is en ons hoor sirens is ons klaar benoud. Ons ken vir Annerie persoonlik sy is ‘n engel rerig…sy het goed bedoel dink net as SO iets met een van ons meisiekinders gebeur het….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: