Om te Verafrikaans

13 08 2011

Om een of ander rede is Suid-Afrikaners maar van altyd af lief daarvoor om goed Engelse name te gee.  In ‘n land met 11 amptelike tale, is daar seker niks verkeerds daarmee nie.  Behalwe natuurlik in die toerisme bedryf, waar alles mos nou opsluit ‘n Afrika naam moet hê. 

Ek het terwyl ek geswot het die gewoonte opgetel om die name te vertaal.  Dit verskaf my kuikenbrein nogal baie vermaak om daarmee rond te speel.  So gaan koop ek graag by Kies & Betaal (Pick ‘n Pay) en dink aan Beker & Boontjie (Mugg & Bean) as ‘n verlenging van my sitkamer.  Susters met Blasies is iets wat ek met liefde jaarliks doen.  Wanneer ek iewers heen ry dink ek graag aan wat die Afrikaanse Lirieke van die liedjies waarna ek luister sal wees.  Ek vertaal ook soms flieks se titels – net so vir die snaaksigheid.  Brigette Jonas is volgens my die Afrikaans vir Briget Jones. 

Baie mense dink nie dat ek besonders oulik is nie en ander snap dit moeilik.  So sit ek een aand met ‘n ou op mxit en gesels.  Almal weet mos dat ‘n mxit gesprek begin met WMJ?  Dit is nou Wat Maak Jy vir diegene wat nie sms taal verstaan nie.  Hy vertel my toe dat hy “Charlie’s Angels” kyk en vra toe natuurlik wat kyk ek.  Ek antwoord dat ek ook Karel se Engele kyk.  “Nee,” vertel hy my, “hy het nog nooit daarvan gehoor nie.  Is dit goed?”

Nou ja, wat kan ek sê?

Wat is goed wat jy doen om jouself te amuseer?

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

13 08 2011
Olga

ek hou daarvan om mense dop te hou. Hul ‘handeling’ vooruit te raai dan soms te bulk van die lag as ek vkeerd geraai het.

13 08 2011
Nadia

Ons vind dit prettig om sinsnedes uit flieks in ons gesprekke te gebruik alhoewel dit meestal dan in Engels is ……. die aksent namaaksels is gewoonlik laat kraai ons gewoonlik van die lag. Kombineer dit met ‘n glas of twee rooi wyn en jy het ‘n wenresep vir ‘n komiese aand. Lekker naweek!

13 08 2011
seegogga

My kinders maak ook graag flieks en advertensies na. JA, SERIAS! Ek self leef sommer net. Dis sommer vanself snaaks.

14 08 2011
Xena Phoenix

‘n Diertjie moet ‘n plesiertjie hê.

Ek, my suster en van my vriende doen ook die aanhalings van flieks en liedjies. Minus die aktente, dit is te hoog bokant my vuurmaak plek.

14 08 2011
klippie

Ek speel graag poker met karre se registrasienommers.

15 08 2011
Charms

Ek plus en minus registrasienommers as ek bestuur. My Pa het dit altyd gedoen as ons ver gery het. Ek en Rooikop doen ook die aanhalings in flieks.

15 08 2011
toortsie

Jy is HEELTEMAL te slim vir ons!! Ons verstaan nie eens jou afrikaans nie! ai ai ai

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: