Goudstorm

12 08 2011

Die mens was nog altyd gefassineer deur blink goed.  Kyk maar in Kimberley die massiewe gat wat deur mense gegrou was vir net DRIE koekepanne vol diamante uit te grawe.  Aan die een kant wil jy jou klere skeur en in as gaan sit oor die bisarheid van die gat.  Die mors van die aarde lyk so onnodig vir net 3 waentjies diamante.  Maar wanneer ‘n mens ‘n sierdiamant tot perfeksie poleerd sien, is dit ‘n maklike ding om te vergewe.  Ook maar mens, ook maar gierig. 

Blink klippies is mooi, maar om dit in ‘n donker kluis toe te sluit is nogal ‘n sonde.  Die regte skoonheid van ‘n diamant kom van hoe dit met lig speel.  Veral waar ander mense dit kan sien en bewonder.  Die diamant moet kortom in iets geset word waar dit ten beste vertoon kan word.  Hallo goud!  Alleen goed, maar saam met ‘n paar klippies – wonderlik. 

Bileam sal met my moet saamstem, selfs ‘n tweedehandse kar van R599 000 gaan waarskynlik een of ander tyd omtrent waardeloos wees.  Die kanse dat dit met die regte juwele gaan gebeur is maar skraal.  Myne, eiendom en banke (met beleggings) kan dalk nog uit jou besit genasionaliseer word, maar jy kan altyd jou juwele wegsteek as dit nodig is. 

Klippies geset in goud, gaan natuurlik ook net so ver.  Die waarde neem dalk toe oor tyd, maar tipies mens was beter waarde nou gesoek.  Uit met die goud en in met die platinum.  Waar ‘n ring met ‘n diamant waaroor jy wil kwyl, soms ‘n prys by het om jou vinnig terug te bring aarde toe, geld dieselfde nie vir ‘n soortgelyke ring in platinum nie.  Dit is amper soos ‘n waarskywing, moenie vra nie en jy sal nie aan ‘n hartaanval beswyk nie. 

Met die goudprys die week, kom die dag nader dat alle juwele dalk maar net op ‘n afstand bewonder kan word.  Die mense wat hulle klippies in platinum geset het om iets duurder te kry, wonder dalk nou oor hulle wysheid.  Die goud prys het die platinum prys vir ‘n rukkie selfs verby gesteek.  Dit terwyl Platinum op van sy hoogste vlakke is.  Geen rede om jou neus daarvoor op te trek nie. 

Die harde feite is dat alles wat opgaan, een of ander tyd moet af kom.  Die mens se vindingrykheid het al menige mense biljoenêrs gemaak.  Tog hardloop mense keer op keer terug goud toe met die geringste onsekerheid in die mark.  So al val goud se prys, bly dit ‘n veilige belegging, mits jy nie aandele in ‘n goudmyn het nie.  Die goudstorm sal seker nooit einde kry nie.

Soos ek die storie verstaan is ons geld gekoppel aan die hoeveelheid goud wat in die Reserwe Bank bewaar word.  Dit is dan ook blykbaar waar Amerika se probleme begin het, hulle het nie goud gehad teen wat hulle dollars gekoppel was nie. 

Ek wonder nou of Gold Reef City jou nog steeds die goue baksteen gee as jy dit met een hand kan optel.  Ek moet dalk gaan oefen.

Breinvasbrand:  Hoe suiwer is 22 karat goud?

Breinlosbrand: Demoerin was reg met Orestes.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

12 08 2011
Olga

eerste.
91.6persent?

12 08 2011
Olga

wel, dis tyd dat die da vra om die goud te sien. Dalk DINK ons net on het dit.

12 08 2011
Xena Phoenix

Blykbaar het ons dit nie. En ek wou juis onder oom Paul se gat gaan soek het.

12 08 2011
Bileam se Donkie

Bileam se brein stem saam, Bileam se hart sê anders… ‘n blink klippie het nie daardie MUSIEK as jy sy start knoppie druk nie, hy vat jou nie Kaap toe in ‘n kort tydjie nie, hy sit nie so lekker op leersitplekke nie, en hy klou nie so lekker in die draaie nie.
Die Goeie Boek sê ons moenie skatte op aarde bymekaar maak nie… ,maar daardie ou karretjie het gister my asem weggeslaan! Sexy, man, sexy. Seker maar soos die blink klippie in ‘n dame se oë…

12 08 2011
Xena Phoenix

Duidelik is Bileam ‘n hings en nie ‘n merrie nie. Die Goeie Boek sê mos ook dat mot en roes dit gaan vernietig. Ek dink darem nie dat motte en roes iets aan die mooi klippies kan doen nie. 😉 (Ek verstaan eintlik baie goed, hou net soms daarvan om ‘n passer te wees).

12 08 2011
leonvonmoltke

SA het reeds in 1933 ook die goudstandaard laat vaar, so ons geld is nie meer daaraan gekoppel nie. Sodra die olieprys val gaan die goudprys dit ook doen.

12 08 2011
Xena Phoenix

Piepie nou op my battery! 😉 Goud het darem aansienlik meer gestyg die afgelope drie jaar of wat, as die olie.

12 08 2011
Gerda. J

het jy al goud gepan xena? jy moet miskien een keer probeer.

12 08 2011
Xena Phoenix

Kan ek dan die goud hou? Klink na baie werk as ek dit nie eers kan hou nie.

Gerda, weet jy, ek het ‘n goudpan tshirt iewers gesteel. Tel dit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: