Skuld

11 08 2011

Borsvoeding is ‘n goeie ding vir die eerste paar maande.  Dit is eintlik so ‘n goeie ding dat dit heel aanvaarbaar is om dit vir ‘n jaar of selfs twee vol te hou.  Daarna raak dit net weird en volgens my ‘n bietjie af.  Die kind is dan nou regtig nie meer ‘n baba nie en borsmelk is tog bedoel vir babas. 

Die eerste keer wat ek gehoor het van kinders wat 5 of 6 jaar oud is wat nog aan hulle ma’s drink, was dit die kinders van ‘n baie gewilde Afrikaanse sangeres gewees.  Jare terug natuurlik, ek was nie veel ouer as haar oudste kind nie.  Selfs toe was dit vir my eienaardig gewees.  Net vir die feit dat ‘n “groot” kind nog kan bors drink.  Vandag is dit selfs nog vreemder vir iemand in die openbare oog om dit vir etlike jare doen. 

Jare later lees ek eendag dat sy – na ‘n onsuksesvolle come back – ‘n biografie uit het.  Ek is te vlak om biografië te lees, maar die skokkende deel het wel in die media uitgekom.  Die sangeres het vroeg in haar huwelik ter wille van haar loopbaan ‘n aborsie in London ondergaan.  Sy het wel later 4 kinders gehad, ironies genoeg toe sy nog baie gewild was.  Ek kan dus nie heeltemal die rede vir die aborsie verstaan nie, maar ek kon toe die borsvoeding verklaar.  Was dit dalk ‘n poging om op te maak vir die een wat nooit aan haar kon drink nie? 

Dit laat my nogal dink aan die skuldlas wat die mens tog geneig is om saam met hulle te sleep.  Ek het nou seker ‘n baie buitengewone voorbeeld gebruik van iemand wie se duister boek ek nie eers gelees het nie.  Tog dink ek dat die skuld van die verlede tog jou optrede in die hede beinvloed.  Hopelik ten beter. 

Daar is mense wat enige skuld gevoel sonder ‘n tweede blik opsy kan gooi.  Ander vertroetel dit weer tot die dood toe.  Die gesondste is seker die middeweg.  Daarmee bedoel ek dat jy jou lesse moet leer, dit nie moet herhaal nie en dan te begrawe voordat jy ‘n martelaar word. 

Hoe voel julle oor skuld?

Breinvasbrand:  Wie in die Griekse mitologie is deur skuld (furies) gestraf omdat hy sy ma, Clytemnestra , vermoor het om sy pa te wreek?

Breinlosbrand:  Olga was reg met S’bu Ndebele


Aksies

Information

8 responses

11 08 2011
demoerin

Orestes.
Nee hel, die lewe is te kort om skuldlaste rond te dra.

11 08 2011
Twilight

Ek stem saam.

11 08 2011
Olga

probeer niemand te na kom as jy dit kan verhelp nie.

11 08 2011
Selene Phoenix

Ek het so paar skuld gevoelens wat my volg… maar oor die algemeen is dit nie iets wat heeldag by my spook nie. ‘n Aborsie is iets wat altyd by my sou spook as ek dit gedoen het, maar dit die rede hoekom sy haar kind solank borsvoed… ai tog ek het nie antwoorde daarvoor nie, maar voel jy doen daai kind meer skade as goed!

11 08 2011
Gerda. J

die vraag is net, het sy werklik n aborsie gehad? ek dink n ontrimpeling was n realiteit. die aborsie n lus na sensasie

11 08 2011
Olga

ek wonder of dit die rede is vir haar spits ogies? Ek het so gewens n wind van iewers af wou haar hare lug dat ek kon sien of sy ook spits kabouter ore het om die oe te pas.

11 08 2011
klippie

Ek kou maar langtand aan alle bekendes se biografiee waarin daar een of ander ding gebieg word. Ek bly maar lugtig vir wat ek lees, want hoeveel word ingeskryf ter wille van boekverkope. As dit so lank terug gebeur het, het mens mos al aan beweeg. Ja, die herinnering kan mens nog treurig maak maar teen die tyd het die seer mos al lankal toegegroei.

‘n Groter probleem is mense wat oor elke liewe dingetjie skuldig voel, soos Ek het Sannie se verjaarsdag vergeet of Ek moes nie so kwaai met my skoondogter gepraat het nie ens.

11 08 2011
JWW

Wie de moer praat ons nou hier van ? ??? Al skuld wat ek het is my kar en my kredietkaart, woolies en dis al !!!! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: