Slaggate

10 08 2011

Buitekant Lydenburg is daar nou al maande lank ‘n tuisgemaakte padteken wat jou waarsku teen moerse potholes voor.  Die foto hierbo is net vir illustrasie, met die wat almal orals moet uitswaai, kon ek nog nooit waag om ‘n foto te neem nie.  My punt is egter dat die kennisgewing al maande lank daar is.  Die slaggate is aansienlik langer daar.  Dit is ‘n absolute skande. 

Mens kry deesdae bande wat gewaarborg is teen slaggate.  Ek verstaan ook dat ‘n mens GPS stelsels kry wat jou kan waarsku waar daar slaggate is.  Hoekom?  Dit is tog seker basiese instandhouding – die oomblik wat ‘n gat dink om te vorm, maak jy hom reg.  Ek hoef julle seker nie te herinner dat daar mense al dood is weens die gate nie. 

Tog lyk dit of die wat die mag oor die gate het, nie juis omgee nie.  Nadat daar miljoene vanjaar begroot is om die gate te stop, gebeur daar niks.  Op die einste Lydenburg pad is daar nou al maande lank stukke van die pad opgekap vermoedelik vir herstel werk.  Tog gebeur daar verder niks.  Op party plekke is dit veilige om eerder op die skouer van die pad te ry. 

Dit blyk dat almal een van die dae met Jan Tuisbly se karretjie gaan ry – die paaie gaan net binnekort onbegaanbaar wees.  Ek kan net nie die rede insien hoekom dit nie herstel kan word nie.  Dit kan tog nie so moeilik of duur wees nie.  Dit is begroot.  Watter slaggate is daar dan in die pad om die slaggate te gaan regmaak?  Te min geld in die korruptes se sake?

Ek wonder nogal of ‘n mens nie die hoofnar moet nader daarmee nie?  Hy kan maar tenders uitdeel om homself te verryk, solank die werk gedoen word.  So kan dit egter nie aangaan nie. 

Daar word gereken dat die ANC binne 10 jaar hulle gatte kan sien.  Vraag is of die paaie nog 10 jaar lank kan uithou.

Persoonlik is ek gatvol.  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie is die minister van vervoer?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg 1956

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

10 08 2011
Olga

eerste.
Wee jy, ek dink iemand, dalk die dames vani DA moet dalk die minister van vervoer strafregtelik laat vervolg vir die
toestand van die paaie. Dis tjol at hulle die gate toeprop en dan moet jy in elk geval uitswaai vir die prop.

11 08 2011
Xena Phoenix

Poging van moord klink vir my na ‘n baie aanvaarbare klagte. Ek het gehoop nadat die hof nou die dag iemand verplig het om hulle gate toe te stop, dat daar werk gemaak gaan word. Helaas.

10 08 2011
toortsie

10 jaar, sê jy???

11 08 2011
Xena Phoenix

Nie ek nie, Moeletsi Mbeki.

10 08 2011
Selene Phoenix

Ai tog, dit maak mens woedend!! Daai tolhekke in daai omgewing is ook so duur! Mens betaal duur, en dan kan jy nog met jou lewe betaal ook!

Dis onaanvaarbaar, en daai ouens moet in die hof veskyn vir geen diens, bedrog en diefstal (want waarheen gaan daai geld) en sommer vir poging tot moord! Probeer weer werk kry met daai op jou CV! 👿

11 08 2011
Xena Phoenix

In SA is dit verseker ‘n manier om ‘n toppos te kry. Voeg net korrupsie by.

10 08 2011
demoerin

Kans is 99% dat daardie tenders al wel uitgedeel is….en moontlik betaal is.

11 08 2011
Xena Phoenix

Helaas!! Ek kan net sidder.

10 08 2011
Olga

wragtig, dit tref my nou eers. Het jy ‘daai enetjie’ met jou maantuig of kamera vertrou om die foto te kry?

11 08 2011
Xena Phoenix

😉 My goeie vriendin Google

10 08 2011
Olga

sbu n’dabele+is die clnwn wie geteer en geveer moet word vir die toestand waarin ons paaie is terwyl hy besluit hoe om elke donnerse pad n tolpad te maak.

11 08 2011
Twilight

Ek wonder altyd of die twee of drie ouens – ten minste – wat die gat vir die padteken gegrawe het nie eerder ‘n paar van die slaggate kon reggemaak het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: