Silence is Golden

9 08 2011

Vandag word die optog van 20 000 vroue na die Uniegeboue in protes met die paswette herdenk.  Die optog was nie gekenmerk met plundering, dreigemente of gewelddadige optrede nie.  Nee, die dames – swart en wit – het hulle misnoeë met 30 minute stilte gewys.

Ek kan nogal sien hoe die manne seëvierend knik dat ‘n vakansiedag natuurlik nodig is wanneer 20 000 vroue saam stil was.  Stilte kan soms meer sê as ‘n 1000 woorde.  ‘n Toebek is veronderstel om ‘n heelbek te wees.  Soos Martin Farquhar Tupper gesê het:  Well-timed silence hath more eloquence than speech.  As jy bekommerd is oor die beeld wat jy uitstuur, is daar die raad van ‘n onbekende:  The easiest way to save face is to keep the lower half shut.

Daar is ‘n tyd om stil te wees.  Winston Churchill het gesê:  By swallowing evil words unsaid, no one has ever harmed his stomach.  Iemand anders het weer gesê:  The kindest word in all the world is the unkind word, unsaid.  Die mens is maar geneig daartoe om ‘n ander te wond in ‘n oomblik van woede.  Ongelukkig was Horace heeltemal reg:  Once a word has been allowed to escape, it cannot be recalled.  Jy kan jou ook op die vloer bevind soos SunWolf.  The man was on his knees, trying to retrieve each of his ugly words that were now scattered on the floor.  But, of course, it was too late.

Isn’t it surprising how many things, if not said immediately, seem not worth saying ten minutes from now?  volgens Arnot L. Sheppard, Jr.  Wanneer redelikheid terugkeer, besef die spreker maar te goed die waarheid van Ambrose Bierce Speak when you are angry and you will make the best speech you will ever regret.  Jy wens dan ook seker dat jy soos Robert Charles Benchley Drawing on my find command of language, I said nothing.  Austin O’Malley slaan die spyker op die kop met:  If you keep your mouth shut you will never put your foot in it. en Even a fish wouldn’t get into trouble if he kept his mouth shut. gesê deur ‘n wyse onbekende.

Aan die anderkant help die beste en edelste gedagtes en denke nie as dit nie op een of ander manier uitgespreek word nie.  Jy het immers ‘n mond gekry om dit te gebruik ook.  Daar sal seker ook niks van die wêreld kom as mens nie met ‘n ander se denke kan verskil nie.  Soos E.W. Howe gesê het:  No man would listen to you talk if he didn’t know it was his turn next.  Die probleem kom dikwels in dat mense nie na mekaar wil luister nie.  Volgens Rebecca West:  There is no such thing as conversation.  It is an illusion.  There are intersecting monologues, that is all.  

As jou siening nie uitgedaag kan word nie, is die kanse goed dat dit op klei gebou is en dat jy eintlik wind praat.  ‘n Wyse luister nie net na wat ‘n ander sê nie, maar oorweeg ook die meriete daarvan.  As jy vasgevang is in ‘n gesprek met iemand wat nie luister nie, luister jy dan maar na Mark Twain:  Never argue with a fool, onlookers may not be able to tell the difference. Maak net seker dat jy nie ook skuldig is is nie.  When you’re arguing with a fool, make sure he isn’t doing the same thing.  

Daar is dus ‘n tyd om eerder jou smoel te hou, maar stilte is nie altyd die beste wapen nie.  Stil stuipe kan byvoorbeeld niks goeds tot gevolg hê nie en kan by vernietigend op enige verhouding wees.  Dit is ook nooit ‘n goeie ding om onheile te verswyg nie.  Stilswye kan as goedkeuring of toestemming gesien word en dit kan dan ook in jou boekie opgeskryf word.

Daardie dag van die vrouemars het hulle tog nie net stil gebly nie.  Hulle het geëindig met ‘n waarskuwing:  Wathint’Abafazi Wathint’imbokodo!  Vertaal beteken dit as jy ‘n vrou slaan, het jy ‘n rots geslaan.

Breinvasbrand:  Watter jaar was die opmars na die Uniegeboue deur vroue teen die paswette?

Breinlosbrand:  Olga was reg met ‘n ou skinderbek.

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

9 08 2011
Olga

eerste!
9 aug 1956.

9 08 2011
MaanKind

1956, my geboortejaar..
(Van agteros)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: