Los Tonge

7 08 2011

Almal wat ‘n tong het, maak hulle seker een of ander tyd aan skinder skuldig.  Ons is tog immers mense en soms is iets bloot net te goed om vir jouself te hou.  Teen ‘n prys natuurlik, môre-oormôre jaag jy weer aan en word dan die onderwerp van menige mense se geselsies.  Ons is sondaars genoeg om ook maar lekker te kry – al is dit net ‘n bietjie – vir die webbe wat ‘n ander vir hulle self spin.  Daardie eiegeregtigheid dat jy darem nog nie op daardie vlak gedaal het nie. 

Siende dat politiek en godsdiens summier uitgeskakel is, bly daar seker ook maar min oor wat ‘n mens kan praat.  Dit is waar ‘n ander se lewe soms ‘n bietjie kleur gee.  Toegegee, dit is nie altyd kwaadwillig nie.  Daar word gereeld geskimp dat die moderne mens nie genoeg oor sy medemens omgee nie.  As dit heeltemal waar was, sou die moderne mens nooit geskinder het nie.  Ons weet egter dit is nie die geval nie. 

Daar is egter mense wat skinder oor die algemeen ‘n slegte naam gee.  Daar is ‘n fyn lyn tussen iets oor iemand te deel en om swart te smeer.  Een wat maklik onbewustelik oortree kan word, maar daar is mense wat eintlik net wil swartsmeer. 

Die swartsmeerders gee ook nie juis om oor die gevolge van hulle stories nie.  Hoe meer skade hulle kan berokken, hoe beter.  Natuurlik gaan daar nie juis iets in hulle lewe aan wat die moeite werd is om oor te vertel nie.  Hulle praat soveel van ander; dat dit ‘n saak van onmoontlikheid is om self te kan lewe. 

Die kersie op die koek is gewoonlik die vals onskuld wat hulle aanbied wanneer hulle as kwaadstokers onmasker word.  Dit is mos heeltemal benede hulle.  Die skuld word dan vierkantig op die skouers van enige een wat naby is gepak.  Nog ‘n gulde geleendheid om iemand swart te smeer. 

Ek moet erken dat ek graag my ore vir ‘n skinderstorie uitleen.  Ek is aansienlik versigtiger vir wie ek dit oor vertel.  Maar ‘n swartsmeerder maak ek gewoonlik korte mete van.  Die blote gedagte laat my gewoonlik vuil voel. 

Hoe voel julle oor skinder? Sien julle ‘n onderskeid?

Breinvasbrand:  Wat is ‘n Yenta?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1953


Aksies

Information

15 responses

7 08 2011
Olga

eerste!
Ou skinderbek?
Ek hou vn skinder. Almal wat my skyfsels lees, weet ek is n publieke yente.
As mense van my skinder, voel ek n 4k. Los asb net my kinders uit. Soos in heeltemal. Moenie vir hul pyn veroorsaak met jou skinderbek nie. Moet hulle nie swartsmeer nie. Moet hul nie diskrediteur of vals beskuldig nie. Vir al die res? GET A FUCKING LIFE!

9 08 2011
Xena Phoenix

Snaaks dat die mense wat so graag ‘n ander se kind swartsmeer se kinders nie juis watwonders self is nie.

8 08 2011
MaanKind

Intensie is alles. Jy weet in jou hart die verskil.

9 08 2011
Xena Phoenix

Baie waar

8 08 2011
toortsie

Skinderbekke gesels lekker. Ek is maar versigtig vir hulle, want ek wonder altyd wat is die storie oor MY wat hulle gaan verkondig by die volgende persoon. Onsgelukkig is skinderbekke soms goeie luisteraars, so, voor jy jou kon kry, het jy dalk jou geheim uitgeblaker….

9 08 2011
Xena Phoenix

Gelukkig hou die meeste mense die meeste daarvan om oor hulleself te praat. Hou hulle gelukkig en jy gaan niks in ‘n onbewaakte oomblik uitlap nie.

8 08 2011
demoerin

Mense met gladde skindertonge sal nie skroom om stories oor jou ook te versprei nie – selfs stertjies aanlas wat seg jy het sus en so gesê oor ‘n ander een. Bly weg is wat ek glo. As jy nie iets goed kan sê nie, bly eerder stil, veral as jy met halwe feite en skinderstories te doen het.

9 08 2011
Xena Phoenix

Ek het nou die dag die volgende raak gelees. If you wouldn’t write it and sign it, don’t say it. ~Earl Wilson

Staan pa (of ma) vir wat jy gesê het en moenie ‘n ander vals beskuldig nie.

8 08 2011
Olga

bly weg is n goeie beleid. Dit is hoekom ek alleen is. Almal bly weg. 👿

8 08 2011
klippie

Ek geniet ook so af en toe ‘n sappige skinderstorie. Ons almal het mos maar voete van klei.
Wat my egter afsit, is die persoon wat so deur die media opgehemel word as goed en dan later as net nog ‘n feilbare mens ontmasker word.

9 08 2011
Xena Phoenix

Almal is feilbaar en die hoogste bome vang die meeste wind. Wat my ‘n kramp gee is die wat die media nooi vir elke bakatel en dan privaatheid gil wanneer hulle aanjaag.

8 08 2011
twattie

My leuse: ek (probeer) om niks van iemand te sê wat ek nie bereid is om voor hulle te sê nie. Jy kan maar van my sê wat jy wil maar my familie is myne om van te praat, kry jou eie. 🙂

9 08 2011
Xena Phoenix

LOL!!!

As jy nou tender vir moeilikheid, is dit die maklikste manier om moeilikheid te kry. Kraak net iemand se familie af. Maar weereens, die wat die nodigheid daarvoor het, se eie families hoort gewoonlik op ‘n kletsprogram.

8 08 2011
Klarrie

As jy wil he ‘n storie moet vinnig loop, moet jy net vir sommige mense se: Moet dit asb nie oorvertel nie. Voor jy jou kom kry, weet die hele wereld dit.

9 08 2011
Xena Phoenix

Goedkoopste manier om te bemark.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: