Praat met Dooies

4 08 2011

Ek sien gisteraand ‘n advertensie van ene John Edward wat vir 3 dae in Suid-Afrika gaan kom optree.  Ek verstaan die mannetjie is ‘n medium, iemand wat tussen ‘n lewendige en ‘n dooie optree. 

Eerlik, ek weet nie regtig hoe dit werk nie.  Soos ek van die advertensie verstaan, gee die spook vir Edward ‘n paar leidrade wat die lewendige kan eien dat hy / sy met die regte spook praat.  Natuurlik alles so vaagweg – spoke het immers baie tyd vir speletjies.  Dinge gaan dalk net te geloofwaardig wees as die spook sy naam, ID nommer en ‘n baie spesifieke voorval kom vertel.  Dit is amper soos ‘n hoekie wat uitgegooi word en dan word daar gekyk met hoeveel mening daaraan gebyt word. 

Persoonlik sal ek myself nou nie uitgee oor spokes, dooies of die onderwêreld nie.  Ek is bereid om te aanvaar dat dit moontlik kan wees, veral as die onderwêreld onderneem om my uit te los.  Ek het geen oortuiging van hulle bestaan nodig nie en ek verkies om my nie met hulle op te hou nie.  Dit keer egter nie die duiwel om op my skouer te kom sit nie. 

Praat die spoke dan almal gerieflik almal Engels?  Wat as dit ‘n stoere Boere omie is wat sy lewe lank verseg het om Engels te praat?  Sal John Edward dan nog steeds in staat wees om sy boodskap oor te dra?

Wag, daar oortree ek al weer die 15de gebod.  Ek maak aannames van iets waarvan ek nie weet nie.  Die ou praat dalk nie eers met die spoke nie, maar verstaan hulle mos.  Sal hy die Zoeloe en Xhoza gebruike kan verstaan en juis kan oordra aan die hoopvolles?  Veral as die spook hom nie eers kan help met ‘n paar mondelinge leidrade in Zoeloe of Xhoza nie?  Dit is nie asof ‘n tradisionele Zoeloe of Xhoza in ‘n kleuterskool was waar hulle Wizard of Oz sou opgevoer het nie. 

Die mediums en sieners is goed en wel waar daar mense is wat vir hulle ontvanklik is.  Die skeptici sal seker maar altyd twyfel aan hulle vermoë.  Hoe meetbaar is dit regtig?

Ek dink nou byvoorbeeld aan die siener wat ingespan was om die Vermisde Meisies op te spoor.  Sy was so seker van haar saak dat sy blykbaar in gespring en begin grawe het.  Dit was jare terug.  Sy grawe seker nog steeds of is stert tussen die bene terug waar sy vandaan gekom het.  Miskien het die skeptici haar gepootjie.

Hoe voel julle oor mediums en sieners?  Sal jy hulle beproef uit nuuskierigheid so iets beproef?  En glo wat jy beleef?

Breinvasbrand:  Allison DuBois, die hoofkarakter van Medium, bestaan regtig.  Op watter boek van haar is die reeks baseer?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Mahmoud Ahmadinejad

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

4 08 2011
Olga

eerste.

4 08 2011
Olga

ek sal eerder gaan vir small of large, dankie. Medium doen dit net nie vir my nie.

4 08 2011
MaanKind

As jy na my pos van gister kyk, sal jy sien ek gesels ook saam Boontoe. Dis iets baie, baie eg en werklik.

4 08 2011
Selene Phoenix

Ek weet nie of ek dit glo nie… en ek wil dit nou regtig nie gaan probeer nie! So ek sal dit maar los as “onverklaarbaar” in my boekie!

My ma se een vriendin was in die tipe dinge in… en my ma saam gevat op twee geleenthede. Toe my ma by die deur instap toe vra die ou haar wat sy daar doen, haar kerk laat dit nie toe nie.

Die ander geleenthied het het ‘n vrou die toekoms vertel… en baie weird, meeste van die goed is vandag waar… weird of toevallig? En dis nie iets wat mens kon laat gebeur het nie.

4 08 2011
turksvy

Hou verby, Jose! 😯

Ek glo dis moontlik, maar ek wil ASSEBLIEF nie met hulle praat nie. En as dit nie anders kan nie, sal dit so in die hardloop moet wees.

4 08 2011
demoerin

Ek weet nie of dit moontlik is nie, maar weet wel dat baie van hierdie mense al as vals uitgevang is. Daar was ‘n baie interessante program so paar maande terug op TV, dink dit was op Discovery Channel of iets, waar hulle die mense uitvang, en bewys dat hulle eintlik maar net ongelooflike goeie waarnemers is, en die regte vrae vra.

5 08 2011
Sonlig

Jy is heeltemal reg DMI.

Ek het onlangs na ‘n goeie lesing oor “Cold Reading” (Gaan Google gerus) gehoor deur Stephen Cloete op die Sinfonia. Hy het die tegniek aan ons geillustreer en toe het ons na ‘n video van John Edwards gekyk. Daar is geen twyfel dat hierdie mense niks anders as con- en scam artists is wat op desperate mense, wat byvoorbeeld sukkel om die dood van ‘n geliefde te verwerk, se gevoelens teer en dan nog boonop hulle geld ook daarvoor vat nie.

Dit was lagwekkend om te sien hoe hy ook informasie uit die slagoffer trek, dit dan teruggooi en hoe die arme skepsels se gesigte dan ophelder as hulle dink hierdie man “sien” wat hulle so graag wil hoor (maar reeds weet én uitgeblaker) het nie.

Dis sad. Mens moet hulle glad nie ondersteun nie.

4 08 2011
JWW

Dis nou die grootste belaglikste stront wat ooit op tv kan wees….. as enigiemand dom genoeg is om die edward poephol te glo, dan moet jy nou maar lekker in jou 83 IK geklike lewetjie bly….

5 08 2011
Spook in die glas « OLGA SE OKSELTJIES

[…] Grieters se skrywe het my weer ver laat dink. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: