My Aftreeplan

4 08 2011

Gewete te koop!!  Dit is al baie gebruik, maar is in ‘n puik werkende toestand.  Ek verstaan dat dit goed is vir jou, maar ek is onseker wat die nut is.  Dit het my gekeer om om voor my volgende verjaarsdag af te tree.  Laat ek by die begin begin. 

Ek hoor nou die dag dat die maklikste en vinnigste manier om skatryk te word, is om jou eie kultus te stig. Kyk maar na L. Ron Hubbard; die vader van Scientology. Met sy dood in 1986 was hy ten minste $ 200 miljoen sterk. Die klomp van Family Radio sukkel ook nie juis om die mas op te kom nie. Daar moet dus waarheid in die teorie steek.

Dit is eintlik verspot maklik.  Al wat jy moet doen is om die mens se onsekerhede en vrese te identifiseer.  Hoe nader jy aan die kol is, hoe makliker kan jy hulle uitbuit van jou saak oortuig.  Dit sal natuurlik ook help as jou argument logies klink en as jy ys aan ‘n eskimo kan verkoop.   (Nota aan self:  is dit dalk hoe die hoofnar aan sy miljoene kom?  Die liga kom soms soos ‘n kultus voor). 

In Suid-Afrika is dit baie maklik.  Mense vrees misdaad en hulle is onseker van die toekoms.  Met die praatjies in omloop wonder mens hoekom jy nie eerder boedel oorgee en na die plakkerskamp van jou keuse trek nie.  Dit blyk tog dat wat nie van jou gesteel word nie, uit jou genasionaliseer gaan word.  Jy sal net dankie bly kan wees as dit jou gegun word om jou laaste dae in armoede te slyt. 

Die vraag is dus hoe verseker jy mense hulle veiligheid en sekuriteit?  Dit moet iets wees wat vrees inboesem van die vyande, maar wie se gunste wel bekom kan word.  Iets onnatuurlik sal natuurlik ideaal wees.  Iets soos vreemde wesens, spoke of my held van die aand:  die tokkelos. 

Die tokkelos se beskerming kan deur gunste en gawes gekoop word.  Ek, as ‘n dierbare vriendin, sal sorg dat die gunste en gawes – verkieslik in harde kontant – by die tokkelos uitkom.  Teen kommissie natuurlik, ek moet tog kan leef ook en dit is baie werk om miljoene mense se gawes te bestuur. 

Solank die tokkelos gelukkig gehou word, sal jy veilig voorspoedig wees.  Sodoende sal jy natuurlik meer met die tokkelos kan deel.  Bewaar egter jou siel as jy inhalig is, die tokkelos sal die beskerming onttrek en jy sal dan boet.  Met ‘n bietjie ekstra kan dit natuurlik weer reggestel word. 

En net toe ek opgewonde raak, skop my gewete in.  Sug!!!  Wat ‘n jammerte.  😉

Breinvasbrand:  Watter jaar is Scientology gestig?

Breinlosbrand:  Don’t Kiss Them Good-Bye

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

5 08 2011
Olga

eerste! ! !
1953?

5 08 2011
Olga

gewetenloos? Harteloos? Is daar n verskil? Ek glo dat die oog vir n oog metode dalk al sal wees wat misdadigers nog sal afskrik. Ek weet ook nie meer nie.

5 08 2011
Xena Phoenix

Hoe erger die misdadigers te kere gaan, hoe meer sal ek – ek bedoel die tokkelos – kan invorder. Wen – Wen situasie as jy my vra. 😉

5 08 2011
MaanKind

Ek was reg met ‘n offer vir ‘n vennootskap, en nou kom jy tussenin met die G-woord! Ons kon ryk gewees het!

5 08 2011
Xena Phoenix

Gaan parkeer joune daar bo langs myne. Dalk sien die hoofnar dit en spandeer sy miljoene daarop. Hy kan sommer doen met 2 gewetes.

5 08 2011
Sonlig

Ek neem kennis dat hierdie skrywe geliaseer is onder “Spekskiet”. En die teorie van Scientology en die gedagte aan die tokkelos is vir my belaglik. En die prentjie bo laat my na my hart gryp. Maar…

Weet julle hoe maklik gebeur hierdie kult-ding? Sommer so onder jou neus met jou boesemvriende. Ek vertel julle gou:

Ons was hartsvriende. Hulle was ons selgroepleiers. Kerkraad. Kategete. Jeugkomissie. Mentors vir almal.

Toe kom die eerste kursus en skielik is hulle profete. Beradingskursus op kursus het gevolg teen duisende rande elk. Naweek na naweek was skielik vol hiervan. Ons is tot satwordens saamgenooi, maar die krieweling hier onder my linkerlapel het aanhou pla.

Toe hou ons op vleis eet, koffie drink, brood eet.

Toe begin die oordeel…ons het allerhande bloedlynvloeke op ons, ons ordes is verkeerd, ons is ongehoorsaam, ons bid verkeerd.

Toe hang ons monde oop: die Voortrekkermonument is ‘n altaar vir die songod en die Gelofte is ‘n vloek uitgespreek oor elke Afrikaner.

En toe kom die breek. Nuwe kerk, breek met vriende en familie – hulle hele ondersteuningstruktuur onder hulle uitgeruk.

En toe die apologie – jammer, maar hulle het geestelik by ons verbygegroei, ons het agtergebly. Ons is nie op dieselfde “page” nie.

5 08 2011
Xena Phoenix

Dit is verskriklik maklik. En om dinge nog erger te maak, is diegene wat hulle waarsku gewoonlik van die duiwel self. Ek het met opset van die Bybel ens weggebly. Ek wou met cults die draak gesteek het, nie met iets wat heilig is nie.

5 08 2011
Sonlig

Skies as ek te ernstig geraak het. 😳

Maar glo my, ek het nie gedink dit kan in mý kring gebeur nie. Ons vriendekring staan verslae oor hierdie ding. Ons is tog almal intelligente, “sensible” individue. Mens kan dit ook nie uitredeneer met hule nie. Dit maak eenvoudig vir niemand van ons sin nie.

5 08 2011
Xena Phoenix

Geen probleem nie. Dit is nie eintlik ‘n onderwerp waarmee ek behoort te spot nie.

Ek hoop jou vriende sien gou die lig.

5 08 2011
demoerin

Dit is baie sad…maar soos jy sê baie maklik.
In die Spar daar naby Lanseria is daar allerhande botteltjies pilletjies en roompies vir alles van die tokkelos tot spells oor jou ens.

5 08 2011
Xena Phoenix

Jikes!!! My rug sal elke keer wat ek daar moet in kriewel.

Wil jy my vertel iemand het my idee gesteel voordat ek dit uitgedink het? 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: