Oog vir ‘n Oog

2 08 2011

Kyk, Shakespeare het mos iets gesê van ‘n “Faint heart never won a Fair lady”.  Die manne in Iran het nou nie lekker gehoor waar die klok lui nie, maar hulle voer nogal hulle weergawe daarvan met oortuiging uit.  Dit gebeur soms as ‘n meisie ‘n man se huweliksaansoek van die hand wys, sy met ‘n skoot suur in die gesig beloon word.  Net verlede maand is ‘n jong vrou op so ‘n manier dood.

Ameneh Bahrami was in 2004 met suur in die gesig gegooi nadat sy nee dankie vir Majid Movahedi se trou aanbod gesê het.  Altwee haar oë is deur die suur beskadig gewees.  Sy het ook lelike brandwonde aan haar gesig, kopvel en bolyf opgedoen.  Sy het aanvanklik 40% van die sig in haar een oog herwin, maar dit na ‘n tyd verloor.

Iran is nou wel nie bekend vir vroueregte nie, maar hulle neem hulle Koran ook letterlik op.  Daarvolgens het die hof in 2008 besluit dat Ameneh geregtig is daarop dat Movahedi ook sy een oog deur suur moet verloor.  Natuurlik was sy verheug oor die besluit gewees.  Haar lewe is deur die man verwoes en dit gebeur nie elke dag dat geregtigheid aan die kant van ‘n vrou is nie.  Sy hetook in Barcelona, waar sy behandeling vir haar gesig ontvang het, gesê dat dit nie so seer oor wraak gaan nie, maar om ander vroue dieselfde lot in die toekoms te spaar.

Sondag (ongeveer 7 jaar na die aanval) het haar oomblik van vergelding aangebreek.  Die straf is op die staatstelevisie uitgesaai.  Die man, vrou en dokter was in die teater waar die straf voltrek sou word.  Movahedi huilend op sy knieë en die dokter reg om die vretende suur in sy oog te drup.  Die dokter het haar gevra wat sy wou doen en toe verras sy almal om Movahedi te vergewe.  Sy oog is gered en hy is terug tronk toe tot daar aan ‘n gepaste straf vir hom gedink kan word.  Sy vra wel dat hy haar mediese kostes moet dek.

Daar is waarskynlik baie mense wat teleurgesteld is oor haar besluit, maar ek haal my hoed vir haar af.  Eerstens sou sy nie haar gesig, gesondheid of lewe kon terug kry deur hom te vermink nie.  Dit sou haar niks gebaat het nie.  Geen normale mens kan tog genot uit ‘n ander se lyding put nie.

Die oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand bepaling is tog wel herroep.  Die brood wat jy op die water werp gedeelte nie.  Ek glo dat as ‘n mens genade aan ‘n ander skend, sal jy eendag genade terug kry.  Indien nie, was sy nog steeds die beter mens.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie is Iran se president?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Freddy Mercury.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

2 08 2011
Olga

eerste!

2 08 2011
Olga

Ek bewonder die vrou se vergewendgesindheid. Ek wonder hoeveel mense sal eenvoudig aandring op die oog vir ‘n oog reël as hulle moet toekyk hoe die straf voltrek word. Vroue met suur gooi omdat hulle die huweliksaanbod van die hand wys? Dis darem drasties. ek het iewers gelees in Indië gooi hulle weer die vroue vol parafien en steek hulle aan die brand indien die bruidskat nie op aandrang aangevul kan word nie. dis blerrie barbaars om die minste te sê.

2 08 2011
seegogga

seker genade skenk? Ek hoop haar vergewensgesindheid spoor ander daar ook aan om meer vergewensgesind op te tree teenoor almal.

3 08 2011
J W W

As ek in haar situasie was, sou ek aandring om SELF die suur in die moer se oe te gooi, nie ‘n dokter nie…….

3 08 2011
leonvonmoltke

Ek weet regtig nie wat ek in haar skoene sou gedoen het nie.

3 08 2011
demoerin

Dis ‘n taai toffie, maar ek salueer haar.
Feit is hy gaan nie net vir haar mediese onkostes moet betaal nie, maar met die feit moet saamlewe dat sy ‘n baie beter mens as hy was.

3 08 2011
Selene Phoenix

Dis ‘n moeilike een, ek sou graag wou he hy moet deurgaan wat hy my laat deurgaan het… maar ek dink as ek daar sou kom, sou ek dit ook gestop het. Ek sal miskien vir 5min beter voel oor myself, maar daarna sal ek spyt wees.

Dis darem maar wreed dat sulke goed (en erger) aangaan! Daai mans dink hulle besig ‘n vrou! 👿

3 08 2011
Selene Phoenix

Sorry bedoel besit! 😳

3 08 2011
Olga

btw, dari prossie is dalk mahmoud ahmadinejad.

4 08 2011
Xena Phoenix

Ek wonder of hulle vir 3 jaar lank na ‘n dokter moes gesoek het vir die straf?

Soos ek al van te vore gesê het: As ‘n mens barbaarse metodes moet gebruik om barbare te straf, maak dit dan van jou minder barbaar?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: