Who will live forever?

1 08 2011

Tannie Gypsy is beswaard oor die ophef wat oor Amy Winehouse se dood gemaak word.  Winehouse is nie die eerste verskietende ster wie se loopbaan deur haar dood ‘n stewige fondament gelê word nie.  Sy is nie die enigste beroemde wat haar aan dwelms vergryp het nie en wie se morele waardes ‘n bietjie veel te wense laat nie.  Om eerlik te wees, dit is soort van te wagte van almal wat groot naam maak.  Diegene wat al probeer het om ‘n skoon lewe te lei was deur die media bespotlik gemaak.

Daar word dikwels gepraat van die koning van dit en die prins van dat.  Elkeen wat kraai op sy eie mishoop.  Niemand kan egter betwis dat daar net een Queen was nie en om hom te gaan onttroon, sit nie in enige een se broek nie.

Farrokh Bulsara is in 1946 in Stone Town, Zanzibar gebore.  Hy het jong seun in Indië skool gegaan, voordat hy as ‘n tiener na Engeland verhuis het.  Hy het op kosskool begin om eerder die naam Freddy te gebruik.  Hulle het in Middlesex gewoon, waar hy kollege toe is.  Nadat hy sy diploma behaal het, is hy na Kensington, London.  Daar het hy tweedehandse klere verkoop, ‘n klompie groepe gevorm wat later gevou het en selfs deeltyds op Heathrow Lughawe gewerk.

Dit was tot April 1970, toe hy vir Brian May en Roger Taylor van die groep Smile ontmoet het.  Hy het saam met hulle ‘n groep begin en hulle met moeite oortuig om die groep Queen te begin.  Brian en Roger het nie gedink dit is die naam wat vir meisies gaan werk nie, maar hy kon hulle oortuig het dat dit snaaks sou wees.  John Deacon het as baskitaar speler by hulle aangesluit.  Freddy het ook in die tyd sy van verander na Mercury.  In 1975 het hulle die wêreld getref met Bohemian Rhapsody, wat vandag nog as een van die beste liedjies ooit beskou word.

Freddy se oorspronklike rol in die groep was hoofsanger en om die klavier te speel.  Hy het ook soms die kitaar getokkel.  Hy kon toertjies met sy stem uithaal wat menige mense hom beny het, maar het nie veel van sy eie vermoë met die instrumente gedink nie.  Volgens hom het sy kitaar net 3 akkoorde geken en hy het die klavierspel aan diegene wat dit beter as hy kon doen.  Dit het hom vrygelaat om te doen wat hy die beste kon doen.  Sing en die gehoor betower.  Sy; ekskuus, hulle; optrede by Live Aid in 1985 word as een van die beste lewendige optredes in die geskiedenis van rock gesien.  Die mense het soos een man saam gesing, hande geklap en gewieg.

Glad nie sleg vir ‘n man wat skaam en terughoudend was nie.  Ten spyte vir die flambojante gedrag waarvoor hy op die verhoog onthou word.  Hy was ook glad nie lief daarvoor om onderhoude toe te ken nie en was meestal baie privaat.  Tog het sy private lewe maar ook uitgelek, en behalwe vir die siekte gerugte, het hy nie juis moeite gedoen om dit te ontken nie.

Volgens Freddy:  “I am as gay as a daffodil, my dear.”  Mary Austin was volgens hom die liefde van sy lewe en sy enigste ware vriend.

Hy het in 1985 nog gereken dat Mary so goed as sy vrou is en sy het ook al vertel dat sy haar verhouding met Freddy as ‘n huwelik sien.  Dit was na ‘n verhouding met ‘n ander vrou.  Tog was hy een keer kort voor ‘n onderhoud betrap in ‘n kamer vol jong mans – met geen reine bedoelings nie.  In 1985 het hy ‘n verhouding met Jim Hutton.  Is dit net ek, of lyk hulle nogal soos ‘n tweeling?

Freddy was nie ‘n Christen nie, hy was blykbaar ‘n Zoroastrianis soos sy familie.  Ek het al gelees dat Freddy partytjies gehou het waar kaal dwergies kokaien op ‘n silwer skinkbord bedien het.  Hy het in 1986 sy gat aan die VN se kulturele boikot afgevee en in Sun City kom optree.  Toe hy gevra was hoekom, het hy bloot net vertel dat hy baie geld daar kon gemaak het.  Ek verstaan amper een van die konserte was gekanselleer.  Dan het hy nog die grootste sonde van die 80’s begaan.  Freddy het vigs gekry en is later daaraan dood.

Groot onheile van die 80’s en met die wat sy kwyende gesondheid hom van die verhoog afgehou het, het sy gewildheid ook maar afgeneem.  Hy is op 24 November 1991 dood, maar net ‘n dag nadat hy erken het hy wel vigs het.  Interessant genoeg wat Hutton ook MIV positief, maar hy is in 2010 aan kanker dood.  Hutton het beweer dat Freddy dood is met sy trouring aan sy vinger, maar hy het net £500 000 aan hom oorgelaat.  Sy familie en verskeie werkers het ook hulle deel gekry, maar Mary Austin was sy hoof erfgenaam.  Sy bly vandag nog in sy huis en is blykbaar die enigste een wat weet wat van sy as geword het.

Die jaar na sy dood het Queen se gewildheid drasties toegeneem en dit het in album verkope gewys.  Queen is een van 7 groepe / kunstenaars wat meer as 300 miljoen plate verkoop het.  Vandag, amper 20 jaar na sy dood is hy nog steeds baie gewild, selfs onder mense wat nie eers gebore is toe hy dood is nie.  Soos my suster sê  – almal is ‘n Freddy aanhanger.

Vraag is of hy dieselfde volgelinge sou gehad het as hy vandag ‘n siek en ou sanger was?  Ek twyfel.  Sy dood het hom die ewige ikoon gemaak.

Breinvasbrand:  Wie het die Queen Wapen ontwerp?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Piggly Wiggly.


Aksies

Information

18 responses

1 08 2011
Olga

eerste!!!!!
Freddy het self di wapen ontwerp.

1 08 2011
Olga

ek dink queen se sukses met n liedjie soos bohemian rhapsody in dari tyd, spreek van veral freddy se charisma. Die liedjie was sy tyd ver vooruit. Ek twyfel of enige liedjie wat hul daarna opgeneem het, ooit naby b.r se sukses kon kom.

2 08 2011
J W W

Hy was goed, mens kan dit eenvoudig nie ontken nie.

Maar wie de moer is die Amy Whitehouse nou eintlik gewees?

Ek raak oud….

2 08 2011
Son

Goeie vraag wat jy vra? Mens kan (volgens my) nou wragtig nie vir Freddy Mercury en Amy Wynhuis in een asem noem nie!

2 08 2011
Xena Phoenix

Soos reeds gesê: Daar was net een Queen.

Wat Winehouse betref – daar is nogal heelwat van haar goed wat op radio gespeel is en wat ‘n mens wel herken as jy dit hoor. Sy was die vroulike sanger wat nog die meeste Grammy’s in een jaar gewen het. Sy het ‘n lys toekennings van hier tot op die maan. Alles in ‘n baie kort loopbaan. Op papier is sy beslis nie so niksseggend nie

Interessant genoeg het Queen nog nooit ‘n Grammy gewen nie.

3 08 2011
Son

Kyk maar net wie Tempo’s in ons land wen en kyk maar net dat Die Antwoord ‘n SAMA gewen het en dit beteken sweet blue fuckol dat sy hoeveel ook al Grammy’s gewen het. 👿

3 08 2011
Xena Phoenix

Dus – die idolisering van ‘n dooie sanger is net regverdig wanneer jy van die persoon hou?

3 08 2011
Son

Genade maar ek sukkel vandag met jou! Ek hou NIE van Freddy Mercury nie, maar sy musiek is tydloos. Amy sal oor ‘n paar jaar Amy Wie? wees. En nee, ek idioliseer niemand nie, nie dooie mense nie en ook nie lewendiges nie. Tsk!

3 08 2011
Xena Phoenix

Net vandag?

En jy hou nie van Freddy nie?

Gaan dokter toe!!!! Dadelik!!!

4 08 2011
Son

Hemel, jy maak my moeg! Ek hou van sy musiek – ek HOEF NIE van hom te hou nie.

2 08 2011
Selene Phoenix

Hello!

Aawww Queen!! Legends!! Sal nie omgegee het om hulle te kon sien nie!
Jy is reg, hy is nou beter onthou as wat dit sou gewees het as hy op 80 dood gegaan het. Maar met hulle leefstyle is dit soms ‘n wonder dat van die ouens nog so lank lewe! Drugs sex and rock and roll! Hy was 45… seker hy sou nog ‘n hele paar hits uitgebring het, maar soms is dit beter om uit te tree terwyl jy nog bo is in plaas van om gevra word om dit nou te los!

Amy Whinehouse was nou nie vir my “all that” nie, maar glo het sy baie ondersteuners gehad… net jammer sy het so agteruit gegaan!

2 08 2011
Olga

kyk, soos huisgenoot oor amy winehouse berig het, het ek gedink sy is n murse ster. Ek ken haar byekorf haarstyl. Haar oormatige oogomlyner en maskara gebruik op wat gewis vals wimpers was. Ek weet haar man is of was in die tronk, sy was al toegesluit, het drank en dwelm probleem gehad, het haar tande met n tang getrek, en, en, en. Maar, ek ken nie EEN liedjie wat sy gesing het nie.wanneer laas het huisgenoot oor queen berig?

2 08 2011
demoerin

Verskil is so… Queen se ongelooflike musiek was tydloos, en dit is waarom hulle vandag nog albums verkoop, meer as 20 jaar nadat die laaste song seker opgeneem is. Oor 5 jaar gaan mense onthou daar was een of ander weird sangeres wat aan ‘n overdose drugs dood is. Soos ek hier sit, sal ek seker ‘n Amy song kan erken – maar ek twyfel of ek enige titels ken.

Daar is ‘n baie groot verskil tussen goeie musiek wat tydloos gaan wees, en drugindused lirieke wat verkoop want hulle hang die weird vrou wat dit sing aan.

2 08 2011
Xena Phoenix

😉 Wys net, niemand het een skewe woord oor ou Freddy te sê nie. Weereens was dit nie wat hy in sy lewe beleef het nie.

2 08 2011
Twilight

Ek hou soveel van sy musiek as iemand anders, maar shame, hy’t net sulke skewe tanne soos ek… beslis geen blompot nie al was hy ‘n affodil.

2 08 2011
Xena Phoenix

Ou Skemer, nou praat jy nie nonsens nie. Die ou gee nuwe definisie aan ou perdebek.

3 08 2011
Son

Daar is BAIE mense na wie se musiek ek met groot plesier luister, maar wie ek regtig NIE wil SIEN sing nie 😉

2 08 2011
Bileam se Donkie

Queen se musiek is uitstekend, maak nie saak wat ou Freddie alles aangejaag het in sy persoonlike lewe nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: