Rylike Ridder

1 08 2011

Ek was al verkeerd bewys ten opsigte van skottelgoed, maar in my fietspomp twyfel ek of daar iemand is wat daarvan hou om in ‘n tou te staan.  Toue is ‘n vermorsing van ‘n goeie lewe na my nederige mening.

As ek wil eerlik wees, moet ek erken dat ek bederf is.  Ek onthou ‘n tyd wat mense maandeinde om ‘n blok gestaan het om geld te kon trek.  Ek het dit jare laas gesien.  Dalk omdat ek nie meer in ‘n plek woon waar elke arbeider een keer ‘n maand dorp toe gevat word nie en al sy of haar besigheid in die besoek moet afhandel nie.  Deesdae kan ‘n mens ook baie van jou besigheid by die regte betaalpunt doen, wat baie verskillende rye uitsny.  Beter nog, baie van jou rekeninge kan jy sommer van die huis af betaal as tou staan jou wurg.

Stede om dankbaar te wees, wil die kortste rye ons nog steeds teen die mure uitdryf.  Al kan ons met ‘n klein bietjie beplanning rye in die algemeen vermy, maak dit nie ongeduld minder wanneer jy wel tou moet staan nie.  Almal hoop vir die dag waar jy dadelik gehelp kan word sonder om te wag.

Nou die dag val ek in die pad en 200 km later besluit ek dat dit ‘n goeie idee is om water te gaan koop.  Dit is ‘n bitterklein dorpie met weinig meer as ‘n garage.  Ideaal vir toeriste wat 200 km weg is van beskawing af, maar ook sommer ‘n plek waar die inwoners hulle melk en brood kan gaan koop.  Teen die tyd wat ek kassiere se kant toe staan, het die water al ‘n paar vriende vir die pad saam genooi.

Daar was seker net so 3 of 4 mense voor my in die tou gewees.  Skielik staan daar ‘n kaalvoet seun van ongeveer 10 jaar tru.  Ek kan maar voor hom gaan.

Dit was regtig vir my ‘n oulike gebaar.  Nie dat ek verwag dat enige iemand hulle plek in die ry moet prys gee nie, maar dat hy (heeltemal op sy eie) sy plek vir my opgeoffer het.  Dit is vir my ‘n geval van uitnemendheid.  Hy is duidelik nie welgesteld nie, maar sy opvoeding spreek boekdele.  En buitendien is enige iemand wat ‘n ry vir my korter maak, my held.

Hy het nie inkopies by hom gehad nie, ek vermoed dat hy kom lugtyd koop het vir iemand.  Buitekant het ek hom weer vlugtig gesien, waar hy vrolik vir my gewaai het, voordat hy saam met sy vriende geloop het.

Sy ouers kan maar trots op hom wees.

Breinvasbrand:  Wat was die eerste self-help kruideniers winkel wat in 1916 deur Clarence Saunders geopen is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met XY

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

1 08 2011
Olga

eerste!

1 08 2011
Olga

ai, wat vir my die ergste is, is wanneer ek vrydag die dorp n mis gee omdat dit te besig sal wees na my mening. Dan gaan ek saturdag oggend gou. And what do u know? Dan het 1 of ander skool genoeg geld present gekry om 3 busse te huur, vol kinders te maak en dorp toe gebring. Dan staan die toue by al die tille tot agter teni muur. Dan wil elke kind nog n argument of geselsie met die kassiere op tou sit. Dan kan jy maar toustaan of huis toe gaan.
Piggly wiggly?

1 08 2011
leonvonmoltke

Og, onthou jy die toue in die Poskantoor? Dit was altyd vir my die ergste! Nice outjie om vir jou plek te gee.

1 08 2011
demoerin

Dit is nice. Ek doen dit gereeld as iemand agter my kom staan met ‘n handjievol goed, en ek het halwe trollie vol… dit maak nie dood om bedagsaam te wees.

1 08 2011
JWW

Ek verpes ‘n tou, veral as die donnerse funsas so TEEN mens wil staan…. phok het hulle geen persoonlike spasie nie? Ek moer eers en vra vrae later deesdae….

2 08 2011
Nadia

Hierdie was nou lekker om te lees! Dit maak ‘n mens se hart warm om te dink sulke dinge gebeur nog en nog meer as iemand dit kan waardeer en nie net dink dit is hoe dit moet wees nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: